Deur Helmut Burger | [Up]

pdficon small - PDF


Daar is talle verskillende teorieë rondom die identiteit van die Jode.

Sommige lesers van hierdie artikel sal sê: "Waarom hierdie artikel skryf, almal weet dat die Jode Juda is."

Ander sal weer sê: "Nee, die Jode is nie Juda nie, hulle is eintlik Khazare en Edomiete."

Skrywer hiervan is oortuig dat die moderne Jode inderdaad die bybelse en profetiese "Huis van Juda" verteenwoordig. Ten einde hierdie oortuiging te staaf sal ek in die bladsye wat volg my redes  aanvoer. Ek sal sekulêre bewyse ondersoek en, die belangrikste, informasie en profesieë wat die Skrif verskaf, onder oënskou neem. Ek glo dat die Skrif die arbiter van waarheid is in alle dinge en dat menslike opinies en teorieë moet toegee aan die die waarheid van die Woord van God.

My eerste rede.
Sefanja hoofstuk 2 begin met `n stelling wat dit duidelik maak dat dit `n eindtyd profesie is. Vers 2 stel `n tydsraamwerk van hierdie hoofstuk daar as synde , "voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE," en vers 3 bevestig ookk dat hierdie profesie toepassing vind op `n tydstip net voor "die dag van die toorn van die HERE." In verse 4 tot 5 lees mens: Zef. 2: "(4) Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.  (5)  Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne—Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie."En in: Zep 2:7  "En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander."  (Die 1953 Afrikaanse Ou Vertaling se vertaling van die laaste frase van vers 7, "…en hulle lot verander," is gee nie die Hebreeuse betekenis korrek weer nie. In die King James, 'KJV', lees dit, korrek, "…and turn away their captivity," en in die "The Bible in it`s Original Order – a Faithfull Version, 'FV'),lees dit, soortgelyk aan die KJV, "…and return them from their exile."

Hierdie profesie maak dit duidelik dat God die historiese land van die Fillistyne, (Palestina), aan "Juda" gee net voor die "Dag van die HERE." Dit dui ook aan dat die HERE nie die ballingskap van Juda  gaan omdraai nie voor net kort voor die Dag van die HERE.
Die hedendaagse land Israel is in 1948 gebore in die kusstrook van die ou Palestina. Dit vervul hierdie profesie. Die Encyclopedia Americana sê, verwysende na die bevolking van Israel: "About 70% of it is concentrated in the Mediterranean coastal strip…". Dit is presies wat Sefanja geprofeteer het aangaande Juda in die eindtyd.

Omdat die Jode `n volk sonder `n land was vir millenia, is die profesie se taal, "…and turn away their captivity," KJV, of, "…and return them from their exile," FV, baie beskrywend van die lot van die Jode.

En, per slot van sake, moet mens aanvaar dat God, met Sy volmaakte kennis, nog altyd geweet waar die "huis van Juda" was en is. Die historiese feit is dat God die moderne Jode uitverkies het om hierdie profesie aangaande die "huis van Juda" te vervul. Hierdie feit is betekenisvolle bewys dat die hedendaagse Jode inderdaad die moderne "huis van Juda" verteenwoordig. Sefanja 2:6 voorspel dat Juda landbou-aktiwiteite sal be-oefen. Die Israelis is beroemd vir hulle innoverende lanboutegnieke en het `n dorre woestynland tot `n groot mate omskep in `n blomtuin.

`n Profesie in Sagaria 14 ondersteun bogenoemde ontleding van Sefanja 2. Sagaria 14:1 begin met die woorde, "Kyk, daar kom `n dag vir die HERE…". Dit plaas hierdie profesie in dieselfde tydgleuf as Sefanja 2, (net voor die Dag van die HERE). Sagaria 14:2-3 profeteer dat "al die nasies" vir oorlog versamel sal word in die omgewing van Jerusalem en dat die HERE sal kom om teen hulle te veg wanneer Hy Sy voete op die Olyfberg plaas, (vers 4). Christene verstaan dat hierdie `n profesie van die wederkoms is en vers 5 voeg by dat "al die heiliges" saam met Hom kom, (`n voor-die-handliggende verwysing na die opstanding uit die dood. Die eerste opstanding vind eers plaas en daarna kom die Dag van die HERE). Die res van die hoofstuk gee meer besonderhede oor hierdie klimaktiese slag en die vestiging van God se heerskappy op aarde. (Die begin van die 1000 jarige Vrederyk). In vers 14 staan daar, "en Juda sal ook in Jerusalem veg." Nie een van die ander stamme van Israel word genoem nie maar Juda wel. Dit is in ooreenstemming met Sefanja se profesie dat Juda in die eindtye `n nasie sal bou in Palestina. Sagaria se profesie dui aan dat Juda sal veg om Jerusalem te verdedig in `n groot oorlog wat tot `n klimaks kom met die terugkeer van die Verowerende Messias. So, watter mense bly en leef nou in en het soewereiniteit oor Jerusalem? Die Jode natuurlik. Weer maak Bybelse profesieë dit duidelik dat die hedendaagse Jode die huis van (of stam van) Juda is.

Om hierdie rede van my mee af te sluit, gee ek toe dat die plaas van die benaming "Israel" op die modern Joodse nasie nie korrek is nie en baie verwarring by mense kan veroorsaak. Die Joodse staat is na die historiese land van Israel vernoem, nie na die "huis van Israel," (die afstammelinge van die noordelike 10 stamme), nie. `n Profesie in Esegiël 37: 15-28 bevestig dat "Juda" en "Israel" afsonderlike entiteite bly totdat hulle herenig word onder die opgestane koning Dawid na die terugkeer van die Messias.

My tweede rede.

Sommige mense redeneer dat die Jode nie `n Israelitiese stam kan wees nie want hulle het nie Christene geword soos die res van die stamme nie. In werklikheid is daar bybelse profesie wat voorspel dat "Juda" nie "Christen" word totdat Jesus Christus terugkeer as die "Verowerende Messias" nie.

Sagaria 12 is `n profesie wat gewy word aan die reaksie van die huis van Juda,(en Levi omdat `n groot persentasie van hulle by Juda gebly het na die skeuring van Israel in twee koninkryke), wanneer die Messias terugkeer en hulle van gewisse vernietiging red. Die frase, "in diè dag" kom herhaaldelik voor in hierdie hoofstuk, `n frase wat dui op die eindtyd of dan die Dag van die HERE. In vers 2 word geprofeteer:  Sag. 12:2: "Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem."  Hierdie profesie is parralel aan Sag. 14 wat praat van `n tyd wanneer "al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem." Let daarop dat baie nasies Juda en Jerusalem beleër. Juda en Jerusalem is hier so nouverwant dat hulle saam genoem word. Dit het gebeur toe die Israelis Jerusalem tot hoofstad van Israel gemaak het en Jerusalem `n "beker van bedwelming," (`n brandpunt soos geen ander nie), in wêreld politiek geword het. Sag. 12:6 profeteer dat God,"die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe—hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem."

God profeteer dat "Juda" `n militêr oorwinnende nasie in die Midde Ooste, (die geografiese posisionering van hierdie hoofstuk in Sagaria is gesentreer rondom die gebied van Jerusalem), gedurende die eindtye sal wees. Hierdie profesie dui ook aan dat Juda die nasies rondom sal "verteer." ("verteer" wys op, nie net nasies nie, maar grondgebied. Hierdie profesie is op dramatiese wyse vervul deur die Israelis gedurende die oorloë van 1948, 1956, 1967 en 1973; die Israelis het grondgebied rondom hulle verower, ("verteer"), en beheer geneem oor Egiptiese Sinaï, Sirië se Golan Hoogland, die Gasastrook en Jordanië se Wesbank. Van hierdie grondgebied is daarna weer deur Israel teruggegee uit hoofde  van vredesonderhandelinge maar hierdie profesie is nietemin vervul.

Hierdie profesie dui ook aan dat daar `n tydstip kom wanneer God, (die terugkerende Messias), self, persoonlik, gaan ingryp om Juda te verlos en Jerusalem te beskut – verse 7 en 8. Sagaria 14 voorspel dat Juda en Jerusalem binnegeval word kort voor die wederkoms van Christus en die verwysing na die "Olyfberg" in vers 4 daarvan, bevestig die feit dat hier na Jerusalem en derhalwe die grondgebied van Juda verwys word. Hierdie hoofstuk is parralel met Hand. 1:9-12 waaruit dit blyk dat Christus vanaf die Olyfberg in die hemel opgevaar het en die engele aan Sy dissipels gesê het dat "Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het." Openb. 16:12-16 sê dat `n leer, onder bevel van die "konings wat van die ooste af kom," weswaarts, oor die Eufraatrivier sal aanmars en versamel in Armageddon, (die valei van Megido), in die land Israel.

Sag. 12:9 profeteer dat die Messias die nasies wat teen Jerusalem gaan optrek gaan vernietig en verse 10 tot 14 openbaar verrasende informasie. Juda, die huis van Dawid, die inwoners van Jerusalem en die Leviete, (al hierdie groepe is deel van die huis van Juda), "sal  opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind," Sag. 12:10. Die huis van Juda gaan met ander woorde verstom staan oor die identiteit van die Messias, Jesus Christus wie deur hulle voorvaders en die hedendaagse Jode, (buiten `n paar duisend Messiaanse Jode wêrelwyd), verwerp is en word.

Dit is derhalwe duidelik uit die tydstip waarop hierdie gebeure plaasvind eers is as die Messias terugkeer en nie voor die tyd nie. Die Jode gaan Christus as die ware Messias aanvaar eers op die dag wat Hy hulle van gewisse verdelging red.
Juda as geheel, (ek stel dit so want die eerste dekade na Christus se hemelvaart het bekeerlinge uit die Jode gekom), het Christus as Messia nooit aanvaar toe Hy as "lydende Messias" gekom het nie maar sal Hom aanneem as Verlosser en erken as Messias wanneer hy terugkeer as "verowerende Messias.

Om op te som wat hierdie profesie in Sagaria betref. Dit beantwoord die vraag van wie wie hedendaagse Juda is. Het die Joodse leierskap van Judea, (die Sanhedrin), veroorsaak dat Jesus Christus,(Yeshua die "Gesalfde Een), deurboor word deur die Romeine toe Hy gekruisig is? Ja. Sy hande en Sy sy is deurboor aan die kruis – Joh. 19:34, 20:25. Woon hedendaagse Jode in die area van Jerusalem en is hull nie Christene nie? Ja. Ondersteun die profesie van Sagaria 12 die siening dat die moderne, hedendaagse nie-Christen Jode wat in Jerusalem en omgewing woon, die nasate van "Juda" en "Levi" is? Ja. Derhalwe wys die Woord van God daarop dat vandag se Jode die moderne "huis van Juda" is? Ja!  

My derde rede.

Genesis 49 bevat profesieë oor die identiteit en rol van elke stam van Israel in die eindtye. Vir doeleinde hiervan sal ek egter op Juda konsentreer.

Gen. 49:8-12  "Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.  (9)  Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin [in die KJV vertaal as "old lion." Die Hebreeus regverdig wel so `n vertaling]; wie sal hom opjaag?  (10)  Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.  (11)  Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.  (12)  Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk."

Hierdie profesie verskaf baie inligting oor moderne Juda. Om mee te begin, is daar `n oënskynlike paradoks in hierdie profesie. Daar word na Juda verwys as beide `n "jong leeu" en `n "old lion," (laasgenoemde soos wat dit in die KJV vertaal is en deur die Hebreeus geregverdig word]. En tog pas hierdie oënskynlike teenstrydigheid die moderne Jode/Israelis baie goed. Die term, "jong leeu" voorspel of sinspeel dat Juda `n jong nasie sal wees in die eindtye. Dit is inderdaad `n gepaste beskrywing van die jong Israeli nasie wat in 1948 tot stand gekom het. Hierdie profesie is ook in pas met die profesie van Sefanja 2 wat profeteer dat Juda `n nasie sal stig in Palestina net voor die Dag van die Here, m.a.w. in die eindtyd. En tog het die Jode `n aaneenlopende geskiedenis wat terug gaan oor 3 millenia en het hulle `n nasie gehad in antieke tye, d.i., soos `n ou leeu. Derhalwe vervul die Jode hierdie profesie in die lig daarvan dat hulle `n baie jong nasie is wat gestig is deur mense met `n antieke tradisie en erfenis.

Gen. 49:8-9 sê dat Juda se hand op die nek van sy vyande sal wees en verwys na Juda as `n jong leeu wat van die "roof af opgeklim het." Hierdie profesie voorspel dat Juda in die eindtyd `n aggressiewe nasie wat oorwinnend in oorlog sal wees wat sy vyande verslaan soos wat `n leeu sy prooi neervel. Hierdie profesie is ruim vervul deur Israel se oorloë teen sy vyande. (Van die os op die jas, is ek oortuig, sal dit die geval wees in die huidige konflik met Hamas). Die Israelis hardloop nie weg en kruip weg soos prooi nie maar val aan soos `n roofdier. Dink maar aan die Entebbe voorval en die verrasende voorkomende aanval op die Egiptiese lugmag op 5 Junie 1967 wat 90% van die Egiptiese lugmag se vegvliegtuie vernietig het.

In Gen. 49:11-12 word voorspel dat Juda groot sukses sal hê in die landbou in die eindtyd. Dit het die Israelis inderdaad bereik deur, met toepassing van innoverende tegnologie, die dor woestynagtige land tot `n, kan mens sê bywyse van spreuke, blomtuin omskep het. Die Encyclopedia Americana sê: "of the goods exported in the mid-1980`s about one-third were agricultural…"

In Gen. 49:1 word daar gesê: "jou sal jou broers loof."  Dit is vervul deurdat moderne Christendom die Jode as "uitverkore" beskou. Dit is ironies dat baie van die mense wat die Jode as "uitverkore" beskou self Israeliete is – lede van die 10 noordelike stamme. Inderdaad, Christene het die Jode ge-etiketeer as "uitverkore" alhoewel die Jode nie een van die geboortereg seëninge wat deur God aan Abraham, Isak en Jakob beloof is, geërf nie. Dit is die nakomelinge van Efraim en Menasse, (waarskynlik Britanje en Amerika), wat die geboortereg beloftes van `n groot toename in bevolkingsgetalle, nasionale rykdom, "empires," en beheer oor strategiese plekke ontvang het. Hoekom het die ander stamme dan Juda se Israelitiese erfenis herken en erken terwyl hulleself hul eie identiteit verloor het? Omdat die Jode identifiseerbare bybelse gebruike soos die onderhouding van die sewende dag Sabbat, die feeste en heilige dae van Lev. 23 en `n dieet, (onderskeid tussen rein en onrein voedsel – Lev. 11:1-47), behou en bewaar het. Hierdeur stel die Jode hulleself, deur die eeue, apart van alle ander mense. Ek is van mening dat, sou die verstrooide noordelike 10 stamme voormelde bybelse gebruike behou het, hulle hul identiteit sou behou het en tot vandag toe sou geweet het dat hulle Israel is.

Gen. 49: 8 profeteer verder dat, " voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig." Dit word verduidelik in vers 10: Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom ."

Beginnende met die dinastie wat gevestig is deur konings Dawid en Salomo, was daar nog altyd Israeliete van die verskeie stamme wat onder heerskappy van monarge wat van Dawid en Salomo afstam, gestaan het. Dit is `n feit dat die oorerflike koningshuise van Europa teruggespoor kan word na Dawidiese konings wat eens op `n tyd oor die koninkryke van die Skithe en die Partiërs regeer het. (Die storie van die Skithe en die Partiërs is `n storie vir `n ander dag). Hierdie feit is `n voortdurende vervulling van Gen. 49:3 en 10. Die herkoms van die konings van Engeland kan ononderbroke teruggespoor word na die antieke konings van Juda via die koningshuise van Ierland en Skotland en die saad van Dawid was wyd versprei en behou onder die koninklike families van Europa by wie dit die gebruik was om te ondertrou.

Soos gesien sê Gen. 49:10 dat Juda konings sal hê wat oor die 10 stamme van Israel sal regeer totdat "Silo" kom. Hierdie is `n Messiaanse profesie wat voorspel dat Dawid se bloedlyn steeds teenwoordig sal wees wanneer Christus terugkeer.
Om mee af te sluit.

Uit voormelde eksegese van die verskillende maar ooreenstemmende profesieë  blyk dit dat die hedendaagse Jode oftewel Israelis, die profesieë aangaande Juda in die eindtyd, vervul het en steeds vervul. Niemand anders, geen ander nasie, vervul hierdie profesie nie.
Dit sluit dan my redes af. Ek sal dan nou aandag gee aan die kwessie van die Edomiete en die Khazare.

Die Edomitiese en Khazaarse konneksie.

Diegene wat sê dat die hedendaagse Jode Edomitiese en Khazaarse bloedlyne insluit, is reg. Sommige van hierdie mense wil dan `n onderskeid tref tussen "godsdienstige Jode" en "rasegte Jode." Aldus hulle is die Jode wat Jode geword het deur hulle tot Judaïsme te bekeer, slegs "godsdienstige Jode" en is nie van suiwere afkoms soos wat die "rasegte Jode" is nie en kwalifiseer hulle derhalwe nie as Juda nie.

Soos ek hieronder sal aandui is daar twee gedeeltes uit die Skrif wat dit onomwonde duidelik maak dat vir God hierdie onderskeid nie `n verskil maak nie, m.a.w. dit glad nie saak maak of die persoon `n "rasegte Jood" of slegs `n proseliet is met geen bloedverbintenis met die stam van Juda nie. In die oë van God maak dit nie saak nie.

Verder, om te beweer dat enige van die stamme van Israel ooit `n bloedlyn-suiwere stam of volk was en is, is `n mite. Daar het baie vermenging plaasgevind en dit geld vir die hele Israel en God het dit toegelaat. Vat maar as `n eerste voorbeeld die tyd van die uittog uit Egipte. God het toegelaat dat "`n  menigte mense van gemengde bloed" (Eks. 12:38), ook saam met hulle opgetrek het. Hierdie mense is deur Israel geassimileer. In Numeri 12 lees mens dat God die suster van Moses, Mirriam, gou gestraf het toe sy dit gewaag het om Moses te kritiseer oor sy nie-Israelitiese, (Kusitiese), vrou. `n Verdere voorbeeld is diè van Rut. Sy was `n Moabiet en tog is sy `n voorouer van koning Dawid en derhalwe van Jesus Christus.

God het geweet dat baie nie-Israeliete sou ondertrou met die Israeliete en het derhalwe voorsiening gemaak, in die Skrif, hoe dit hanteer moes word, d.i., hoe die "vreemdeling wat by julle vertoef," wettiglik in die volk opgeneem moes word.

Eerstens het God die volk gewaarsku teen ondertrouing met sekere spesifieke nasies: Eks. 34:11 " Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete." In Eks. 34:16 gee God die rede waarom hy hierdie nasies verdryf: "en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer." Dit gaan nie hier oor etnisiteit nie maar oor die gevaar van afgodery.

Lev. 19:33-34  "En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.  (34)  Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God."

Omtrent 800 jaar later het God, deur die profeet Esegiël, hierdie bevel herhaal: Eseg. 47:21-23  "En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.  (22)  En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.  (23)  En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.

Insiggewend. God het die Israeliete opdrag gegee om `n gelyke erfdeel aan die nie-Israelitiese "vreemdeling" wat by hulle "vertoef" te gee en hulle moes gesien word en behandel word as vol lede van die stam van Israel waar hulle "vertoef" het. Trouens, ten spyte van al die oorloë tussen die Israeliete en die Edomiete, (Esau se nageslag), bevel God: Deut  "Die Edomiet moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land.  (8)  Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom."

Dit is derhalwe vir my vreemd dat mense wat die "Judeërskap" van die Jode bevraagteken, na die Jode verwys as "Edomiete" op `n neerhalende en neerbuigende manier ten spyte daarvan dat die Skrif sê dat die Israeliete die Edomiete nie as `n gruwel, m.a.w. as veragtelik, mag beskou nie. Dit is maklik om te sien waarom God sê dat die Edomiete Israel se "broer" is.

Die Edomiete is afstammelinge van Esau, Jakob se tweelingbroer, albei seuns van Isak en kleinseuns van Abraham. Esau was derhalwe ook nageslag van Heber, (vanwaar die term "Hebreër vandaan kom), en Sem. Mens sien dus dat die Edomiete so na-verwant is aan Israel as wat kan kom.

Uiteraard moes `n "vreemdeling" wat by Israel "vertoef" het die geloof en kultuur van die Israeliete aanneem ten einde as Israeliet beskou te kon word. Dit het die besnydenis, (wat die teken is van die verbond wat God met Abraham aangegaan het), ingesluit: Eks. 12:48-49. "En as 'n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.  (49)  Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef." Wat die feit dat een wet, (uiteraard verwysend na die wette van God), vir die kind van die land, d.i., Israeliet, en die "vreemdeling" wat onder hulle "vertoef," geld, sien Lev. 24:22, Num. 15:16,29.
Kortliks, `n woord oor die Khazare. Uit die geskiedenis blyk dit dat die Khazaarse Ryk op die toneel verskyn het in die area van hedendaagse Armenië, ongeveer aan die einde van die 2de eeu n.C. en die begin van die 3de eeu. Gedurende die 7de en 8ste eeue het die Khazaarse Ryk die uitbreiding van die Moslem-verowerings en inval in Europa deur die Kaukasus gebied, gekeer. Daar het baie Christene, Jode en Moslems in die Khazaarse grondgebied gewoon. Die Khazaarse Ryk het geloofsvryheid beoefen. Daar was `n groot toeloop van Jode na die Khazaarse Ryk nadat die Moslems hulle uit Kostantinopel verban het. Die Khazaarse heerser, Bulan, en die edeles van die Ryk, het Judaïsme as geloof aangeneem in ongeveer 740 n.C. Van die bevolking het in hulle voetstappe gevolg. Dit is onseker watter persentasie van die bevolking dit was maar dit blyk dat dit nie almal was nie. Op die manier het `n aantal Khazare, (dit kon baie gewees het, on sweet nie), Jode geword.

Gegewe God se assimilasie wette, soos hierbo uiteengesit, was die Edomiete wat hulle by Israel aangesluit het en derhalwe ook die Khazare wat hulle eeue later by Juda in hulle midde, aangesluit het, deur God beskou as deel van die volk.

Geen mens kan God oordeel nie!

Books