deur Helmut Burger | [Up]
Inleidend.
Om Esegiël 38 tot 39 binne konteks te verstaan moet mens Esegiël 37 verstaan. Esegiël 37 bevat 2 professieë. Die eerste,Esegiël 37:1-14 en die tweede, vers 15 tot 28.
Die eerste profesie in Esegiël 37 is die profesie van die "droë bene." Hierdie profesie voorspel die opstanding van die hele volk van Israel. Alle lede van die volk van Israel, van begin tot einde . Hierdie is duidelik `n fisiese opstanding. Wanneer gebeur dit? Tydens die tweede opstanding en nie tydens die eerste opstanding wat plaasvind met die wederkoms van die Messias nie. Die Bybel is duidelik dat daar twee opstandings is. Die eerste opstanding vind plaas tydens die terugkeer van Christus om die koninkryk van God te vestig en die tweede opstanding vind plaas na die 1000 jarige Vrederyk. Lees Openb. 20:6-13. Lees Hiermee saam, I Tessalonisense 4:13-17, I Korintiërs 15:21-23; 51-52. So, dit is duidelik dat die eerste opstanding plaasvind met Sy terugkeer. Slegs diegene wat in Christus gesterf het word uit die dood opgewek asook die ware Christene wat dan nog lewe, (welke in `n oogwink verander word – menende hulle word verander van `n vleeslike liggaam na `n geestelike liggaam, in `n oogwink, I Kor. 15:51-52), ontvang dan die ewige lewe. Die res van die dode word nie uit die dood opgewek voordat die 1000 jaar van die Vrederyk nie afgeloop het nie. Die laasgenoemde verteenwoordig uiteraard die res van die mensdom, van Adam af tot die laaste persoon wat gebore word uit die vlees. Die oorgrote meerderheid van Israeliete, d.i., fisiese nageslag van Jakob, val in die kategorie van die tweede opstanding vir logiese redes. Hulle word opgewek uit die dood tot `n tweede fisiese lewe saam met die res van die mensdon wat nie in Christus gesterf het nie na die 1000 jarige Vrederyk. In hierdie verband, verwysend na die tweede opstanding, lees Matt. 12:41-42 en Luk. 11:31-32. Dis net logies dat hierdie opstanding waarvan in die Evangelies gepraat word, nie na die eerste Opstanding kan verwys nie want nie die Koningin van die Suide of die mense van Nineve het nie, (hulle het lank voor Christus se eerste koms gelewe), in Christus gesterf nie en kan derhalwe nie in die Eerste opstanding wees nie. Hierdie is m.a.w. `n opstanding in die vlees, (`n tweede, vleeslike lewe), en nie `n opstanding wat `n verandering tot gees en gevolglike ewige lewe bewerkstellig nie. Mens moet van vlees na gees verander ten einde ewig te lewe. Lees I Kor. 35:35-50. (Die tweede opstanding en die rede daarvoor, binne konteks van God se plan vir die mens is `n kwessie op sy eie en gaan ek dit nie hier probeer verduidelik nie).
Na bogenoemde verduideliking en in opvolging van wat vroeër gesê is, "Hierdie profesie voorspel die opstanding van die hele volk van Israel. Alle lede van die volk van Israel, van begin tot einde . Hierdie is duidelik `n fisiese opstanding. Wanneer gebeur dit?," kan ons aanbeweeg. Paulus sê in Rom. 11:26 dat "die hele Israel" gered sal word. So, wie is Israel? Ons moet hierdie vraag beantwoord voordat ons die tweede profesie in Eseg. 37, (verse 15-28), kan verstaan en ons moet laasgenoemde verstaan voordat ons Esegiël 38 tot 39 aanpak.
Geskiedenisles.
God het `n baie spesiale, eensydige Verbond met, wat in die Bybel gesê word, Sy "vriend," Abraham gesluit. Lees II Kron. 20:7; Jes. 41:8; Jak.2:23. Die besonderhede van die Verbond word uiteengesit in Genesis 15:5; Genesis 17:2-16; Gen.22:15-18. God het die terme van hierdie Verbond oorgedra na Abraham se seun Isak, (Gen. 26:3-5), en ook na Jakob, Gen.28:13-15. God het Jakob, "Israel," genoem. Gen. 32:28. Dit is derhalwe Jakob se nageslag, uit sy 12 seuns, wat die volk van Israel daarstel.
God wou hê dat Israel `n voorbeeldnasie vir die res van die nasies moes wees, `n nasie van priesters. Eksodus 19:6. Ons ken egter die storie, Israel, wat aanvanklik deur Rigters gelei is wou `n koning hê soos die heidennasies om hulle en het toe `n koning in die persoon van Saul gekry. Van toe af was dit op en af wat die volk se verhouding met God betref. Onder Dawid, wat Saul opgevolg het, het dit nog goed gegaan. Dit het ook aanvanklik goed gegaan onder Salomo. Toe Salomo egter oud word het hy teen die Here begin sondig. Dit het so erg gegaan dat die Here besluit het om die volk, (wat in daardie stadium `n verenigde volk, Israel, onder een koning, was), te verdeel na Salomo se dood. Lees I Konings 11:9-13. Na Salomo se dood het sy seun, Rehabeam, in sy plek koning geword. Hy was egter `n wreedaard en het die noordelike 10 stamme van die volk weggebreek en Jerobeam as koning oor hulle aangestel. Israel was nou nie meer een volk nie maar verdeel in twee koninkryke. Tien stamme in die noorde met hulle hoofstad as Samaria en die stamme van Judah, Benjamin en die meeste van die leviete van die stam van Levi, in die suide met hoofstad as Jerusalem. Hierdie twee koninkryke was was mekaar vyandiggesind en het met mekaar oorlog gemaak. Hierdie verdeling het in ongeveer 975 v.C. plaasgevind. Jerobeam het afgodediens ingestel en die mense van die noordelike koninkryk, (in die Bybel genoem, "die huis van Israel"), het heeltemal in afgodediens verval. Hulle het nie langer meer na die tempel in Jerusalem gegaan op die bepaalde tye van die Feeste van God nie, (Lev. 23), het priesters uit die gewone mense aangestel, (en nie uit die stam van Levi nie), ensovoorts. Hierdie bestaan van die twee afsonderlike koninkryke, in hulle eie grondgebied, die suidelike koninkryk, oftewel die "huis van Judah" en die noordelike koninkryk, oftewel die "huis van Israel" het vir meer as 200 jaar geduur.
God het, deur Moses, vir die volk gesê dat, sou hulle Hom gehoorsaam en Sy geboooie hou, Hy hulle sal seën. Deut. 28:1-2 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. (2) En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God. Die seëninge word dan gelys vanaf verse 3 tot 14. In vers 15 waarsku die Here egter dat, " Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal." Die lys van vloeke word dan gelys vanaf vers 16 tot 68. Een van die vloeke is hier van belang. Deut. 28:41 " Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan".
Weens die sondes van die "huis van Israel," is hulle, die noordelike koninkryk, in ongeveer 722 v.C. deur die Assiriërs, onder die heerskappy van Tiglat-Pileser, in ballingskap weggevoer. Hierdie Israeliete het nooit teruggekeer na die land nie. Net die "huis van Juda" het oorgebly. Die "huis van Juda" het egter nie die les hieruit geleer nie maar ook in sonde verval en is hulle ook in ballingskap weggevoer deur die Babiloniërs tydens die heerskappy van Nebukadneser, ongeveer 585 v.C. In ongeveer 538 v.C. het Kores, die Persiese koning, opdrag gegee, 2Kronieke 36:23 "So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!" Ons lees in Esra dat nie al die mense wat deur Nebukadneser weggevoer was, teruggekeer het nie. Esra 2:64-65 "Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig, (65) behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd sangers en sangeresse gehad." So, net `n relatiewe klein groepie het aanvanklik teruggekeer. Esra self, vergesel van nog `n baie klein aantal Jode het `n ruk na die eerste groep, teruggekeer.Die Jode,oftewel die "huis van Juda," het hulle bewustheid van hulle identiteit behou, tot vandag toe. Die nasate van die 10 stamme van die "huis van Israel" het egter die bewustheid van hulle identiteit verloor. Hulle nasate het oor tyd Wes Europa binnegetrek en van daaraf oor die hele wêreld versprei. Vandag verteenwoordig van die Wes Europese lande, Brittanje, Noord Amerika, Nieuseeland, Australië en die meeste Suidafrikaners wat van europese afkoms is, die nasies van die moderne Israel.
God het met , Abraham, (toe nog Abram genoem),`n verbond gesluit. Lees Genesis 15. In vers 5 sê die Here vir Abram, Gen. 15:5 "Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees." Hierdie Verbond met Abraham is bekragtig aan Isak en toe aan Jakob. God sê vir Jakob in Gen 32:12 "U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie". Ek wil sommer op hierdie stadium dit stel dat, sou die Jode, d.i., die stam van Juda, Benjamin en die grootste deel van die stam van Levi, die hele volk van Israel, m.a.w. al die twaalf stamme, verteenwoordig, dan het God se belofte aan Abraham, Isak en Jakob tot nou toe nog nie waar gekom nie.
Die gesiene navorser en outeur, Steven Collins, sê die volgende oor God se verbond Met Abraham:
"God was bound by an unbreakable covenant with Abraham to make Abraham's "birthright" descendants exceedingly numerous, prosperous and powerful. This covenant is described and affirmed by God many times in the book of Genesis, and its terms require review. The "birthright" promises of this covenant were given by Abraham to Isaac, then to Jacob and finally to the sons of Joseph: Ephraim and Manasseh (Genesis 48:8-22). Ephraim and Manasseh became the leading tribes of the tribes of Israel. The covenant between God and Abraham predated the covenant God made with Israel through Moses, and the Abrahamic covenant's terms are not affected or rescinded by anything which happened (A) under the Mosaic covenant made at Mt. Sinai, and (B) the exile of the tribes of Israel from the Promised Land. The Abrahamic covenant with the Israelite tribes remained in effect even after the Israelites were exiled from the Promised Land. God himself affirmed this fact in Hosea 1. Hosea 1 prophesies that God will expel the house of Israel (the northern ten tribes) from their portion of the Promised Land, but he affirms that in the future he will still honor the Abrahamic covenant with them in verses 7-11. Even though he is expelling the northern ten tribes of Israel for their sins as required by the Covenant God made with Israel via Moses, God affirms that he will still convey great blessings upon the tribes after their expulsion, as required by God's covenant with Israel through Abraham.
God proclaims in Hosea 1:10 that after Israel's tribes are exiled from the Promised Land, he will make "…the number of the children of Israel…as the sand of the sea, which cannot be measured nor numbered…" Remember that this blessing of huge population growth was to be inherited by the ten tribes of Israel after they were expelled from the Promised Land for their sins! This statement confirms that God had not forgotten that he was immutably bound by his covenant with Abraham to convey the "birthright" blessings upon the tribes of Ephraim and Manasseh (who led the ten tribes of Israel). The promise of exceptional population growth was a key part of the Abrahamic Covenant (Genesis 13:16, 17:2-7, 22:15-18). This prophecy precludes any possibility that the "ten tribes of Israel" could "die out" or "become lost" in history. In Jeremiah 51:5, God also declared that he would not forsake either "Israel" (the ten tribes) or "Judah" (the Jews) in the future. As the millennia passed by, the ten tribes of Israel gradually lost an awareness of their roots even though the Jews ("Judah") retained an awareness that they were an Israelite tribe. When the ten tribes of Israel were expelled from the Promised Land by the terms of the Mosaic Covenant, it had the effect of ensuring that the blessings of the Abrahamic Covenant would be poured out upon them in nations and lands distant from their former inheritance in the Promised Land." (Geneem uit `n artikel deur Steven M. Collins, getiteld, "What Ezekiël 38-39 Reveals About a Future World War III".
`n Bewustheid van waar die hedendaagse stamme van Israel hulle bevind is belangrik om die profesie soos vervat in Esegiël 38-39 te verstaan en ook belangrik om die tweede profesie in Esegiël 37 te verstaan. Soos ons aanstons sal sien, is die nasie wat aangeval word in Esegiël 38-39 die afstammelinge van die volk Israel, die hele volk nou herenig.
God sê, op talle plekke in die profesieë dat Hy Israel, ( te wete die "huis van Juda" en die "huis van Israel", (die 10 stamme wat vanaf die Assiriese ballingskap in ongeveer 722 v.C. geleidelik en oor eeue heen versprei geraak het), weer bymekaar sal maak en vestig in die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob beloof het. Hier volg `n aantal Skrifverwysings, (ek verwys spesifiek nie in hierdie paar Skrifgedeeltes na die tweede profesie in Esegiël 37 nie omdat ons later in meer diepte na hierdie profesie gaan kyk):
Jes. 11:12 "en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde." Let daarop dat Hy hier praat van beide die huis van Israel, (die stamme van die noordelike koninkryk, soos verduidelik is), en die huis van Juda. Punt is dat dit hieruit duidelik is, soos in baie ander Skrifgedeeltes gevind kan word, dat God op `n stadium die twee huise, Israel en Juda sal bymekaarmaak uit die verstrooiing.
Jer 31:10 "Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde."
Jer 32:37 "kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon".
Jer 51:5 "Want Israel en Juda, [duidelike verwysing en onderskeid tussen die twee "huise"] is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel".
Eze 11:15-17 "Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee [ Hier wil ek net `n opmerking maak oor die woorde, "van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee". My eie interpretasie hiervan is as volg: Alhoewel daar `n aantal Joodse Geskiedkundiges en selfs `n aantal Rabbis, is wat erken dat die mense wat vandag as Jode bekendstaan, nie die hele volk van Israel verteenwoordig nie, beweer die meeste Joodse geloofsleiers en sekulêre akademici dat die mense wat vandag as Jode bekendstaan, die hele volk van Israel, m.a.w. al twaalf stamme verteenwoordig. Vir hierdie rede sê hulle, die Jode, die "inwoners van Jerusalem," aan enigiemand wat sou beweer dat hy of sy nie `n Jood is nie maar wel `n Israeliet is, afstammeling van een van die noordelike tien stamme,
"Bly ver van die HERE af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee"] (16) Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle 'n kort rukkie 'n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het— (17) daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee".
Miga 2:12 "Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in 'n kraal, soos 'n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense".
Ten slotte om hierdie gedeelte van my murmurering af te sluit, net nog `n verwysing na `n profesie in die Skrif. Sagaria 12:1-14: "Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer: (2) Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem. (3) En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word. (4) In dié dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan. (5) Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God. (6) In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe—hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem. (7) En die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie. (8) In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalemrondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit. (9) Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. (10) Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind. (11) In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo. (12) En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; (13) die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. (14) Al die ander geslagte—elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik." Uit hierdie profesie is dit klinkklaar duidelik dat die profesie handel met Juda en Jerusalem, m.a.w. die "Jode" wat tans en ook dan, tydens die vervulling van hierdie profesie, in die land en in Jerusalem teenwoordig gaan wees met die koms van die Messias en Sy verdelging van al die nasies wat teen Jerusalem opgetrek het. Die slag van Armaggedon. Hierdie profesie is nie gerig aan die hele volk van Israel nie, net aan Juda, (soos ek reeds gesê het, wat bestaan uit die stamme van Juda, Benjamin en die grootste deel van die stam van Levi). Lees maar hierdie profesie tot aan die einde van hoofstuk 14. Die Jode kom tot bekering en aanvaar, vir die eerste keer, Jesus of Yeshua, as Messias en rouklaag oor hulle voorvaders Hom nie geglo het nie en hom laat deurboor het. Nêrens sprake van Israel nie. Paulus sê in Romeine 11:26: "en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;"
Opsomming.
Die Skrif word deur sekulêre historiese bronne, argeologie en taalkunde ondersteun wat betref baie dinge maar, vir die onderhawige, ook die feit dat die "Jehudim", (soos dit in Hebreeus is in II Konings 16:6 vir die eerste keer voorkom), net die stamme van Juda, Benjamin en die grootste deel van die stam van Levi insluit en dat die Noordelike stamme, die "huis van Israel," nog tot vandag in verstrooiing is en in die toekoms met die "huis van Juda" verenig sal word. Dit bring ons by die tweede profesie in Esegiël 37.
Esegiël 37:15-28 " Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: (16) En jy, mensekind, neem vir jou 'n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote [let wel, die kinders van Israel is Juda se bondgenote – Vraag: wie is die Jode in Israel se bongenote vandag? Westerse nasies.]; en neem 'n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. (17) Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. (18) En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? (19) sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. (20) So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; (21) en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. (22) En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. (23) En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my 'n volk wees, en Ek vir hulle 'n God wees. (24) En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. (25) En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. (26) En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. (27) En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees. (28) En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees."
Hierdie profesie maak dit duidelik dat Juda en die kinders van Israel twee nasies is, twee koninkryke verteenwoordig, en dat God hulle, wanneer die tyd kom, sal herenig.
Ons weet tog dat die Jode van vandag nie uit twee nasies of twee koninkryke bestaan nie. Die Jode is ook maar `n paar miljoen in getal. Definitief nie talryk soos "die sterre van die hemel," of "die sand van die see nie."
Die vraag is nou, "wanneer gaan hierdie profesie vervul word?" Die tweede gedeelte van vers 26 gee die antwoord: "Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. (27) En my tabernakel sal oor hulle wees." Wanneer vestig God Sy heiligdom, Sy koninkryk hier op aarde? Wanneer Jesus terugkeer! Die antwoord op hierdie vraag word verder breedvoerig verskaf in die profesie soos gevind in Esegiël 38 en 39, (dit is een profesie).
Esegiël 38 en 39.
Kom ons kyk net gou na die "Gog" en die "Magog."
Die naam Gog kom 13 keer in die Bybel voor. In I Kronieke 5:4 is dit die naam van `n seun van ene Joël. In Esegiëel 38 en 39 kom dit 11 keer voor en laastens in Openbaring 20:8.
In Esegiël verwys die Gog duidelik na spesifieke nasies by naam. Magog verwys na `n land waar hierdie nasies vandaan kom.
Hierdie Gog en Magog in Esegiël is nie dieselfde as die Gog en die Magog van Openb. 20:8 nie. Die Gog van Esegiël 38 en 39, spesifieke nasies by naam genoem, val die volk van Israel aan op `n tydstip wanneer die inwoners van die land, wat versamel is uit baie volke, in veiligheid woon. Dit vind m.a.w. plaas nadat die hele volk van Israel herenig is, herenig soos geprofeteer in onder andere die tweede profesie in Esegiël 37 wat ons reeds behandel het. Dit blyk duidelik dat hierdie aanval of inval geskied wanneer:
Ezeg. 38:8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het—ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
Ezeg. 38:11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
Ezeg. 38:14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?
Let daarop, in vers 14 word daar gepraat van "my volk Israel." Hierdie is die herenigde Israel, die hele volk en nie meer twee nie, Juda en die "huis van Israel" nie.
Dit is tog gemeensaak dat die Jode, oftewel die "huis van Juda," nie nou nie en ook nie op enige tydstip van die bestaan van die modern land van Israel, rustig of veilig woon of gewoon het nie.
Die hele volk Israel moet eers herenig word en rustig en in vrede woon. Voordat hierdie aanval gebeur kry die hele herenigde volk van Israel een Koning, Dawid, en ook, Ezeg. 37:27-28 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees. (28) En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. Dit is duidelik dat hierdie gebeure van Esegiël 38 en 39 afspeel nadat Jesus teruggekeer het. Dawid sal eers as koning oor die volk Israel regeer nadat hy opgestaan het uit die dood en dit gebeur eers met die wederkoms.
In Esegiël 39 word daar eintlik net verder uitgebrei oor die verloop van hierdie aanval deur Gog.
Die vraag is nou, "hoe lank na die wederkoms en die vestiging van die Koninkryk van God deur Jesus hier op aarde, vind hierdie aanval of inval deur Gog en die nasies saam met hom, plaas?"
Die Skrif antwoord nie hierdie vraag direk nie. Ons kan egter sekere afleidings maak. Soos die Engelsman sê, "put your thinking cap on."
Ons weet nou dat, met Jesus se terugkeer en die opstanding van alle ware Christene, die eerste opstanding, al die nasies om Jerusalem sal saamtrek en dit beleër. Christus verslaan hierdie nasies in, wat die Skrif noem, die slag van Armaggedon. Hierna vind die hereniging van die hele volk van Israel plaas. Hulle keer terug na die land. Dit gaan `n paar jaar vat.
Die Skrif leer nie dat alle mense wat dan nog leef, (na al die verskriklike gebeure op aarde in aanloop tot die Wederkoms, en soos ons dit vind in Openbaring), hulle ewe skielik tot God gaan bekeer nie, of noodwendig vir Jesus as Messias gaan aanvaar nie. Alhoewel Satan en sy demone na die Wederkoms vir `n duisend jaar toegesluit gaan word en Satan en sy demone derhalwe verwyder word, het die mens `n sondage natuur en gaan daar steeds sondaars wees wat teen Koninkryk van God, met Jesus aan die hoof, uit Jerusalem, gaan rebelleer.
As ons dan die hereniging van Israel, wat plaasvind na die Wederkoms, vat, en ons verstaan dat daar mense en nasies gaan wees wat God se heerskappy nie wil aanvaar nie, soos Gog en die nasies wat saam teen Israel optrek, kan ons ten minste sê dat hierdie aanval van Gog en die wat saam met hom optrek, `n aantal jare na die Wederkoms sal plaasvind.
Daar moet nog `n hele paar profetiese gebeure plaasvind voordat Christus terugkeer. Die Jode moet die tempel bou, (en dit gaan nie gebou word waar die Al Aqsa moskee staan nie!); die konings van die Noorde en die Suide, (Daniël hoofstuk 11), moet nog op die toneel verskyn; die oorlog tussen die koning van die Noorde en die koning van die Suide moet dan plaasvind; die Antichris moet op die toneel verskyn en gewaande vrede in die wêreld vir `n paar jaar bewerkstellig; die Antichris moet, nadat die Jode die tempel gebou het, dit binnegaan en beweer da thy God is en hy hom bo alles verhef. Hierdie is maar enkele profesieë wat nog vervul moet word voordat Christus, op die dag van die HERE, terugkeer aarde toe.
Ten slotte wil ek dan net verwys na die Gog en Magog van Openbaring 20:8. Hier is geen verwysing na spesifieke nasies, by naam, nie. Hierdie Gog en Magog wat optrek vir oorlog teen die heiliges en die geliefde stad, (Jerusalem), trek op omdat hulle deur Satan mislei gaan word wanneer hy vir `n kort rukkie na verloop van die 1000 jarige vrederyk, losgelaat word. Hierdie nasies en mense wat vanuit die uithoeke van die aarde optrek, is eenvoudig nasies en mense wat, ten spite van alles steeds Jesus en die Vader verwerp en in opstand kom.
Nouja, ek is uiteindelik klaar!
Rev 20:7-9 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; (8) en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. (9) En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Eze 38:1-39:29 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: (2) Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom (3) en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal! (4) En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer; (5) Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm; (6) Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs—baie volke saam met jou. (7) Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman. (8) Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het—ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid. (9) Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou. (10) So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam (11) en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie; (12) om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon. (13) Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te maak? (14) Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie? (15) Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër; (16) en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees—dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken. (17) So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom? (18) Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom. (19) Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel, (20) sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val. (21) En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees. (22) En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is. (23) So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. (39:1) En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal. (2) En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel. (3) Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val. (4) Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee. (5) Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE. (6) En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. (7) En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel. (8) Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het. (9) En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank; (10) sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE. (11) En in dié dag sal Ek aan Gog 'n plek gee waar 'n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte. (12) En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank. (13) En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE. (14) Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle 'n ondersoek instel, (15) en sien een van hulle wat deur die land trek, 'n mensebeen, dan rig hy daarby 'n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte. (16) En ook sal die naam van 'n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig. (17) En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed! (18) Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink—ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam— (19) vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het. (20) En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE. (21) En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het. (22) En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van dié dag af en verder. (23) En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het. (24) Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg. (25) Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam. (26) En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie. (27) As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. (28) En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie. (29) En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.