GELOOFSOPVATTINGE VAN DIE CHRISTIAN BIBLICAL CHURCH OF GOD
Inhoudsopgawe:
Voorwoord
Die Aard van God
Die Godfamilie
God die Vader
God die Seun, Jesus Christus
Die Aard van die Mens
Die Liefde van God
God se Liefde vir Ons
Ons Liefde vir God
Ons Liefde vir die Broeders
Die Heilige Bybel
Die Wette en Gebooie van God
Die Aard van God se Wette
Die Tien Gebooie
Rein en Onrein Voedsel
Die Weeklikse Sabbat
Die Jaarlikse Feeste en Heilige Dae
Sonde
Die Heilige Gees
Die Genade van God
Bekering
Waterdoop
Regverdiging
Geregtigheid
Die Geregtigheid van die Wet
Die Geregtigheid van Geloof
Heiliging
Die Doop met die Gees
Geloof
Redding
Oplegging van Hande
Genesing
Die Kerk van God
Die Geestelike Liggaam van Christus
Die Bediening van die Christian Biblical Church of God
Christelike Finansiële Verantwoordelikheid
Verantwoordelikheid Teenoor Gesin
Verantwoordelikheid Teenoor Behoeftiges
Verantwoordelikheid Teenoor die Kerk
Die Skriftuurlike Beginsel van Tiendegewing
Die Evangelie
Die Koninkryk van God
Die Opstandings
Ewige Oordeel
Doop van Vuur
Voorwoord
Die Christian Biblical Church of God glo en beoefen die ware geloofsleringe
van Jesus Christus en Sy apostels soos geopenbaar in die Helige Bybel.
Hierdie leringe word in hierdie boekie in bondige geloofsstellings aangebied.
Die stellings is ontwerp om `n bondige opsomming van elke leerstelling te
gee en is nie bedoel om `n omvattende verhandeling te wees nie. Die
Skrifverwysings wat op elke stelling volg is hoegenaamd nie `n volledige lys
van die vele Skrifgedeeltes waarop hierdie leerstellings steun nie.
DIE
AARD VAN GOD
Die Godfamilie:
God, (die Hebreeuse woord is Elohiem, `n meervoudige naamwoord wat inherent
meer as een beteken), is `n heilige Familie intelligente Wesens, uit gees
saamgestel. Die Godfamilie is ewig en almagtig. Die Godfamilie is volmaak in
liefde, doel en karakter. Die Godfamilie is Wetgewer, Skepper en Onderhouer
van alle stoflikheid en lewe en onderhou en beheer die heelal. Die Skrif
openbaar dat die Godfamilie die mens “na Ons beeld en na Ons gelykenis”
gemaak het. Dus is God die werklikheid van die “beeld en die gelykenis” met
verwysing waarna die mens gemaak is. Die Godfamilie bestaan tans uit God die
Vader en God die Seun. Hierdie twee Lede van die Godfamilie het dieselfde
vorm, of, “beeld en gelykenis”, wat Hulle aan die mens gegee het, alhoewel
Hulle uit gees saamgestel is. Dit is een van Hulle oogmerke om die
Godfamilie uit te brei. Ingevolge hierdie plan en doel gaan Hulle Hul ewige
geestelike bestaan en Hulle eindelose skepping met daardie mense wie deur
die opwekking uit die dood in die Godfamilie in wedergebore sal word, deel.
Daardeur erf diegene Hulle manjifieke liefde, heerlikheid en mag as seuns en
dogters van God vir ewig.
Skrifverwysings:
Gen.1:26 Efs.3:9-21 I Joh.4:8 Dan.7:9-10 Efs.1:3-5,9-10 Opb.1:14-16
Kol.1:12-27 Joh.4:24 Psm. 19:1-8 Psm.8:1-7 Jes.40:12-28, 57:15 Rom.1:20
God die Vader:
God die Vader is die hoogste, heerlike, goddelike Geestelike Wese. Hy is die
Soewereine Heerser van die heelal. God die Vader voer Sy wil uit deur die
krag van Sy Heilige Gees. (Sien “Die Heilige Gees”). God die Vader, Wie alle
mag en alle gesag het, is liefde. Hy het volmaakte, heilige karakter en is
vol genade en barmhartigheid. God die Vader is groter as Sy Seun, Jesus
Christus, maar deel alles wat Hy het met Sy Seun. God die Vader het Sy Seun
Jesus Christus gestuur om die Vader se liefde en genade en Sy grootse plan
vir die hele mensdom, te openbaar. God die Vader roep elke indiwidu direk
tot redding, skenk bekering en verleen die Heilige Gees as `n verwekking
sodat sodanige indiwidu `n kind van God die Vader word. God die Vader het
elkeen wie Hy roep persoonlik lief en is direk betrokke by die lewe van so
`n persoon en verleen deurlopend Sy liefde, genade, barmhartigheid en seën
aan so `n persoon sodat hy of sy dieselfde liefdevolle, volmaakte en
regverdige karakter as Hy kan
ontwikkel. Hy hoor en beantwoord persoonlik die gebede van al Sy verwekte
kinders.
Skrifverwysings:
I Joh.4:8,16 Joh.6:44 Joh.8:16-18 Joh.1:1-2, 17-18 Joh.14:28 Efs.3:14-19
Joh.16:27 Heb.1:1-2, 2:3-9 Efs.4:4-6 Mat.11:27 I Kor.15:24-28 Opb.21:22
God die Seun, Jesus Christus van Nasaret:
Voor Sy geboorte as mens het die Elohiem van die Godfamilie Wie die Seun
geword het, uit ewigheid uit saam met die Elohiem van die Godfamilie Wie die
Vader geword het, bestaan. Alle dinge is deur God die Vader geskep deur God
die Seun. In die Ou Testament word die Seun as die Here God en Wetgewer
geopenbaar en in die Nuwe Testament as die Woord van God. Ten einde die
Verlosser van die hele mensdom te word het Hy Homself gewilliglik ontdoen
van Sy posisie in die Godfamilie deur van Sy majesteit, heerlikheid en mag
afstand te doen om `n vleeslike mens te word, gebore uit die maagd Maria
maar verwek deur God die Vader, Wie ook bevel gegee het dat Sy naam Jesus
moes wees.(Jesus is die Griekse vertaling van die Hebreeuse - Jehoshua of
Joshua - wat “Jehowa is verlossing”, beteken). Sy volle Nuwe Verbondsnaam is
Jesus Christus van Nasaret. Hy was as mens van sondige menslike vlees aan
dieselfde versoekinge onderworpe as elke mens maar het nooit gesondig nie.
As die volmaakte Lam van God het Hy Homself gegee om as God die Vader se
spesiale, unieke offerande, deur Sy kruisiging, as versoening vir die hele
mensdom se sondes te dien. Nadat Hy vir drie dae en drie nagte in die graf
dood was is Hy deur die mag van God die Vader opgewek tot ewige lewe en het
Hy sodoende die Eersgeborene vanuit die dood geword. Hy is toe weer met die
volle goddelike aard en mag van die Godfamilie beklee. Hy het in die hemel
in opgevaar om aan die regterhand van God die Vader te sit as die mensdom se
Hoëpriester, Voorspraak en Middelaar by die Vader en as Hoof van die kerk.
Jesus Christus sal in die mag en die heerlikheid van Sy Vader na die aarde
terugkeer om die koninkryk en die regering van God op aarde te vestig. As
Koning van konings en Here van here sal Hy die aarde vir ewig saam met Sy
broers en susters, die kinders van God die Vader, regeer. (Sien "Redding",
"Die Aard van die Mens" en "Die Opstandings".)
Skrifverwysings:
Joh.1:1-3 Flm.2:6-11 Efs.1:6-23 Heb.2:9-14 Heb.4:14-16 Heb.5:7-9 Rom.8:3, 29
Opb.1:5,13-16 Opb.5:9-10 Rom.5:8 Joh.3:16 Joh.17:1-26 I Joh.2:1-2 Opb.13:8
Kol.1:14-20
DIE
AARD VAN DIE MENS
Die Elohiem van die Godfamilie Wie later Jesus Christus geword het, het
persoonlik vir Adam en Eva met Sy eie hande gemaak. Hy het hulle na die
beeld en gelykenis van God, of Elohiem, gemaak maar ietwat minder as God.
Mense is van vlees en bloed gemaak en beskik nie oor inherente
onsterflikheid nie. (Sien "Redding".) Nietemin het God aan die menslike
brein `n geestesessens toegevoeg wat die “gees van die mens” genoem word.
Hierdie geestelike dimensie in die mens se brein verleen redenasievermoë en
intellek en die vermoë om te dink, praat, leer, skryf, beplan, ontwerp, skep,
bou, beheer, onderrig, kies, aanbid, om karakter te bou en om elke emosie te
ervaar. God het man en vrou gemaak met die vermoë om intieme, persoonlike
liefde vir mekaar, as man en vrou te betoon en, deur hierdie fisiese
vereniging kinders na hulle eie soort te hê en so families, familiegroepe,
stamme en volke voort te bring.
Adam en Eva is sondeloos geskape maar wel met `n natuur wat onderworpe was
aan versoekinge. God het aan hulle vryheid van keuse gegee, om te kies
tussen gehoorsaamheid en lewe en ongehoorsaamheid en dood. Nadat hulle
gesondig deur van die boom van kennis van goed en kwaad te eet, het God
hulle gevonnis om die pyn en smart van die lewe met `n sondige natuur te ly
en uiteindelik die straf van die dood te maai. Hierdie straf van die dood is
oorgedra na die ganse mensdom deur die fisiese oorerwing van die sondige
menslike natuur. Die menslike natuur is inherent en van nature vyandiggesind
teenoor God en onderwerp dit nie aan Sy wette en gebooie nie. Die menslike
natuur is van geboorte af `n mengsel van goed en sleg en almal sterf in
Adam. Wanner `n persoon sterf kom sy of haar bewustelike gedagtes tot `n
einde. Die liggaam keer terug na die stof van die aarde en die gees van die
mens gaan na God toe terug. Slegs deur God die Vader se genadevolle en
barmhartige plan van redding deur Jesus Christus is dit vir `n mens moontlik
om losgekoop en gered te word van hierdie sondige natuur van dood. God se
uiteindelike doel vir elke mens is volkome versoening met God die Vader deur
Jesus Christus sodat hy of sy by die Godfamilie kan aansluit as `n
letterlike seun of dogter van God, deelnemende in dieselfde ewige bestaan as
God. (Sien "Die Opstandings", "Redding"en
"Die Heilige Gees".)
Skrifverwysings:
Gen.1:26-27 Psm.8:3-7 Sag.12:1 Gen.2:7-25, 3:1-19 I Kor.2:11 Eseg.18:4, 20
Mrk.7:21-22 Rom.8:7-8 Heb.9:27 Pre.3:19-21 I Kor.15:21-22, 44-56 Opb.21:7 I
Joh.3:1-3 Flm.3:21
DIE
LIEFDE VAN GOD
God se Liefde vir Ons:
Die liefde van God is geopenbaar daardeur dat die Godfamilie die mens na
Hulle beeld en na Hulle gelykenis geskape het en aan die mens heerskappy oor
die ganse aarde, welke God mildadig vir die mens geskep het, gegee het. God
die Vader se diepgaande geestelike liefde word ten volle aan die mensdom
gemanifesteer deur Sy oorkoepelende plan soos geopenbaar in die Nuwe
Testament, in die lewe, dood en opstanding van Sy seun, Jesus Christus. In
Sy grootse liefde bied God die Vader aan elke mens die geleentheid om in die
Godfamilie in gebore te word deur die opstanding uit die dood, waardeur
diegene letterlike kinders van God die Vader word met dieselfde vorm en
geestelike samestelling as die van God die Vader en God die Seun. God se
liefde en versoening word nou uitgestrek na diegene wie Hy roep en sal
uitgebrei word na die hele mensdom volgens Sy plan. God die Vader se liefde
word aan diegene wie Hy nou geroep het geopenbaar deur Sy genade en
barmhartigheid wat Hy daagliks deur Jesus Christus betoon, sy deurlopende
tussenkoms en seëninge en die sorg waarmee Hy hulle tug.
Skrifverwysings:
Deu.4:37 Joh.3:16 Rom.5:7-8 I Joh.3:1 Psm.145:8 I Joh.4:8-10, 16 Heb.12:6
Joh.16:27, 14:21 Efs.2:4-10.
Ons Liefde vir God:
Ons het God lief omdat Hy ons eerste lief gehad het. Ons liefde is die
gevolg van die roeping deur God die Vader deur die krag van die Heilige
Gees, wat ons verstand open om die grootheid en goedheid van God se liefde
en die sondigheid van ons eie natuur te begryp. God die Vader lei ons na
opregte bekering en aanvaarding van die offerande en die bloed van Jesus
Christus vir die vergifnis van ons sondes. Ons openbaar ons bekering en ons
geloof in Jesus Christus deur in water gedoop te word, symbolies van die
begrafnis van die ou mens in die dood van Jesus Christus in en opstanding om
in nuutheid van lewenswandel te loop. Deur die oplegging van hande word die
gawe van die Heilige Gees aan ons geskenk as `n geestelike verwekking deur
God die Vader wat die liefde van God in ons harte verleen. Die vermoë om God
waarlik lief te kan
hê kom deur Sy Gees in ons. Ons moet indiwidueel vir God die Vader en vir
Jesus Christus liefhê met met ons hele hart, ons hele verstand, ons hele
siel en al ons krag, ons hele wese. Jesus het gesê dat enigiemand wat God
nie liewer as enigiemand anders het nie, Hom nie waardig is nie. Ons liefde
vir en totale toegewydheid aan God die Vader en Jesus Christus word
geopenbaar deur ons gewilligheid om volgens elke woord van God te leef en om
al Sy gebooie te onderhou.
Skrifverwysings:
I Joh.4:16-19, 5:2-3 Mat.22:37-38 Efs.5:1-2 Rom.5:5 I Joh.2:5, 15 II Joh.6
Joh.14:15-24 Gal.5:22 Psm.97:10 Deu.6:5 Deu.13:3 Mat.10:37-38.
Ons Liefde vir die Broeders:
Christene moet `n spesiale liefde vir mekaar hê aangesien God die Vader en
Jesus Christus elkeen indiwidueel geroep het en elkeen persoonlik lief het.
As die verwekte kinders van God, in wie se harte die Heilige Gees uitgestort
is, deel alle ware Christene `n spesiale gemeenskapsverhouding met God die
Vader en Jesus Christus. Hierdie gemeenskap is die fondament vir die nuwe
gebod wat Jesus aan Sy dissipels gegee het om "mekaar lief te hê soos wat Ek
julle lief gehad het”. Hierdie ware Christelike liefde is `n teken waardeur
ander die ware volgelinge van Jesus Christus
kan
herken.
Skrifverwysings:
Joh.13:34-35 Joh.15:9-10 I Joh.3:16-17 I Joh.2:6-11, 5:1-2 I Joh.4:19-21 II
Joh.4-6.
DIE
HEILIGE BYBEL
Die Heilige Bybel is die Woord van God. God het Sy gekose diensknegte direk
deur die krag van Sy Heilige Gees geïnspireer om die Skrif vir die ganse
mensdom op te teken. Die Heilige Bybel bestaan uit beide die Ou Testament en
die Nuwe Testament. Die Ou Testament was in Hebreeus geskryf en het deur die
Masorete, Leviete wie deur Esra aangestel is as die amptelike bewaarders van
die Ou Testament, behoue gebly. Die Nuwe Testament was deur die
oorspronklike apostels van Jesus Christus in die Koine Grieks geskryf en
bewaar. Die apostel Johannes het die Nuwe Testament kort voor sy dood
voltooi toe hy die boek Openbaringe geskryf het as die laaste boek van die
Bybel. God het die teks van die Nuwe Testament deur die Griekssprekende Kerk
bewaar. Genoem die Bisantynse Teks, was dit die amptelike teks van die
Griekssprekende Kerk na die tyd van die apostels, vanaf 312-1453 NC. Hierdie
teks, ook bekend as die Stephens Teks van 1550, was dan ook die grondteks
vir die vertaling van die Nuwe Testament in Engels in die King James
Weergawe in 1611.
Die Heilige Bybel bevat lewensnoodsaaklike geestelike kennis wat deur God
geopenbaar is en wat nie deur die mens op sy eie ontdek kan
word nie. Dit is ook `n rekord van die belangrikste buitelyn van die
geskiedenis vanaf die skepping tot by Abraham, vanaf Abraham tot die
geboorte van Jesus Christus en vanaf die geboorte van Jesus Christus tot aan
die einde van die apostoliese era, ongeveer 100 NC. Die boek van Openbaring
onthul hoofgebeure welke geprofeteer is om plaas te vind vanaf die einde van
die apostoliese tydperk tot met die wederkoms van Jesus Christus en die
vestiging van die koninkryk van God.
Die Bybel is die ware fondament van kennis. Dit verleen begrip van redding
deur Jesus Christus en toon die mens God se lewenswyse aan in beide die
letter en die gees van Sy wet. Ware Christelikheid is gebaseer op die hele
Woord van God soos toepgepas op die indiwiduele Christen sowel as op die
kerk.
Skrifverwysings:
II Tim.3:16-17 II Pet.1:20-21 Deu.8:3 Psm.111:7-11 Psm.119 Psm.12:6, 19:7-9
Spr.30:5 Mat.1:1-17, 4:4 Gal.1:8-12 Efs.2:19-20 Luk.4:4 Opb.1:1-3,
22:18-19
Joh. 6:63 II Tim.1:9-14 I Kor.14:37.
DIE WETTE EN GEBOOIE VAN
GOD
Die Aard van God se Wette:
Die wette en gebooie van God soos in beide die Ou en Nuwe Testamente
geopenbaar is `n heilige, volmaakte stel beginsels gebaseer op God se liefde.
God se wette en gebooie is ontwerp om die mens te leer hoe om God lief te hê
en te aanbid en hoe om sy naaste lief te hê. God het Sy wette en gebooie van
die begin af aan die wêreld bekend gemaak en vereis dat die ganse mensdom
dit onderhou. Die wette en gebooie van God definieer wat sonde is en waar
daar geen wet is nie is daar ook geen sonde nie. Niemand kan as sondaar, of,
as onder sonde te wees , gereken word as God nie van alle mense vereis het
om Sy wette en gebooie te gehoorsaam nie. Die Skrif wys dat God alle nasies
na gelang van hulle gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan Sy wette oordeel,
verkrygende seëninge vir gehoorsaamheid en vloeke vir ongehoorsaamheid of
sonde. Dit was as gevolg van sonde en boosheid dat God die wêreld in die tyd
van Noag vernietig het met die Vloed. Insgelyk is die mense van Sodom en
Gomorra vernietig omdat hulle sondaars voor God was. Die mense van Nineve
was `n heidense volk wie nie in verbond met God gestaan het nie maar is
nietemin deur God by monde van Sy profeet Jona aangaande die dreigende
oordeel van God oor hulle sondes gewaarsku. Die inwoners van Kanaän is
uitgedryf weens hulle godsdienstige en seksuele sondes. Die volk Israel, God
se uitverkore volk, het ook verskriklik teen God gesondig en is in
ballingskap gestuur. Deur sonde en ongehoorsaamheid aan die wette en gebooie
van God, het die hele wêreld skuldig geword voor God. Geslag na geslag het
toegegee aan die sondigheid van die mens se natuur en het volkome daarin
misluk om selfs aan die minimum vereistes van die letter van die wet te
voldoen.
Alhoewel God nog altyd van die mensdom vereis het om Sy wette en gebooie na
die letter van die wet te gehoorsaam, begeer Hy dat elke mens sal leer om
Hom in die gees van die wet te aanbid. Die volle geestelike bedoeling van
God se wette is dat elkeen sal leer om God met die hele hart, verstand, siel,
wese en krag lief te hê en om jou naaste soos jouself lief te hê. Die Skrif
openbaar dat gehoorsaamheid aan God se wette, in die gees, `n voorvereiste
is vir verkryging van die ewige lewe. Slegs deur die gawe van die Heilige
Gees word hierdie mate van gehoorsaamheid moontlik gemaak. Deur die krag van
die Heilige Gees kan elke Christen die wette en gebooie van God op die
tafels van die hart en die verstand geskrywe kry en kan hy of sy leer om
elke dag in die geestelike gehoorsaamheid wat God begeer, te wandel. Die
wette en gebooie van God is hoegenaamd nie in stryd met genade en geloof nie
maar word waarlik bevestig deur geloof. (Sien "Geregtigheid", "Geloof" en
"Die Genade van God".)
Skrifverwysings:
Gen.3:11-13, 4:7-11 Gen.6:5-13, 15:16 Lev.18:5 Jer.18:7-10 Esg.20:11, 13, 21
Spr.4:4 Deu.28:1-13 Deu.4:1-13, 6:1-4 Gal.3:11 Rom.10:5 Rom.3:9-22, 4:13-16
Rom.2:11-13 Mat.22:36-40 Psm.19:1-8 Psm.111:10 Joh.14:15-24 Psm.119
Joh.2:4-6 Mat.4:4 Jes.42:21 I Joh.3:4 Mat.5:17-20 I Joh.5:2-3 II Tim.3:16
Heb.8:10-12, 10:16-22 Opb.22:14 Opb.12:17, 14:12.
Die Tien Gebooie:
Die Tien Gebooie, welke God tot Israel gespreek het, is die grondslag van al
God se wette. Hulle was van die begin van die mensdom af, meer as
drieduisend jaar voordat hulle by die berg Sinaï afgekondig is, in werking.
In die geskrewe vorm is hulle die opsomming van die geestelike wette wat te
alle tye funksioneer of `n persoon van hulle bewus is aldan
nie.Gehoorsaamheid aan hierdie bevele het seëning tot gevolg terwyl
ongehoorsaamheid vervloeking bring. Die Tien gebooie leer ons hoe om liefde
aan God en aan ons medemens te betoon.`n Voorwaarde vir die ontvangs van
ewige lewe is dat hulle gehoorsaam moet word. (Sien "Geloof" en "Die Genade
van God".)
Skrifverwysings:
Exo.20:1-17 Deu.5:6-21 Deu.30:15-20 Mat.19:16-22 Rom.7:7-14 Mat.22:36-40 I
Joh.3:22-24 Rom.13:8-10 II Joh.6-10.
REIN EN ONREIN VOEDSEL:
As Skepper, het God nie net plante nie maar ook diere as voedsel vir die
mens voorsien. Nietemin,God het nie alle diere as voesel vir die mens geskep
nie. Omdat God wil hê dat die mens goeie gesondheid moet behou het Hy aan
die mens bekend gemaak watter diere Hy spesifiek geskep het om geëet te
word. Hierdie kennis was van die begin af bekend gemaak soos duidelik blyk
uit die weergawe van Noag en die Vloed. In Levitikus 11 en Deuteronomium 14
spesifiseer God duidelik watter vleis geskik is vir menslike gebruik en
watter nie. Die klassifikasie in rein en onrein is maklik identifiseerbaar
uit die kenmerke wat God in die diere geskep het. Alle warmbloedige
soogdiere met gesplete hoewe en wat herkou is rein om te eet. Alle ander
warmbloedige diere is onrein. Van die skepsels wat in die water woon is
slegs die visse met vinne en skubbe rein om te eet, die res is onrein.Onder
die voëls verbied God die eet van roofvoëls. Alle reptiele is onrein, so ook
alle insekte uitgesonderd sprinkane en sekere besies.
Strydig met die sieninge van baie belydende Christene maak die Nuwe
Testament nie God se wette aangaande rein en onrein voedsel nie ongeldig nie.
Die geskil tussen Jesus Christus en die Fariseërs in Markus 7 het niks met
die eet van rein of onrein voedsel te make gehad nie. Dit het trouens gegaan
oor die feit dat Sy dissipels met ongewaste hande geëet het. Soos duidelik
uitgelê in Handelinge10, dien die gesig van Petrus ook nie as goddelike
gesag om die wette van God met betrekking tot rein en onrein voedsel te
verander nie, sy gesig het ten doel gehad om bekend te maak dat geen mens as
“onheiligs of onrein" genoem mag word nie.
Die apostel Paulus het die wette angaande rein en onrein voedsel as `n
vereiste vir Christene nagekom. Hy het daardie voedsel wat Christene
toegelaat is om te eet beskryf as "voedsel wat God geskape het om met
danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken"
[die Woord van God is Waarheid – Joh.17:17] (I Tim.4:3). Paulus wys duidelik
daarop dat sekere voedsel geskep was om te eet terwyl ander nie geskep was
om te eet nie. Paulus het voortgegaan, “want alles wat deur God geskape is,
[wat geskape is om te eet], is goed, en niks is verwerplik as dit met
danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig [afgesonder] deur die
Woord van God [soos geopenbaar in die Skrif] en gebed”. (vers 4).
Skrifverwysings:
Lev.11:1-31 Deu.14:3-20 Mrk.7:1-16 Hnd.10:1-28 I Tim.4:3-5 Jes.66:17
Gen.7:2, 8:20.
Die Weeklikse Sabbat:
Die weeklikse Sabbat is die sewende dag van die week, vandag bekend as
Saterdag. Die Sabbat is in die begin deur God geskep. Met die skepping het
Hy die sewende dag geseën en geheilig [afgesonder] as `n spesiale dag van
rus en gemeenskap met Hom. Die Sabbat is `n herdenking van die skepping en
is vir alle mense gemaak. Dit was die verordineerde dag van weeklikse
aanbidding vir 3 000 jaar voordat die Tien Gebooie aan Israel gegee is. Die
Vierde Gebod is`n herinnering om die Sabbat te vier en heilig te hou.
As die Here God van die Ou Testament het Jesus Christus die Sabbat geskep
deur op die heel eerste sewende dag te rus en deur dit te seën en deur dit
te heilig. Jesus Christus het in die Nuwe Testament bekend gemaak dat Hy die
Here van die Sabbatdag is. Tydens Sy prediking op aarde het Hy die
heiligheid van die Sabbat herbevestig en ook die gepaste wyse waarop dit
gehou moet word geleer. Jesus Christus het Self deur voorbeeld gewys dat,
afgesien daarvan om van mens se fisiese arbeid en sekulêre bedrywighede te
rus, dit reg en goed is om op die Sabbatdag goed te doen. Die apostels van
Jesus Christus en die vroeë Nuwe Testamentiese kerk het die Sabbat onderhou
en het ook die Christene uit die heidene geleer om dit te hou.
Die onderhouding van die sewendedag Sabbat is `n spesiale teken van die
verbond tusen God en Sy volk. God beveel dat dit gehou moet word vanaf
sononder Vrydag tot sononder Saterdag. Christene word beveel om gedurende
hierdie helige [afgesonderde] tyd te rus van hulle arbeid en saam te kom om
God te aanbid en lering uit Sy Woord te ontvang. Onderhouding van die
sewendedag Sabbat is essensieel vir redding en vir ware gemeenskap met God
die Vader en Jesus Christus.
Skrifverwysings:
Gen.2:1-3 Mrk.2:27-28 Exo.20:8-10 Exo.31:13-17 Jes.58:13-14 Jes.56:1-7
Jes.66:23 Esg.20:12, 20 Lev.23:1-3 Luk.4:4 Hnd.13:42-44, 17:2, 18:4,11,
19:8-10 Heb.4:4-10.
Die Jaarlikse Feeste en Heilige Dae:
Die Skrif leer dat daar sewe jaarlikse feeste en heilige dae is wat God
verordineer het om gehou te word as spesiale, beveelde, samekomste. Hierdie
feeste en heilige dae beeld God se reddingsplan van die mensdom uit. Die
onderhouding van hierdie heilige samekomste is `n teken tussen God en Sy
volk. God se jaarlikse feste en heilige dae was deur Sy volk in die tyd van
die Ou Testamen onderhou. En ons vind dat, in die Nuwe Tetament, Jesus se
gehele bediening gesentreer was rondom die geestelike betekenis van hierdie
heilige dae. Die Nuwe Testamentiese apostoliese kerk het hierdie jaarlikse
feeste en heilige dae getrou onderhou. Die Skrif openbaar dat die ganse
mensdom dit sal onderhou na die wederkoms van Jesus Christus.
Omdat die heilige dae jaarlikse Sabbatdae is kan hulle op enige dag van die
week, (behalwe die Fees van Weke, wat altyd op die eerste dag van die week,
Sondag, val), val. Wanneer `n heilige dag op die weeklikse Sabbat val neem
die spesiale onderhouding van die heilige dag voorkeur. God se se feeste en
heilige dae moet van sononder tot sononder gevier word ooreenkomstig die
berekende Hebreeuse Kalender soos bewaar deur die Levitiese Jode. Die sewe
jaarlikse feeste en heilige dae is:
Fees of Heilige Dag – Beveelde Skriftuurlike Datum van Viering
1) Pasga -14de dag van die eerste maand*
2) Ongesuurde Brood (7 dae) - 15de tot en met 21ste dae van die eerste maand
(die 15de & 21ste is heilige dae, d.i. sabbatte)
3) Fees van Weke - Word jaarliks getel**
4) Trompette – 1ste dag van die sewende maand
5) Versoening - 10de dag van die sewende maand
6) Loofhutte (7 dae) - 15de tot en met die 21ste dag van die sewende maand
(die 15de is `n heilige dag, d.i. `n sabbat)
7) Laaste Groot Dag - 22ste dag van die sewende maand (`n heilige dag, d.i.
`n sabbat).
*Nie `n heilige, d.i., `n sabbat, nie.
**Vyftig dae, beginnende met die eerste dag van die week, (`n Sondag),
gedurende die Fees van Ongesuurde Brode, word getel. Die fees word op die
vyftigste dag gehou en val dus altyd weer op die eerste dag van die week,
d.i., `n Sondag.
Skrifverwysings:
Lev.23 Exo.23:14-17, 31:13 Exo.12:1-20 Joh.7:37 Mat.26:17-18 I Kor.5:7-8
Hnd.2:1, 18:21, 20:16 I Kor.16:8 Sag.14:16-19
SONDE
Sonde is die oortreding van die heilige wette en gebooie van God, hetsy in
die letter of in die gees van die wet. Sonde is derhalwe wetteloosheid en
anti-wet. Sonde is ook `n besoedeling van mens se gewete.Wanneer iemand weet
om goed te doen en dit nie doen nie, is dit vir hom sonde. Die uiteindelike
straf vir sonde is die ewige dood. Met diep en opregte bekering tot God kan
mens se sondes vergewe word deur geloof in die bloed en offerande van Jesus
Christus vir die betaling van daardie sondes deur die genade van God die
Vader. Die enigste onvergeefbare sonde is die volgehoue, wetende en
opsetlike oortreding van die gebooie en wette van God. Hierdie sonde kan nie
vergewe word nie want dit is die opsetlike verwerping van God se redding,
die opsetlike verwerping van en opsetlike lastering teen die Heilige Gees
van God die Vader en minagting van die offerande van Jesus Christus as iets
onheiligs. Laster teen die Heilige Gees is die sonde van die veroordeling
van die werke van God die Vader, welke vermag word deur die krag van Sy
Heilige Gees, en die toeskrywing van sodanige werke aan Satan die duiwel.
Wanneer iemand die onvergeefbare sonde begaan het word sy gewete gebrandmerk
en is dit dan onmoontlik om deur die Heilige Gees oortuig te word en tot
bekering gelei te word. God se oordeel vir die onvergeefbare sonde is die
tweede dood, of ewige dood, waaruit daar geen opstanding is nie.
Skrifverwysings:
I Joh.3:4 Rom.7:12-14 I Joh.1:5 - 2:2 Hnd.2:38 Efs.1:7, 2:1-10 I Joh.5:17
Jak.2:10 -11, 4:12 Gal.5:19 - 21 Rom.6:23 Rom.14:23 Hnd.3:19 Mat.12:31 - 32
Heb.6:4-6 Gal.1:8-9 Heb.10:26 - 27 Opb.20:14-15 Opb.21:8.
DIE
HEILIGE GEES
Die Heilige Gees is nie `n persoon of derde lid van `n sogenaamde
Drie-Eenheid nie. Die Heilige Gees is die krag waardeur God die Vader en God
die Seun Hulle wil uitvoer. Die bevrugting met die Heilige Gees van God die
Vader as `n geestelike verwekking word vrylik aan elke gelowige geskenk by
bekering van sonde, doop deur onderdompeling, en die oplegging van hande.
Die verwekking met die Heilige Gees is die pand en versekering van die
belofte van ewige lewe deur Jesus Christus. Dit is die krag van God wat elke
verwekte kind van God `n deelnemer aan die goddelike aard maak en wat die
vermoë om die liefde van God te ontwikkel, verleen. Die vrugte van die
Heilige Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, sagmoedigheid, goedheid,
geloof, verdraagsaamheid en selfbeheersing. Die inwoning van die Heilige
Gees verleen aan elke indiwidu die krag om in ooreenstemming met God se wil
te lewe en om die versoekinge van die menslike natuur, die wêreld en Satan
te oorkom. Soos wat die geestelik verwekte gelowige daarna strewe om God die
Vader en Jesus Christus te dien en te gehoorsaam sal die Heilige Gees hom of
haar in alle Waarheid wat in die Woord van God vervat is en wat noodsaaklik
vir verlossing is, lei.
Skrifverwysings:
Gen.1:2 Hnd.2:38 Joh.14:16, 26 Rom.8:9-14 I Kor.2:9-10 Hnd.8:15-17, 19:6
Gal.5:22-23 II Tim.1:6-7 Efs.1:13-14 II Kor.1:21-22 Jes.55:1-3 Joh.7:37-39 I
Joh.3:9-11 I Joh.4:4-8 II Pet.1:1-11.
DIE
GENADE VAN GOD
Genade is die gratis en onverdiende gawe van God die Vader deur Jesus
Christus. Die genade van God is die grootste betoning van God die Vader se
liefde en allesomvattende barmhartigheid. Genade is meer as die vergifnis
van sonde. Om onder
genade te wees beteken om voortdurend God se liefde, guns, seën, sorg, hulp,
welwillendheid, voordele, gawes en goedheid te ontvang. God die Vader is die
bron vanwaar genade na die gelowige kom. Die ENIGSTE WYSE waarop genade aan
die gelowige verleen word is deur die geboorte, lewe, kruisiging, dood en
opstanding van Jesus Christus as die volmaakte offer van God die Vader. Die
gelowige kom onder die genade van God deur geloof in die offerande van Jesus
Christus ter vergifnis van sy of haar sondes. God die Vader verleen Sy
genade aan elke gelowige by bekering van sondes en doop deur onderdompeling,
welke die uiterlike manifestasie van bekering is. Deur genade word die
gelowige se sondes vergewe en die geregtigheid van Jesus Christus aan hom of
haar toegeskryf.
Genade vestig `n nuwe geestelike verhouding tussen die gelowige en God die
Vader en Jesus Christus. Deur die onverdiende en onerdienstelike gawe van
genade word die gelowige nie net, gekies, geroep, vergewe en aanvaar deur
God die Vader deur Sy Geliefde nie maar word hy of sy ook verwek deur die
Heilige Gees wat van hom of haar `n kind van God maak en `n erfgenaam van
ewige lewe. Van hierdie tydstip af begin die geestelikverwekte gelowige `n
nuwe lewe onder genade. Soos wat die Skrif openbaar vereis lewe onder genade
van die gelowige om volgens elke woord van God met volkome liefde en
toegewydheid aan God die Vader en Jesus Christus te lewe. Genade gee nie aan
iemand `n “lisensie” om sonde te be-oefen deur die gebooie van God te
ignoreer of te verwerp nie. Slegs diegene wie Sy gebooie hou
kan in Sy liefde wandel en
onder Sy genade bly. Elke gelowige wie die genade van God ontvang het `n
persoonlike verpligting teenoor God die Vader en Jesus Christus om sy of
haar ou sondige gedagtes en praktyke te versaak en `n nuwe lewe te lewe en
om elke dag in die genade en kennis van Jesus Christus te groei. Vir elke
gelowige wie onder genade lewe tree Jesus Christus as Verlosser, Hoëpriester
en Voorspraak op. As die gelowige `n sonde begaan doen Hy bemiddeling, is Hy
`n Voorspraak by die Vader ter versoening en verkryging van God se genade en
barmhartigheid. Die genade van God wat deur Jesus Christus kom hou die
bekeerde gelowige in `n voortdurende staat van blaamloosheid en
sondeloosheid.
Skrifverwysings:
Efs.2:4-10, 4:7 I Joh.3:6-8 Rom.5:1-11, 15-18 Rom.3:22-25, 2:4 Gal.2:20
Rom.4:1-13 Psm.103:2-4 Gal.1:15 Gal.5:1-4 Jes.55:6-7 Jud.4, 21 Gen.6:8 II
Tim.1:9 I Kor.15:10 Rom.11:5-6 Efs.1:3-9 Efs.3:1-21 I Pet.5:10.
BEKERING
Bekering is volkome berou en spyt oor mens se sondes, wat die oortreding van
God se wette en gebooie is. Bekering is die eerste stap van die sondaar se
versoening met God die Vader en Jesus Christus. Ware bekering begin wanneer
God die Vader mens se verstand open om te begryp dat hy of sy `n sondaar is
teen God die Vader en dat sy of haar sondes `n aandeel in die doodmaak van
Jesus Christus gehad het. Die barmhartigheid van God die Vader lei elke
sondaar tot bekering. Bekering beweeg elkeen tot belyding van sy of haar
sondes teenoor God die Vader en om vir vergifnis, kwytskelding en
begenadiging van daardie sondes deur die bloed van Jesus Christus te te vra.
Ware, diep, goddelike bekering sal `n diepgaande verandering in `n mens se
denke en gesindheid tot gevolg hê en bring verder `n deurlopende begeerte om
volgens elke woord van God te lewe, mee. Die waarlik bekeerde mens sal
wegdraai van bose gedagtes en goddelose praktyke en sal daarna streef om sy
of haar lewe in ooreenstemming met die wil van God te bring soos geopenbaar
in die Heilige Bybel en soos gelei deur die Heilige Gees. Bekering en
belyding van sonde is `n deurlopende proses in `n Christen se geestelike
groei na die volmaaktheid van Jesus Christus.
Skrifverwysings:
Rom.2:4 Hnd.2:37-38 Luk.24:47 II Kor.5:17 Rom.8:5-9 II Kor.7:9-11 Hnd.3:19
Jer.17:5-9 Mrk.1:15 Luk.13:3, 5 II Tim.2:25 Psm.51 Hnd.11:18 I Joh.1:6-2:2
Joh.6:44-45.
WATERDOOP
Na opregte, goddelike bekering en aanvaarding van Jesus Christus as
persoonlike Verlosser moet die gelowige gedoop word deur algehele
onderdompeling in water ter vergewing van sy of haar sondes. Die waterdoop
versimboliseer die dood en begrafnis van elke berouvolle gelowige - `n
geestelike samevoeging in die dood van Jesus Christus in. Deur die dood van
die doop word die gelowige `n deelgenoot in die kruisiging en dood van Jesus
Christus en word Sy bloed aangewend as volle betaling van sy of haar sondes.
Die oprys of opkoms uit die water is simbolies van die geestelike
samevoeging in die opstanding van Jesus Christus. Wanneer die gelowige opkom
uit die watergraf van die doop rys hy of sy op tot `n nuutheid van lewe. Ten
einde `n nuwe mens te word moet elke gedoopte gelowige deur die Heilige Gees
verwek word deur die oplegging van hande. Die gelowige word daarna deur die
Heilige Gees gelei om in liefdevolle gehoorsaamheid aan God die Vader en
geloof in Jesus Christus te wandel.
Skrifverwysings:
Hnd.2:38 Mat.3:13-16 Mat.28:19-20 Kol.2:12 Hnd.8:12-17 Rom.6:3-13.
REGVERDIGING
Regverdiging word vrylik geskenk aan die geroepe en berouvolle gelowige deur
God die Vader deur die offerande van Jesus Christus. Regverdiging vind plaas
wanneer die gelowige se sondes verwyder word deur die bloed van Jesus
Christus en hy of sy dan in `n regte verhouding met God die Vader gebring
word. Ten einde God se gawe van regverdiging te ontvang moet `n mens hom of
haar egter bekeer tot God, in die offerande en bloed van Jesus Christus ter
vergewing van sonde glo en gedoop word deur onderdompeling. Die gelowige
word dan gereinig van sonde en is sonder veroordeling wat hom of haar in `n
regte verhouding met God die vader plaas. Hierdie staat of toestand van
geregverdigdheid word die “gawe van geregtigheid” genoem want die
geregtigheid van Jesus Christus word vrylik deur God die Vader aan die
gelowige toegeskryf, met ander woorde, word die gelowige toegereken.
Skrifverwysings:
Rom.2:13 Rom.4:5-8, 24-25 Rom.5:1-10,17-21 Rom.3:24-31 I Kor.6:11
Rom.8:28-30.
GEREGTIGHEID
Die Geregtigheid van die Wet:
God is beide Skepper en
Wetgewer. Toe God die mens gemaak het, het hy ook regverdige wette ingestel
wat die verhouding van die mens met Hom en met sy naaste beheers. Die wette
van God tref `n duidelike onderskeid tussen optrede wat goed en regverdig in
die oë van God is, teenoor optrede wat boos en sondig is. In afwesigheid van
God se wette sou daar nie sonde wees nie. Die Skrif verklaar dat “waar daar
geen wet is nie is daar geen sonde nie....want deur die wet is die kennis
van sonde.” Die Bybelse rekord van die sondes van Adam en Eva en van die
nasies wat van hulle afgestam het, maak dit duidelik dat God se wette van
die begin af `n verpligting op die mens gelê het.
In Ou Testamentiese tye is `n man of `n vrou wat die gebooie van God gehou
het en aan Sy vereistes in die letter van die wet voldoen het, as regverdig
voor God gereken. Hierdie tipe geregtigheid, wat verdien is deur verrigting
van die werke van die wet, het baie fisiese en materiële seëninge van God
tot gevolg gehad – gesondheid en voorspoed, verlossing van vyande, vrede en
`n lang lewe. Toe God met Israel in verbond getree het, het Hy deur Moses
afgekondig dat diegene wat Sy wette en gebooiehou, “daardeur sal lewe” want
hulle sou die straf en vloeke vir wetsverbreking vryspring, insluitende die
doodstraf.
Alhoewel die geregtigheid van die wet baie seëninge vir die gehoorsames tot
gevolg gehad het, het en kon voldoening aan die letter van die wet nie ewige
verlossing verdien nie. Die belofte van verlossing en ewige lewe is God se
gratis en onverdiende gawe en word slegs deur die geregtigheid van geloof
aangebied. Dit kan nie verdien word deur aan die letter van die wet te
voldoen nie. Die vereiste geregtigheid van die letter van die wet was slegs
`n “leermeester” ten einde die sondigheid en swakheid van die menslike
natuur bloot te lê en op die noodsaak vir `n beter geregtigheid – die
geregtigheid van geloof – te wys.
Skrifverwysings:
Gen.3:11-13, 4:7-11, 6:5-13, 15:16 Lev.18:5 Jer.18:7-10 Eseg.20:11, 13, 21
Spr.4:4 Deut.28:1-13, 4:1-13, 6:1-4 Gal.3:11 Rom.10:5, 3:9-22, 4:13-16,
2:11-13
Die Geregtigheid van Geloof:
Die geregtigheid van geloof is die gawe van geregtigheid wat die gelowige
uit die oorvloed van God se genade ontvang. Dit word “die geregtigheid van
geloof” genoem want slegs deur geloof in Jesus Christus is dit moontlik om
hierdie geregtigheid deelagtig te word. Wanneer `n gelowige geregverdig word
deur geloof in Jesus Christus en die gawe van die Heilige Gees as `n
verwekking vanaf God die Vader ontvang,dan reken die Vader aan die gelowige
die einste geregtigheid van Jesus Christus toe, sodat, “...ook die genade
kan heers deur geregtigheid tot die ewige lewe, deur Jesus Christus”.
Hierdie toegerekende geregtigheid is `n gawe van God deur geloof in Jesus
Christus en kan nie verdien word deur die werke van die wet te doen nie. Die
geregtigheid van Jesus Christus wat aan die gelowige toegeskryf word deur
God die Vader, is ver verhewe bo die geregtigheid wat vereis word deur die
die letter van die wet. In Sy volmaakte geregtigheid het Jesus Christus nie
alleen die wet tot die letter nagekom nie maar het Hy ook aan elkeen van Sy
Vader se gebooie in die volle gees van die wet voldoen. Sy geestelike
gehoorsaamheid was so volmaak, rein en heelhartig dat Hy altyd die dinge
gedoen het wat God die Vader behaag het. Hierdie volmaakte geregtigheid was
volbring deur die krag van die Heilige Gees, wat Hy sonder maat van die
Vader ontvang het.
Jesus het, deur Sy persoonlike voorbeeld en lering, die wette en gebooie van
God "groots", ("magnify", in Engels), gemaak en die volheid van hulle doel
en betekenis geopenbaar. Hy het gewys dat die gees van die wet nie die
letter van die wet ongeldig maak nie maar inderwaarheid `n voller,
geestelike gehoorsaamheid verg. Hierdie geestelike gehoorsaamheid is bo die
vuurmaakplek van die natuurlike verstand en menslike wil en kan slegs
volbring word deur Jesus Christus. Die Skrif openbaar dat, wanneer die
gelowige met die Heilige Gees van God die Vader verwek word, hy of sy die
einste denke van Jesus Christus begin ontvang. Met die denke van Jesus
Christus, word die gelowige versterk om volgens elke woord van God, in die
volle gees van die wet en nie net in die letter nie, te lewe. Met “Christus
in julle, die hoop van die heerlikheid”, begin die gelowige om die wette en
gebooie van God in sy of haar verstand geskrywe te hê. Gevolglik word die
wette en gebooie van God bevestig met hulle volle, ware geestelike betekenis
en dit deur die genade en die gawe van die geregtigheid van geloof. Hierdie
gawe van geestelike geregtigheid wat God aan die gelowige skenk gee hom of
haar die krag om vrugte van die Gees, tot ewige lewe, te dra. Deur die
geregtigheid van geloof vervul die gelowige waarlik die Skrif, “Die
regverdige sal deur geloof lewe”.
Skrifverwysings:
Rom.4:3-8,13-24, 5:17-21, 3:20-31, 6:1-19 Gal.2:20-21, 5:16,18, 22-25
Kol.1:27-28 Rom.7:6 Heb.8:10, 10:16 Fill.2:5, 13
HEILIGING
Heiliging, (of heiligmaking), is die handeling om iemand of iets eenkant te
sit vir `n heilige doel en gebruik. Christene is in `n voortdurende staat
van heiliging na bekering, doop deur onderdompeling en ontvangs van die
Heilige Gees as `n verwekking vanaf God die Vader. In die Skrif word daar na
Christene as heiliges verwys synde hulle wat heilig gemaak is deur die
heiliging of heiligmaking deur God die Vader.
Skrifverwysings:
I Kor.1:2 Efs.5:25-27 II Thes.2:13-14 I Kor.6:11 Exo.31:13, 40:9-13
Lev.21:1, 8 Efs.1:3-4 Jer.1:5 Joh.17:15-19
DIE
DOOP MET DIE
GEES
Die doop met die Gees is die gebeurtenis van die ontvangs van die Heilige
Gees as `n verwekking vanaf God die Vader. Hierdie geestelike verwekking
word aan elke gelowige geskenk deur die oplegging van hande na die doop deur
onderdompeling. Na ontvangs van die gawe van die Heilige Gees word die
gelowige `n verwekte kind van God die Vader. Die doop met die Heilige Gees
plaas die gelowige in die geestelike kerk van God, die liggaam van Jesus
Christus waarvan alle verwekte kinders van God lede is.
Skrifverwysings:
Mat.3:11 Hnd.2:38, 8:15, 19:6 I Kor.2:12 Rom.8:9-16 I Pet.1:3 I Joh.3:9, 24
GELOOF
Geloof is die kennis van en aktiewe geloof in die bestaan en mag van die
lewende God en Sy eniggebore Seun, Jesus Christus. Geloof is `n gawe van God
en `n vrug van die Heilige Gees. Deur die gawe van die Heilige Gees as `n
verwekking vanaf God die Vader word ware gelowiges die inwonende
teenwoordigheid en die einste geloof van Jesus Christus geskenk. Hierdie
geloof is die werklike geestelike substansie van God se Heilige Gees wat aan
die gelowige die versekering en vertroue gee dat, wat God belowe het, Hy sal
uitvoer. Die ware geloof van Jesus Christus wat deur God aan elke gelowige
verleen word sal voortdurend manifesteer word in die vrugte van geregtigheid
in die gelowige se lewe. Geloof word vervolmaak deur die goeie werke te doen
wat God die Vader deur Jesus Christus verordineer het. Hierdie aktiewe en
lewende geloof is absoluut noodsaaklik vir redding deur genade. Sonder goeie
werke is geloof dood. Sonder geloof is goeie werke van geen waarde in die oë
van God nie. Goeie werke alleen kan nie redding en die ewige lewe besorg nie.
Alhoewel ware geloof goeie werke in die lewe van die gelowige tot gevolg sal
hê, kan hierdie goeie werke nie redding verdien nie. Die goeie werke wat uit
geloof gedoen word is nie die oorsaak nie maar die gevolg van God se gawe
van verlossing aan die gelowige.
Skrifverwysings:
Heb.11:1-6 Gal.5:22, 2:20, 3:1-14 Efs.2:4-10 Rom.4:20-21 Jak.2:14-22 I
Pet.1:1-9 Rom.1:17 Fil.1:6, 3:3-19 I Kor.13:2 Titus1:16 Opb.14:12 Luk.7:50
Mat.8:1-13 Jak.5:14-15.
REDDING
Redding is die gawe van God die Vader deur Sy genade en word geskenk aan die
gelowige deur geloof in Jesus Christus. Redding kan
nie verdien word deur werke van wet nie maar daar is voorwaardes waaraan
voldoen moet word ten einde die gawe van redding te ontvang. God vereis dat
iemand hom of haar bekeer van sonde, wat die oortreding van Sy wette en
gebooie is, en om in en aan Sy Seun Jesus Christus te glo, Wie se bloed vir
die straf vir die sondes van die hele mensdom betaal het. Jesus Christus,
die Seun van God, is die Outeur en Voltooier van die ewige redding van almal
wat in en aan Hom glo. Deur die bloed van Jesus Christus en die aanvaarding
van Sy offerande word die gelowige met God die Vader versoen, en sy of haar
sondes geheel en al vergewe en vergeet. Deur die genade van God word die
gelowige gered van die straf vir sonde, wat die ewige dood is, en word die
gawe van ewige lewe deur die verwekking met die Heilige Gees, deur God die
Vader aan hom of haar geskenk.
Redding begin wanneer
God die Vader iemand se verstand tot geestelike begrip open, wat tot
bekering tot God die Vader en geloof in Jesus Christus as persoonlike Redder
lei. Na die doop deur onderdompeling word die gawe van die Heilige Gees aan
die gelowige geskenk deur die oplegging van hande. Dan begin die gelowige `n
nuwe lewe van gehoorsaamheid aan God deur geloof terwyl hy of sy , sy of
haar eie heil uitwerk deur die inwonende krag van die Heilige Gees en in
ooreenstemming met God se Woord. Dit is `n lewenslange proses van geestelike
groei. Die Skrif openbaar dat daar drie duidelike stadiums in die proses van
redding is: 1) Die gelowige is van sondes in sy of haar verlede en van Satan
die duiwel gered (Efs.2:1-10). 2) Die gelowige word nou gered soos wat hy of
sy in die volhard in die Woord van God – die evangelie – in liefdevolle
gehoorsaamheid deur geloof (I Kor.1:18, 15:2). 3) Die gelowige sal
uiteindelik gered word met die opstanding (Rom.7:24-25 I Kor.15:12-57 I
Tim.3:14-16). Die gelowige se redding sal nie voltooi wees alvorens hy of sy
uit die dood deur die krag van God opgewek is en weer gebore word as `n
geestelike wese in die Godfamilie nie. Op God se tyd en volgens Sy plan sal
elkeen die geleentheid tot redding kry.
Skrifverwysings:
Efs.2:4-10 Rom.6:23 II Kor.7:10 Joh.6:44-45 Rom.2:4, 6:4-6 I Thes.4:14-17
Heb.11:6 I Kor.15:42, 52 Hnd.8:12, 15-17,
11:18
I Tim.2:4 Mrk.16:16 Rom.5:6-10, 4:21-25 Hnd.19:5-6 Heb.12:1-4 Opb.20:6.
HANDE-OPLEGGING
Die oplegging van hande is `n spesiale handeling wat deur verordineerde
ouderlinge van die kerke van God uitgevoer word terwyl God in gebed versoek
word om `n geestelike gawe of seën aan iemand te verleen. Die oplegging van
hande word vereis vir die ontvang van die Heilige Gees na die waterdoop, die
salwing van siekes met olie vir genesing, vir die verordenering van diegene
wat gekies is vir geestelike of fisiese diens aan die kerk, vir die seën van
klein kindertjies, as `n spesiale seëning tydens `n huwelikseremonie en vir
ander spesiale seëninge.
Skrifverwysings:
Hnd.8:15-17 Hnd.19:5-6 Jak.5:14-15 Mat.19:13-15 Mrk.16:17-18 .
Hnd.6:6, 13:3.
GENESING
Die Skrif openbaar dat God somtyds siekte oor indiwidue laat kom vir `n
spesiale doel. Behalwe vir hierdie uitsondering, is die siektes waaraan ons
ly die gevolg van ons fisiese of geestelike sondes. Goddelike genesing is
God se vergifnis van daardie sondes. God die Vader tree persoonlik in
wanneer Hy genesing verleen aan hulle wie Hom aanroep in tye van siekte en
besering. Hierdie goddelike ingryping kan gerig wees op enigiemand, te
enigertyd, soos God wil, want Jesus Christus het die prys vir genesing van
alle siekte reeds betaal deur die slae van geseling wat Hy voor Sy
kruisiging ontvang het. Wanneer ons deur God genees word, word ons sondes
ons vergewe deur die slae van die kastydings van Jesus Christus. Wonderwerke
van genesing word dikwels geskenk. Die Skrif leer dat enigiemand wat begeer
om deur God genees te word, die ouderlinge van die kerk moet versoek om hom
of haar te salf met olie in die naam van Jesus Christus en te bid vir God se
genesing en ingryping. Om
in geloof op God te vertrou vir genesing is `n persoonlike aangeleentheid
tussen elke indiwidu en God.
Skrifverwysings:
Exo.15:26 Psm.103:2-3 Mat.9:27-30 I Pet.2:24 I Kor.11:23-30 Mat.8:1-17
Jak.5:14-16 Jes.53:4-5 Mrk.16:15-18 II Kor.12:7-10 Joh.9:1-11.
DIE KERK VAN GOD
Die Geestelike Liggaam van Christus:
Die kerk van God word in die
Bybel as die geestelike liggaam van Jesus Christus uitgebeeld. God die Vader
het Jesus Christus as die Hoof van die kerk, in alle dinge, aangestel. Die
ware kerk van God is saamgestel uit almal wat deur God die Vader geroep is,
Sy Seun Jesus Christus as persoonlike Verlosser aanvaar het, van hulle
sondes bekeer het, deur onderdompeling gedoop is en die Heilige Gees as `n
verwekking van God die Vader ontvang het. Hierdie persone is geestelike
broers en lede van een kerk -die geestelike liggaam van Jesus Christus-
alhoewel hulle wydverspreid, regoor die wêreld mag wees. Dit is deur
een-en-dieselfde Gees – die Heilige Gees van God die Vader – waarmee elkeen
in die liggaam van Jesus Christus in, gedoop is. Hierdie geestelike
verhouding met Jesus Christus en God die Vader is die basis van alle ware
Christelike gemeenskap, (“fellowship” in Engels). Jesus het Homself aan Sy
dissipels as “die ware wynstok” en die Vader as “die landman”, beskryf. Alle
ware Christene is ranke van die ware Wynstok en moet aan die Wynstok vas bly
ten einde geestelik te groei.
Alhoewel daar net een geestelike liggaam van Christus is, is die lede
daarvan in talryke plaaslike gemeentes en indiwiduele bedienings, regoor die
wêreld, versprei. Omdat alle lede van die liggaam van Christus die Gees van
God het beperk God Homself nie om deur enige enkele organisasie te werk nie.
Elke groep of bediening wat deel is van die liggaam van Christus sal die
vrugte van God se Heilige Gees dra, God se naam dra en Sy gebooie, soos deur
Christus “groots” gemaak en uiteengesit, hou. Die primêre funksie van die
kerk is om die broeders van Jesus Christus met geestelike voedsel uit God se
Woord te voed sodat hulle tot die volheid en statuur van Jesus Christus kan
groei. Die kerk het ook `n opdrag van God om bekering en redding deur Jesus
Christus in die hele wêreld te verkondig en om die goeie nuus van die
komende koninkryk en regering van God ter voorbereiding vir die wederkoms
van Jesus Christus, om oor die aarde te regeer, te predik.
Skrifverwysings:
Efs.1:22-23 Joh.21:15-17 Efs.4:4-6, 11-16 Mat.28:18-20 I Kor.12:6-13
Hnd.2:47 Mat.24:14 Rom.8:9, 28-29 Joh.15:1-8 Heb.2:9-18 Opb.1:12-20.
Die Bediening van die Christian Biblical
Church of God:
Die Christian Biblical Church of God het `n bediening in navolging van die
instuksies van Jesus Christus soos dit in die Nuwe Testament vervat is.
Diegene wie in hierdie bediening diens lewer verhef hulleself nie bo die
broeders, deur die uitoefening van gesag of rang nie maar streef daarna om
hulle broeders in nederigheid en liefde te dien. Die verordineerde
ouderlinge van die Christian Biblical Church of God begryp dat hulle deur
God geroep is tot geestelike diens om in die behoeftes van hulle broeders te
voorsien. `n Ouderling kan as prediker, leraar, herder, evangelis of in
ander benodigde hoedanighede dien. Die funksie wat elke ouderling verrig
verskil na gelang van die maat van die gawe van Jesus Christus. Die
kwalifikasies van ouderlinge vind mens in I Timotheus 3 en Titus 1. Dat `n
mens deur God geroep is tot die bediening word deur sy liefde vir die
broeders en vir God die Vader en Jesus Christus, bewys. `n Verordineerde
ouderling moet `n gesindheid van ware bekering en toewyding aan God die
Vader en Jesus Christus handhaaf. Hy moet `n diep begeerte om die broeders
te dien en die vermoë om die evangelie van Jesus Christus aan ander te leer,
hê. Die bediening is gemik op stigting en opbouing van die liggaam van
Christus. Dit is die bediening se verantwoordelikheid om die ware leringe
van die Bybel te leer en te bewaar, om in die geestelike behoeftes van hulle
broeders te voorsien en om leiding in hulle plaaslike gemeentes te verskaf.
Diegene wie verordineer word om te evangeliseer het ook `n
verantwoordelikheid om die evangelie van Jesus Christus aan ongelowiges te
verkondig, om hulle wie wil luister te leer en om onder alle nasies te doop.
Skrifverwysings:
Joh.15:16 Mat.20:20-28, 28:19-20 Titus 1:5-9 I Tim.3:1-7 I Pet.5:1-10
Joh.21:15-17 Mat.24:14 Efs.4:11-13 Joh.13:14-16 Heb.13:7, 17 Luk.22:24-26
Hnd.13:3, 14:23 I Tim.5:22 II Tim.1:6-14 II Tim.2:1-4, 14-26 II Tim.3:14 -
4:4 Jer.23:28.
CHRISTELIKE FINANSIëLE
VERANTWOORDELIKHEID
Verantwoordelikheid teenoor Gesin:
Die Skrif leer dat Christene
ywerig moet wees om vir hulle gesinne te voorsien. `n Christen wat die
vermoë het om te werk maar geen poging aanwend om sy of haar gesin te
onderhou nie is erger as `n ongelowige. Jesus Christus self het geleer dat
`n Christen eerstens vir sy of haar gesin moet sorg alvorens persoonlike
inkomste vir iets anders gebruik word, offerandes aan God ingesluit. Jesus
het die Jode wie offerandes, of “korban”, aan die tempelskatkis gegee het
terwyl hulle hulle behoeftige ouers verwaarloos het, veroordeel. God wil nie
hê dat Christene die basiese behoeftes van hulle gesinne moet nalaat ten
einde tiendes en offerandes te gee nie. Daardie Christene wie `n beperkte
inkomste het en wat slegs in hulle basiese behoeftes kan voorsien het geen
werklike vermeerdering waaruit tiendes gegee kan word nie. God begeer
barmhartigheid en nie offerandes nie.
Skrifverwysings:
I Tim.5:4, 8, 16 Mrk.7:10-13 Spr.31:10-28, 27:23-27, 28:19.
Verantwoordelikheid teenoor Behoeftiges:
Christene word deur Jesus Christus beveel om die armes en behoeftiges onder
hulle met meegevoel en begrip te ondersteun. `n Christelike gesindheid van
ware liefde en diens behoort die basis vir alle gifte,("giving", in Engels),
te vorm. God wil hê dat elkeen vir wie Hy laat floreer blymoediglik en
gewilliglik uit die hart gee volgens sy of haar vermoë. Diegene wie in
oorvloed het maar nie gee nie weens `n selfsugtige gesindheid is skuldig aan
begeerlikheid en sondig voor God.
Skrifverwysings:
Hnd.2:44-45, 4:34-45 Psm.41:1-3 Spr.28:27, 19:17 Mat.26:11 II Kor.9:1-9
Gal.2:10 Jak.2:14-17.
Verantwoordelikheid teenoor die Kerk:
Dit vereis ongetwyfeld deesdae geld om aan die opdragte van Jesus Christus -
om die evangelie te verkondig, die kudde te voed en om na die behoeftes van
die Kerk om te sien - te kan voldoen. Daarom word Christene deur die Here
Jesus Christus aangesê om hulle finansiële vermoë te deel met diegene wie
hulle in die bediening van God dien. Paulus het geskryf, “Weet julle nie dat
die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die
wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So,[Grieks - houtoos –
netso, op dieselfde manier], het die Here ook vir die wat die evangelie
verkondig, bepaal, [Grieks – diatassoo – om te beveel, aan te sê, opdrag te
gee], dat hulle van die evangelie moet lewe”. (I Kor. 9:13-14).
Diegene wat ondersteuning vanaf hulle broeders ontvang is aanspreeklik
teenoor God en die broeders vir die wyse waarop tiendes en offergawes
aangewend word. Enige leraar wie sy broeders uitbuit om deur intimidasie,
dwang of vrees tiendes en offergawes uit hulle te wurg sal streng
veroordeling van God ontvang.
God waarsku Sy dienaars teen uitbuiting van die armes van Sy kudde en die
neem van die skraal voorrade van die behoeftiges. Desnieteenstaande eer en
seën God die armes wat gee na hulle vermoë, ongeag hoe min dit mag wees, net
soos Jesus die arm en behoeftige weduwee wat haar onbeduidende geldstukkie
gegee het, geprys het.
Skrifverwysings:
I Kor.9:1-14 Luk.21:1-4, 19:12-17, 16:10-13 Sag.7:7-13 I Tim.5:17-18
Luk.10:17 Mat.24:45-51, 6:19-21.
Die
Skriftuurlike Beginsel van Tiende-Gewing:
God het die aarde en al die hulpbronne van die aarde waaruit fisiese rykdom
verkry word, geskep. Alhoewel God die eienaar van al die hulpbronne van die
land en die see is het Hy dit aan die mens gegee om mee te werk, te gebruik
en die voordele daarvan te geniet. Deur dit wat God geskep het te gebruik is
die mens in staat om voedsel te verbou, vee te teel, die woude te oes,
mynbou te be-oefen en uit die see vis te kry. Omdat God al hierdie dinge aan
die mensdom gegee het vereis Hy dat die mens Hom as die Almagtige Voorsiener
en Onderhouer sal erken. Die Skrif openbaar dat God die beginsel van
tiende-gewing bykomstig tot vrywillige offergawes ingestel het as `n
voortdurend manier waarop die mens Hom
kan eer. Die ou Testament
verklaar dat tiendes en offerandes aan God behoort en “heilig aan die HERE”
is. Jesus het hierdie waarheid bevestig toe Hy gesê het, “Betaal...en aan
God wat God toekom”. Die weergawe van Abel se offerande in Genesis maak dit
duidelik dat hiedie praktyk van die begin van die mens af bestaan het en nie
beperk was tot God se verbond met Israel by Sinaï nie.
Voor die instelling van die Ou Verbond was tiendes en offerandes aan God aan
Melgisedek, die priester van die Allerhoogste God, gegee. Die boek Genesis
vertel dat Abraham tiendes aan Melgisedek gegee het. Isak en Jakob het
ongetwyfeld ook tiendes en offerandes aan Melgisedek gegee. Toe God Sy
verbond met Israel gesluit het, het Hy die tiendes en offerandes oorgedra na
die Levitiese priesterskap. God het gesê, “En kyk, Ek gee aan die kinders
van Levi al die tiendes in
Israel.”
Onder die Ou Verbond het God van Sy volk verwag om die eerste vrugte van
hulle oes en die eersgeborenes van hulle vee sowel as `n tiende van die
toename wat hulle uit hulle oeste en vee ondervind het, aan Hom te gee.
God het deur die profeet Maleagi gesê dat die priesters Sy insettinge
oortree deurdat hulle verontreinigde offerandes geoffer het en Hom beroof
het. Net so het diegene wie nie tiendes en offerandes aan die Leviete gegee
het nie, soos wat God beveel het nie, God beroof.
Onder die Nuwe Verbond is die Levitiese priesterskap vervang met die
priesterskap van Melgisedek en is die Skriftuurlike gesag om tiendes en
offerandes te ontvang terug oorgedra aan die orde van Melgisedek. Jesus
Christus, Wie aan die regterhand van God die Vader sit, hou nou die ewige
amp van Hoëpriester van die orde van Melgisedek. Vandag gee Christene
derhalwe hulle tiendes en vrywillige offergawes om die die werk van Jesus
Christus, deur Sy kerk, te ondersteun.
In navolging van die Skriftuurlike beginsel van tiende-gewing is elke
Christen indiwidueel verantwoordelik om sy of haar ware
vermeerdering,("increase", in Engels), te bepaal. Jesus het gesê, “Betaal
aan die Keiser wat die Keiser toekom”, wat aandui dat alle belastings aan
die “Keiser”, (hedendaagse burgerlike regerings), uitgesluit is van die
bepaling van mens se vermeerdering. Verder uitgesluit is mens se uitgawes
wat met mens se besigheid of werk verband hou aangesien dit werklike netto
inkomste verminder. Christene wie se inkomste so beperk is dat hulle hele
netto inkomste nodig is vir hulle basiese lewenskoste, het geen ware
vermeerdering, in God se oë, waaruit tiende-gewing kan plaasvind nie. Die
gee van geld word nie vereis vir redding nie. As `n Christen egter
finansieël deur God geseën is behoort hy of sy gewilliglik te gee soos gelei
deur die Heilige Gees. Elke Christen behoort uit die hart uit en met `n
gewillige gesindheid van liefde en diens, en ooreenkomstig die seëninge wat
God verleen – beide geestelik en fisies – te gee.
Skrifverwysings:
Gen.1:26-28 Deu.8:1-18 Gen.4:3-7 Num.18:1-29 Mal.3:7-11 Heb.7:1-10 I
Sam.2:12-17 Mal.1:6-14, 2:1-10 Mat.22:21,
5:17-20,
6:19-21.
DIE
EVANGELIE
Die woord evangelie beteken “blye boodskap”. Die evangelie is die wonderlike
boodskap van God se reddingsplan vir die ganse mensdom deur die lewe, dood
en opstanding Van Jesus Christus, Sy eniggebore Seun. Die Nuwe Testament
noem hierdie boodskap die evangelie van genade. Die evangelie van genade is
die blye boodskap dat Jesus Christus die Redder van die wêreld is en dat,
deur Sy bloed, elkeen wat hom of haar bekeer en in Hom glo se sondes vergewe
kan word en die Godfamilie deelagtig kan word. Die evangelie is ook `n
boodskap oor die komende koninkryk van God op aarde. Dit is die goeie nuus
dat wanneer Jesus Christus terugkeer na die aarde, Hy die koninkryk en
regering van God sal instel. Hy sal oor alle nasies as Koning van konings en
Heer van here regeer. Die heiliges wie onsterflikheid met die eerste
opstanding ontvang sal die koninkryk saam met Jesus Christus beërwe en as
konings en priesters saam met Hom heers en regeer. Die evangelie moet aan
alle nasies as `n getuie gepredik word voordat Jesus Christus terugkeer om
Sy koninkryk te vestig. Deur die prediking van die evangelie berei God
heiliges vir Sy koninkryk deur diegene wie Hy kies tot inkering en bekering
te roep.
Skrifverwysings:
Hnd.20:24 Joh.3:16 I Joh.2:1-2 Mrk.1:14-15 Mat.24:14 Rom.10:8-18
Mrk.16:15-16 Mat.28:19-20 Jes.9:6-7 Hnd.11:19-21 Rom.8:16-17 I Kor.15.
DIE
KONINKRYK VAN GOD
Die koninkryk van God is die regering van die Godfamilie. Die koninkryk van
God heers tans oor die heelal. Alhoewel die koninkryk van God nie nou oor
die aarde regeer nie, is almal wat die Gees van God het onder die heerskappy
van God die Vader deur die heerskap van Jesus Christus. Die koninkryk van
God sal heringestel word op aarde by die wederkoms van Jesus Christus as
Koning van konings en Heer van here. Op daardie tydstip sal die
Duisendjarige Ryk begin en sal die onsterflike heiliges, as die seuns van
God, as konings en priesters saam met Jesus Christus in die koninkryk van
God heers. Nadat God die Vader die nuwe
Jerusalem vanaf die hemel na
die nuwe aarde gebring het sal die koninkryk van God vir ewig oor die hele
heelal heers vanuit die nuwe Jerusalem.
Skrifverwysings:
Opb.2:26 Dan.2:44 Mig.4:1-4 Opb.3:12, 21 Heb.11:13-16 I Kor.15:50-54
Opb.5:10 Jes.11:1-10 Kol.1:13 Opb.21 Jes.66:22-23 Joh.3:3-7.
DIE
OPSTANDINGS
Die Bybel openbaar twee duidelik onderskeibare tipes opstanding uit die dood:
1) herstel tot fisiese lewe as `n vleeslike mens, en, 2) transformering tot
ewige lewe as `n onsterflike geestelike wese.
Die Skrif is rekord van die opstanding van indiwiduele mense tot fisiese
lewe, op verskillende tye, deur die wil van God. So was daar, in Ou
Testamentiese tye, `n weduwee se seun deur die gebed van die profeet Elijah
tot lewe herstel. Jesus se opwekking van Lasarus uit die dood is `n
welbekende voorbeeld uit Nuwe Testamentiese tye. Hierdie was spesiale
barmhartigheidshandelinge van God wat die fisiese lewe van die indiwidue
verleng het. Diegene wie God op hierdie wyse opgewek het is nie
onsterflikheid gegee nie maar het almal weer gesterf.
Jesus Christus was die eerste om tot onsterflikheid opgewek te word deur die
krag van God die Vader. Ten einde mens te word het Jesus Homself van Sy
heerlikheid en mag as die Here God van die Ou Testament, ontdaan. Nadat Hy
uit die dood opgewek is, is Hy tot Sy volle heerlikheid, mag en eer as God,
herstel. Jesus Chistus word die Eersgeborene vanuit die dood genoem want Hy
is die eerste van veelvoudige miljoene wie tot onsterflikheid opgewek sal
word. Wanneer Jesus Christus terugkeer na die aarde sal alle ware Christene
wie gesterf het, opgewek word tot die ewige lewe as onsterflike geestelike
wesens. Daardie Christene wat nog leef met die wederkoms van Jesus Christus
sal in `n oogwink van vlees na gees verander word. Hierdie transformasie na
gees is die nuwe geboorte, wanneer die heiliges van God -dood en lewend-
waarlik “wedergebore” word, in die Godfamilie in. Al die heiliges sal uit
gees saamgestel wees, net soos wat God uit gees samgestel is, en sal
volwaardige lede van God se goddelike Familie wees. Hulle sal saam met Jesus
Christus as konings en priesters op die aarde heers. Hierdie opstanding word
in die Bybel as die eerste opstanding beskryf.
Na die duisendjarige heerskappy van Jesus Christus en Sy heiliges, sal daar
`n opstanding tot fisiese lewe van diegene wie sonder `n geleentheid tot
redding gesterf het, wees. Gedurende hierdie tweede fisiese lewe sal elkeen
van hulle sy of haar eerste en enigste geleentheid tot redding deur Jesus
Christus kry. Diegene wie die redding van God ten volle aanvaar sal die
Godfamilie as geestelike wesens binnegaan. Diegene wie egter die redding
deur Jesus Christus verwerp sal tot die ewige dood veroordeel word. By hulle
sal al die ongeneeslik verharde boses wie deur die hele geskiedenis gesterf
het, en ook tot fisies lewe opgewek sal word, aansluit. Almal wat geweier
het om redding te aanvaar en wie wetend en opsetlik die onvergeeflike sonde
- laster teen die Heilige Gees van God die Vader - gepleeg het, sal opgewek
word om die finale oordeel van God te ontvang. Hulle vonnis sal wees om in
die poel van vuur te sterf. Hierdie is die tweede en finale dood waaruit
daar geen opstanding is nie.
Skrifverwysings:
I Kon.17:17-24 Joh.11:20-44 Mrk.5:35-42 I Kor.15:3-4, 20-23 Rom.1:4
Heb.2:9-10 Joh.5:28-29 I Kor.15:23, 35-55 Opb.20:4-6 Mat.27:52-53
Opb.20:11-12 Esg.37:1-14 Opb.20:11-15 II Pet.3:10-12 Mat.25:41-46.
EWIGE
OORDEEL
God oordeel nou elke gelowige wie op hierdie tydstip geroep is. God se
oordeel van `n persoon begin wanneer Hy sy of haar verstand open om God se
lewenswyse te verstaan. Met Sy liefde, genade en barmhartigheid gee God aan
elkeen wie toegee aan Sy Heilige Gees, die sterkte en krag om in liefde,
geloof en genade te groei en om menslike natuur, die wêreld en Satan die
duiwel, te oorkom. God die Vader hou elke indiwidu persoonlik
verantwoordelik om in kennis van Sy Woord en in die geestelike statuur en
volheid van Sy Seun, Jesus Christus, te groei. Soos wat die gelowige God met
sy of haar hele hart liefhet en in getroue gehoorsaamheid aan Sy Woord lewe,
word die geregtigheid van Jesus Christus aan hom of haar as `n gawe van God
toegereken. Die gelowige word dan geoordeel as synde in geheel regverdig en
blaamloos voor God die Vader te wees. Almal wat in hierdie toegerekende
geregtigheid van geloof bly sal in die eerste opstanding wees en sal die
ewige lewe met die terugkeer van Jesus Christus ontvang.
Diegene wat deur die eeue nie geleentheid tot redding gedurende hulle
leeftyd gehad het nie sal tot fisiese lewe herstel word met die tweede
opstanding wat na die duisendjarige heerskappy van Jesus Christus en die
heiliges, sal plaasvind. Elkeen wat met die tweede opstanding opgewek word
sal dieselfde geleentheid tot redding as diegene van die eerste opstanding
hê. Elkeen sal die weg van redding geleer word en sal die geleentheid tot
bekering kry en om die offerande van Jesus Christus ter vergifnis van sonde,
te aanvaar. Aan elkeen sal dieselfde tydsperiode gegee word om God se weg
van redding te kies. Hierdie tydperk, wat die Groot Wit Troon Oordeel genoem
word, sal klaarblyklik vir 100 jaar duur. Gedurende hierdie tydperk sal
elkeen wie in ooreenstemming met God se wil leef en in genade en in kennis
en in die karakter van Jesus Christus groei, ewige lewe ontvang.
Teen die einde van hierdie tydperk van oordeel sal almal wie redding gekies
het die koninkryk van God as geesseuns van God binnegegaan het. Op daardie
tydstip sal almal wie die geleentheid op redding verwerp het, tot die tweede
dood veroordeel word – hulle ewige oordeel. Al die ongeneeslik verharde
boses van alle eeue wat die onvergeeflike sonde begaan het, en wie opsetlik
die redding van God verwerp het, sal tot fisiese lewe opgewek word om by die
lewende boses aan te sluit ten einde hulle ewige oordeel – die tweede dood,
te ontvang. God sal al die onversetlike boses gelyktydig in die poel van
vuur vernietig. Hierdie is die tweede dood waaruit daar geen opstanding is
nie.
Skrifverwysings:
I Pet.4:17 Mig.4:1-4 Heb.10:26-27 Rom.2:16 Hnd.10:42 Opb.20:11-14
Rom.14:10-12 II Pet.2:9 Opb.20:5-6 I Sam.16:7 II Tim.4:8 Esg.37:12-14.
DOOP
VAN VUUR
Die doop van vuur is nie `n doop wat deur geesverwekte kinders van God
gesoek moet word nie, soos sommige leer nie, maar is `n doop wat uitgehou is
vir die onversetlike boses. Die Skrif openbaar dat hierdie vuurdoop die
ewige vernietiging van die boses is deur dompeling in die poel van vuur en
swael. Diegene wie in die poel van vuur gewerp word sal nie vir ewig
gemartel word nie maar sal verbrand. Hierdie is die finale en permanente
dood en God se finale oordeel oor die onboetvaardige, ongeneeslik verhardes
wat die onvergeeflike sonde gepleeg het en opsetlik Sy Weg van redding deur
Jesus Christus, verwerp het. Almal wie hulle harte verhard het in hulle
ongeregtighede en rebellering teen God en wat die onvergeeflike sonde
gepleeg het deur wetend teen die Heilige Gees weerstand te bied en dit te
laster, waardeur dit onmoontlik geraak het om hulle tot inkeer te lei, is
onversetlike boos en sal saam in die poel van vuur vernietig word.
Skrifverwysings:
Mat.3:11-12 Opb.20:14-15 Mal.4:1-3 Mat.12:31-32 Opb.21:8.
If you
would like to download the complete Text version (.txt) to your computer,
please right-click here.
Then select "save link as" or "save target as" to save
the file to your computer.
Gepubliseer deur:
Christian Biblical Church of God
PO Box 1442
Hollister, CA. 95024-1442
U.S.A.
***Hierdie brosjure
afkomstig vanaf die Christian Biblical Church of God se webwerf,
http://www.cbcg.org/.