Wat beteken dit
om “uit God gebore” te wees?
Vertaal
deur Helmut Burger
Voorwoord
Hierdie boekie is
oorspronklik in Engels geskryf deur Fred R. Coulter, leraar van die
Christian Biblical Church of God, Hollister, Kalifornië, VSA.
Wat hier onder volg is
nie `n letterlike vertaling nie maar eerder `n verwerking. Die rede hiervoor
is eenvoudig omdat die oorspronklike artikel deur die outeur geskryf is vir
die Engelssprekende leser wat met die King James Weergawe van die Bybel
vertroud is.Om sekere gedeeltes van die artikel relevant en meer toepaslik
vir die Afrikaanse leser te maak, hoofsaaklik waar hierdie aspekte ter
sprake kom, is die artikel hier en daar aangepas. Wat die kernonderwerp van
die oorspronklike artikel egter aanbetref, naamlik die Skriftuurlike
betekenis van die begrip “uit God gebore”, is daar egter so na as moontlik
aan `n letterlike vertaling gebly.
Laastens – alle Skrifaanhalings is uit die
1953(Hersiene) Uitgawe van die Bybel In
Afrikaans.
Inleiding
Daar heers
groot verwarring oor die begrippe “wedergebore”
en insgelyks, “uit God gebore”. Jesus leer in Johannes 3:2-12 dat,
om wedergebore te wees, letterlik beteken om uit
die Gees gebore te word, `n geestelike wese te word, wat met die eerste
opstanding, wanneer Jesus Christus terugkeer, sal plaasvind. Jesus Christus
is die eersgeborene uit die dood. Niemand anders
is al tot die ewige lewe opgewek nie – niemand is nog wedergebore nie.
Daarbenewens is die frase “uit God gebore” die gevolg van twee verkeerd
vertaalde Griekse woorde, die resultaat van die wanopvatting dat mens, met
bekering, wedergebore word.
`n
Wanvertaling van I Johannes 3:9
Die foutiewe vertaling van twee Griekse
woorde in I Johannes 3:9 in die Engelse King James asook die Afrikaanse
vertaling, lê aan die wortel van die probleem. Die 1953, (hersiene),
Afrikaanse vertaling lees: “9Elkeen
wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in
hom bly; en hy kan nie sondig nie,
want hy is uit God gebore”( I Joh. 3:9).
Hierdie vers, soos hier vertaal, veroorsaak onversoenbare teenstrydighede
met ander skrifgedeeltes, nie net in die Brief
van Johannes I maar ook die res van die Nuwe Testament.
In teenstelling met hierdie verkeerde
vertaling, het Johannes geskryf dat Christene wat die Heilige Gees het wel
sondig en dat dit vir hulle nodig is om hulle sondes voor Jesus Christus te
bely ter vergewing daarvan:
“7Maar
as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met
mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle
sonde.
8As
ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself
en die waarheid is nie in ons nie.
9As
ons ons sondes bely,
Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van
alle ongeregtigheid te reinig.
10As
ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar
en is sy woord nie in ons nie.
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan
julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het
‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
2En
Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie,
maar ook vir dié van die hele wêreld” ( I Joh. I:7-10;
2:1-2).
In dieselfde brief het
Johannes geskryf dat, as iemand `n broeder sou sien sondig, (dit is, `n
sonde wat nie tot die dood is nie – m.a.w. `n sonde wat nie vergewe kan word
nie), hy vir daardie broeder moet bid en dat God aan hom lewe sou skenk, dit
is, vergifnis sal skenk: “16As iemand sy broeder ‘n sonde sien
doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe
gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot
die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17Alle ongeregtigheid
is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie” (I Joh. 5:16-17).
Hier volg `n
lys van skrifgedeeltes uit die eerste, tweede en
vyfde hoofstukke van Johannes I wat in direkte kontras is met I Joh. 3:9,
soos dit tans vertaal staan, “9Elkeen wat uit God gebore is, doen
geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy
kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore”.
I Joh. 1:7-10; 2:1-2
and 5:16-17:
1) Die bloed van Jesus
Christus reinig ons van elke sonde
2) As ons sê dat ons
nie sonde het nie, mislei ons onsself
3) As ons ons sondes
bely … om ons die sondes te vergewe
4) Hy reinig ons van
alle ongeregtigheid
5) As ons sê dat ons
nie gesondig het nie maak ons Hom tot leuenaar
6) Ek skryf hierdie
dinge aan julle sodat julle nie moet sondig nie
7)
as
iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus
8)
Hy is ‘n versoening vir ons sondes
9)
nie
alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld
Dit sou totaal
teenstrydig wees vir Johannes om in die eerste en
laaste gedeelte van sy kort brief te skryf hoe dat bekeerde broeders wel
sondig en vergifnis nodig het en terselfdertyd in I Joh. 3:9
te skryf dat “9Elkeen
wat uit God gebore is, doen geen sonde nie” en “en hy kan nie sondig nie”.
Aangesien die skrifgedeeltes mekaar nie
kan
weerspreek nie, wat dan, is die oplossing?
Twee verkeerd
vertaalde woorde in I Johannes 3:9:
Slegs Jesus is wedergebore deur die opstanding uit die dood. Niemand
anders sal wedergebore word uit die dood totdat
Jesus Christus terugkeer nie. Verdermeer is vers 9, soos vertaal, nie op
Jesus Christus van toepassing nie en kan ook nie op Christene van toepassing
wees nie angesien nie een van hulle uit die dood uit opgewek is nie. `n
Verdere bestudering van hierdie vers bring twee woorde wat verkeerd uit die
Grieks vertaal is, aan die lig.
“Uit God
gebore”: Die eerste
wanvertaalde woord word in die sinsdeel, “uit God gebore”, aangetref.
Die woord, “gebore”, is vertaal vanaf die Griekse
gennaw
gennao. Afhangende van die
konteks van die tersaaklike skrifgedeelte waarin die woord gennao
voorkom, kan
dit hetsy as “verwek” of as “gebore” en ook, van `n vrou, om lewe aan `n
kind te skenk, soos reeds gestel. In die Engelse King James byvoorbeeld, is
gennao 55 keer as “beget, begat” of “begotten”,
(“verwek”), 37 maal as “born” en 4 keer as “conceive, bear, brought forth,
deliver,” of “gender”, vertaal. (Wigram,
Englishman’s Greek Concordance of the New Testament).
In die geslagsregister
van Jesus se fisiese afstamming word gennao 42 keer gebruik en is
korrek as “verwek” vertaal omdat die geslagslyn deur die vader, wat die seun
“verwek”, loop.
Dit sou dus in hierdie
verse waarin die geslagsregister aangegee word verkeerd gewees het
om gennao as “gebore” te vertaal aangesien
vaders nie geboorte skenk nie; hulle “verwek”. Ook in die geval van Mattheus
1:20 is gennao, in die 1953 Afrikaanse vertaling ten minste, korrek
as as “verwek is” vertaal. “20Maar terwyl hy dit in die gedagte
gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê:
Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria,
jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die
Heilige Gees (Matt. 1:20).
Lukas het ook die
werkwoord gennao in sy weergawe van die engel Gabriël se aankondiging
aan Maria, gebruik. In Lukas 1:35 staan daar: “ 35En
die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die
krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook
sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem
word.”
In hierdie sinsdeel is
gennao egter nie, in die oorspronklike Grieks, in die toekomstige tyd
geskryf nie.Inteendeel, dit is in die enkelvoudige, onsydige, teenwoordige
of onvoltooide tyd, passiewe vorm van die
werkwoord geskryf, te wete,
gennwmenon gennomenon.
Met ander woorde, die korrekte vertaling is
eerder: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste
sal jou oorskadu. Daarom sal die Heilige wat in
jou verwek word, die Seun van God genoem word”. Hierdie gebruik van
die teenwoordige tyd, passiewe vorm van die deelwoord dui aan dat , terwyl
Gabriël besig was om met Maria te praat, God die Vader besig was om, deur
die krag van die Heilige Gees, haar te bevrug, met ander woorde, lewe in
haar te “verwek”. Dit is daarom verkeerd om die
teenwoordige tydsvorm van die deelwoord gennao in hierdie vers as `n
toekomstige gebeurtenis te vertaal. Alhoewel dit waar is dat daar `n
geboorte in die toekoms sou plaasvind, is dit nie die letterlike betekenis
van gennomenon nie. Die teenwoordige tydsvorm slaan hier op wat die
Heilige wat besig was om in haar verwek te word,
genoem sou word en nie op Sy toekomstige geboorte nie.
Teen hierdie agtergrond
kan
die eerste gedeelte van I Johannes 3:9 gekorrigeer word deur gennao
eenvoudig as “verwek” in stede van “gebore”, te vertaal. Gevolglik lees die
korrekte vertaling dan: “Elkeen wat deur God verwek is…”.
Die sinsdeel “wat …verwek is” word vertaal vanaf die Griekse deelwoord,
gegennhmenov gegennemonos,
wat die verlede tyd, passiewe deelwoordvorm van die werkwoord gennao
is. Dit beteken dat die verwekking alreeds, in die verlede, plaasgevind het.
Net soos in die lewe van mense, is `n verwekking nie `n geboorte nie. Die
verwekking gebeur eers en dan, na `n tydperk van
swangerskap, vind die geboorte plaas.
“Doen
geen sonde nie”:
Die tweede sinsdeel in I Joh. 3:9 wat nie
akkuraat vertaal is nie, is: “doen geen sonde nie”. Daar
bestaan geen twyfel dat bekeerde mense sondig nie. Maar, met opregte
berou en bekering daarvan, deur die genade van God en die bloed van Jesus
Christus, kan
daardie sondes vergewe word. Die sleutel tot begrip van hierdie sinsdeel is
`n akkurate vertaling van die Griekse werkwoord
poiei
poiei,
vertaal as “doen”. Soos in vers 9 gebruik is
poiei
poiei
in die derde persoon-, enkelvoud-,
teenwoordige tyd- vorm van die werkwoord
poiew
poieo wat beteken: “to do, generally,
, i.e., habitually, to perform, to execute,
to exercise, to practice, i.e., to pursue a
course of action, to be active, to
work …” (Berry, Greek-English Lexicon of the New
Testament, p. 81).
Die tema
van Johannes se sendbrief is nie die Christen se onvermoë
om te sondig nie. Daarom
beteken poiei in hierdie konteks beoefening in die sin van
gewoonte. As poiei in vers 9 as “beoefen nie sonde nie”,
weergegee word, dan ruim dit die teenstrydighede uit die weg. Die korrekte
vertaling van hierdie gedeelte van I Joh. 3:9 is dus: “Elkeen wat deur God
verwek is beoefen nie sonde nie”. Hierdie stelling is ook waar en dra die
oorspronklike betekenis van die Grieks oor. Die betekenis van poiei
word dan ook deurgetrek in die tweede gedeelte van vers 9 wat dan moet lees,
“kan nie sonde beoefen nie”. Die hele vers, akkuraat vertaal, is dan:
“Elkeen wat deur God verwek is beoefen nie sonde nie want Sy saad van
verwekking bly in hom en hy kan nie sonde beoefen
nie want hy is deur God verwek”. Hierdie vertaling strook met die res van
Johannes se sendbrief en ruim alle teenstrydighede uit die weg.
Die
Bekeringservaring en -Proses.
Jesus het gesê, “14Want
baie is geroep, maar min uitverkies.” (Matt. 22:14).
Hoekom word net min gekies? Dit is omdat die baie nie op God se
roeping reageer nie. Alhoewel hulle die woord hoor, gee hulle nie oor aan
God nie. Die min wat reageer gee hulleself aan God oor en dan begin Hy met
hulle werk. Jesus het hierdie feit duidelik met die gelykenis van die saaier
en die saad geïlustreer: “
18Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.
19As
iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en
roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs
die pad gesaai is.
20En
by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit
dadelik met blydskap aanneem;
21maar
hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar
verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
22En
by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg
van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy
word onvrugbaar.
23En
by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en
verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd-,die
ander sestig-, die ander dertigvoudig.” (Matt. 23:18-23).
Wanneer `n mens begin
om op die roep van God te reageer, begin God die
Vader mens trek. Jesus het gesê: “44Niemand
kan
na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal
hom opwek in die laaste dag.” ( Joh. 6:44). Die
Vader hou aan om `n mens te trek solank as wat
mens bly glo en die Woord van God gehoorsaam soos wat mens dit leer. Maar,
sou mens in enige stadium die roeping en nadertrekking van God weerstaan,
dan, ooreenkomstig die oordeel van God, hou Hy op om
met so-`n persoon te handel.
Bekering:
Die roeping deur God die Vader
en Jesus Christus gaan uit deur die prediking van die Evangelie en deur die
lees van die Woord van God. Inkering, (as een van die komponente van
bekering, ook genoem “sondebesef”), is die eerste stap in die proses van
beantwoording van die roeping van God. Alhoewel dit die Heilige Gees is wat
mens van sonde oortuig en tot inkering lei, (Rom. 2:4), moet elke mens self
kies of hy of sy hom of haar wil bekeer van sonde (Luk. 13:1-5).
Toe Petrus in 30 nC op
die dag van die Fees van Weke, ook genoem “Pinkster”, so kragtig die
evangelie verkondig het en hy van die dood en opstanding van Jesus gepraat
het, het hy dit duidelik gemaak dat elkeen van die mense daar teenwoordig,
se sondes Jesus gekruisig het. Hierdie boodskap het duisende tot bekering en
doop gelei: “36Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet
dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig
het.
37Toe
hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref
en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
38En
Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word
in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die
gawe van die Heilige Gees ontvang.
39Want
die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat
die Here onse God na Hom sal roep.
40En
met baie ander woorde het hy hulle besweer en
vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
41Die
wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié
dag omtrent drie duisend siele toegebring.” (Hnd. 2:36-41). Ware, goddelike,
sondebesef lei tot bekering: “19Kom dan tot inkeer en bekeer
julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die
aangesig van die Here mag kom,” (Hnd. 3:19).
Doop:
Die tweede stap in antwoord op
God se roep, is waterdoop.
Soos Petrus verkondig het, moet die gelowige bekeerling gedoop word.
Die doop is met volle onderdompeling in water en dit verteenwoordig die
gelowige bekeerling se vereniging in die dood van Jesus Christus ter
vergifnis van sondes. Die apostel Paulus het soos volg oor die ware
betekenis van die doop geskryf: “Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde
bly dat die genade meer kan word?
2Nee,
stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe
kan ons nog daarin lewe?
3Of
weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood
gedoop is nie?
4Ons
is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos
Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook
so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
5Want
as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal
ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
6aangesien
ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van
die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie
meer die sonde sou dien nie.
7Want
hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
8As
ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal
lewe, [met die eerste opstanding]
9omdat
ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie
meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie
meer nie.
10Want
die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd
gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
11So
moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir
God in Christus Jesus, onse Here.
12Laat
die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers
dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees
nie.
13En
moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van
ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense
wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van
geregtigheid in die diens van God.” (Rom. 6:1-13).
Diegene wat gedoop is,
is dood vir `n lewe van sonde-beoefening, om te
sondig as `n lewenswyse. Hulle moet in nuutheid van lewe wandel en nie
toelaat dat sonde in en oor hulle vleeslike liggame heers nie, maar daarteen
veg om sodoende elke gedagte in gevangeneskap tot
gehoorsaamheid van Jesus Christus (II Kor. 10:4-5). Aangesien diegene wat
gedoop is steeds sterflike liggame het is dit
voor-die-handliggend dat hulle nog nie wedergebore is as geestelike wesens
nie. Veeleerder is hulle “verwek” toe hulle die Heilige Gees ontvang het –
God die Vader se “saad” leef in hulle.
Ontvangs
van die Heilige Gees:
Die derde stap in hierdie proses
is om die Heilige Gees te ontvang, wat volg op bekering en doop. Die apostel
Petrus het gesê: “Bekeer julle, en
laat elkeen van julle gedoop word…tot vergewing van sondes, en julle sal
die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Die gawe van die Heilige Gees
word gegee deur die oplegging van hande (Hand. 8:14-17; 19:5-6).
Wanneer iemand die
Heilige Gees ontvang word hy of sy verwek en ontvang die “saad” van ewige
lewe vanaf God die Vader. Daarom het die apostel Johannes in I Joh. 3:9
geskryf: “Elkeen wat deur God verwek is
beoefen nie sonde nie want Sy saad van verwekking bly
in hom en hy
kan nie sonde beoefen nie want hy is deur God verwek”
Die Griekse woord vir “saad” is
sperma
sperma sperma. Hierdie selfde
woord word in Afrikaans gebruik vir die saad van
mens se natuurlike vader. Die vader se sperm verwek of bevrug die moeder se
eiersel en `n nuwe lewe word ontvang – verwek, maar om nog gebore te word.
Net so, wanneer mens die Heilige Gees ontvang, verwek God die Vader die
gelowige bekeerling met Sy saad van ewige lewe en `n nuwe geestelike lewe
word ontvang – verwek, maar om nog gebore te word. So lank as wat die saad
van ewige lewe van God in hom bly, sal die
gelowige nie uit gewoonte sonde beoefen nie. God se Gees sal van sonde in
hart en verstand oortuig en hom tot berou en inkering, bekering, lei, wat
tot herstel lei.
Die Ooreenkomste
Tussen Fisiese en Geestelike Verwekking
Toe God die mens in die
begin gemaak het, het Hy gesê, “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons
gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van
die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die
aarde kruip.
27En
God het die mens geskape na sy beeld; na die
beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
28En
God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees
vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die
visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die
aarde kruip.” (Gen. 1:26-28).
Soos verhaal in die
eerste hoofstuk van Genesis, het God die mens met die vermoë geseën om in Sy
skepping te deel deur kinders in die wêreld in te bring – hulleself in
werklikheid voort te plant – kinders na hulle eie beeld. Hy het dit
verordineer dat kinders die resultaat sal wees van liefde en die “een-vlees”
vereniging tussen man en vrou. So het die mense-familie
tot groot getalle aangegroei. Net so is God besig
om Homself voort te plant in mense deur die geestelike proses van
bekering wat met sondebesef, doop en verwekking deur die Heilige Gees begin
– die saad van ewige lewe vanaf God die Vader. Diegene wat getrou
bly tot die einde sal weer gebore word met die
eerste opstanding, in Sy geestelike familie in – herskep na Sy geestelike
beeld om in Sy heerlikheid te deel en vir ewig te lewe.
Verseël deur die
Heilige Gees
Hoe word mens met die Heilige Gees
“verseël”? God die Vader verwek die gelowige bekeerling met die saad van
ewige lewe deur die krag van die Heilige Gees wat met die gees van sy of
haar verstand verenig en hulle word geseël. Paulus het verduidelik dat die
verwekking met die Heilige Gees net die voorsmaak, die godspenning, van die
erfdeel van God is: “11in
Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe
verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die
raad van sy wil,
12sodat
ons kan
wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop
het,
13in
wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van
julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,
verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
14wat
die onderpand is van ons erfdeel
om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.” (Eff. 1:11-14). En
weer, “21Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en
ons gesalf het, is God,
22wat
ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons
harte gegee het.” (IIKor.
1:21-22).
Weer Verwek: Die apostel Petrus het oor
hierdie nuwe verwekking geskryf: “Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan
die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië
en Bithínië,
2uitverkore
volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees,
tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag
genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
3Geseënd
is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote
barmhartigheid ons die wedergeboorte [wederverwekking] geskenk het tot ‘n
lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
4sodat
ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis
kan
verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
5wat
in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed
is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
23want
julle is wedergebore [weer verwek] nie uit verganklike saad nie, maar uit
onverganklike, deur die lewende
woord van God wat tot in ewigheid bly” (I Pet.
1:1-5, 23). Petrus het in die aangehaalde skrifgedeeltes die Griekse woord
anagennaw
anagenao
gebruik, wat letterlik “weer verwek” beteken.
Wat Petrus aangaande hierdie wederverwekking
geskryf het is presies wat die apostel Johannes bedoel het toe hy nog twee
addisionele opmerkings geskryf het oor die verwekking deur God: “Elkeen
wat glo dat Jesus die Christus is, is uit [deur] God gebore [verwek]; en
elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore
[verwek] is.
18Ons
weet dat elkeen wat uit [deur] God gebore [verwek] is, nie sondig nie
[sonde beoefen nie]; maar hy wat uit [deur] God gebore [verwek] is,
bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.”
(Joh. 5:1, 18).
Verlossing is
Skepping:
`n
Nuutverwekte kind in die moeder se baarmoeder is die begin van `n nuwe
skepping. Gedurende die nege maande periode van swangerskap word die
nuutverwekte baba voortdurend gevorm volgens die patroon van die gene en
chromosome wat hy of sy van sy of haar moeder en vader ontvang het, totdat
die baba ten volle ontwikkel is. Die baba moet fisies vir die hele termyn
groei ten einde gebore te word. Op dieselfde
manier moet `n nuutverwekte gelowige ook geestelik groei ten einde tydens
die eerste opstanding weer gebore te word. `n
Christen se geestelike groei lewer goddelike karakter soos wat hy of sy
geestelik herskep word na die beeld van God die Vader. Dit is onontbeerlik
vir elke verwekte Christen, om: “18Maar
julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker,
Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van
die ewigheid. Amen.” (II Pet. 3:18).
Deur `n liefdevolle
geestelike verhouding met God die Vader en Jesus Christus deur daaglikse
gebed, bybelstudie en te wandel volgens die
gebooie van God, groei mens geestelik. Hierdie nuwe geestelike skepping is
die werk van God die Vader en Jesus Christus deur die krag van die Heilige
Gees. Die gelowige se geestelike groei is die resultaat van die deurlopende
werkmanskap van God: “8Want uit genade is julle gered, deur die
geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
9nie
uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
10Want
ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God
voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”
(Eff. 2:8-10).
Deur die krag van die Heilige Gees word die
Christen `n nuwe mens deurjou los te maak van die
ou, vleeslike self en lewenswyse en mens in die gees van jou denke hernuwe
word. Paulus het geskryf dat God voortdurend in die hart en verstand van
elkeen wat Hy met Sy Gees verwek het, werk: “22dat
julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat
deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
23en
dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
24en
julle met die nuwe mens moet beklee wat na
God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Efe. 4:22-24).
God is besig
om `n wonderbare nuwe skepsel binne-in elke ware
Christen deur die krag van die Heilige Gees te vervolmaak: “17Daarom,
as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het
verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (II Kor. 5:17).
Paulus het ook in Galasiërs 4:19, dit wat
God in elke ware Christen doen, as “ Christus in
julle `n gestalte..”, beskryf. Hy het geskryf dat aan die heiliges insig en
begrip van, “26naamlik
die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou
geopenbaar is aan sy heiliges,
27aan
wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie
verborgenheid onder die heidene is, dit is
Christus onder [in] julle, die hoop van die heerlikheid.” (Kol.
1:26-27), gegee is.
Alhoewel dit God die
Vader en Jesus Christus is wat die vervolmaking doen, moet elke nuutverwekte
kind van God in liefdevolle gehoorsaamheid toegee. Geestelike groei vind in
die hart en die verstand plaas: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die
ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en
aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
2En
word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die
vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en
welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom.
12:1-2).
God vernuwe deurlopend
die verstand deur die krag van die Heilige Gees deur Sy wette en gebooie in
ons harte te skryf: “15En ook die Heilige Gees gee aan ons
getuienis;
16want
nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná
dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in
hulle verstand sal Ek dit inskrywe,” (Heb. 10:15-16). Hierdie werking
kan
vergelyk word met die werklike herprogrammering van die Christen se hart en
verstand – die proses van bekering.
Ware Christene wat weer
verwek is deur die saad van ewige lewe van God die Vader word op hierdie
manier vervolmaak. Die ou vleeslike verstand en die liggaam van sonde moet
dood gemaak word deur die krag van die Heilige Gees: “5Maak
dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid,
hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
6waardeur
die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
7waarin
julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
8Maar
nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster,
skandelike taal uit julle mond.
9Lieg
nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
10en
julle jul met die nuwe mens beklee het
wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
11waar
daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf,
vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.” (Kol. 3:5-11). En weer,
“ 16Daarom gee ons nie moed op nie,
maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens
dag ná dag vernuwe.” ( II Kor. 4:16).
Ten einde `n oorkommer
te wees moet Christene hulle sondes voortdurend ter harte neem en voor God
bely en om vergifnis vra met hartgrondige gebed: “ 7Maar as ons
in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar;
en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
8As
ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie
in ons nie.
9As
ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om
ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
(I Joh. 1:7-9).
Soos ons gesien het is
dit God die Vader en Jesus Christus wat die suiwering en reiniging deur die
krag van die Heilige Gees doen. Jesus gebruik die Woord van God
om die hele kerk te reinig want “…soos Christus
ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
26om
dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die
waterbad deur die Woord,
27sodat
Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets
dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.” (Efe. 5:25-27).
Die “wassing met water deur die Woord” word bewerkstellig deur daaglikse
bybelstudie en gebed, gepaardgaande met die hernuwing van die Gees. Paulus
het so oor die bekeringsproses en hernuwing van die Heilige Gees geskryf: “3Want
ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan
allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe;
ons was haatlik en het mekaar gehaat.
4Maar
toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens
verskyn het—
5nie
op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar
na sy barmhartigheid het Hy ons gered
deur die bad van die wedergeboorte [wederverwekking] en die vernuwing
deur die Heilige Gees
6wat
Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
7sodat
ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop
van die ewige lewe.” (Titus 3:3-7).
Die resultate van die
geestelike opwekking en hernuwing van die Christen se verstand is dat die
wette en gebooie van God op die tafels van die hart (Heb. 8:10; 10:16-17),
geskryf word en om om in geestelike karakter te groei ten einde die
gesindheid van Christus te verkry: “As daar dan enige troos in Christus is,
as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die
Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
2maak
dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees
en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
3Moenie
iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een
die ander hoër ag as homself.
4Julle
moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie,
maar elkeen ook na die ander s’n.
5Want
hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.”
(Fil. 2:1-5).
Die Liefdevolle
Teregwysinge van God:
God die Vader wys al Sy verwekte kinders
deur die omstandighede van die lewe tereg. Net soos wat dit nodig is
om kinders tereg te wys ten einde hulle op koers
te hou, wys God Sy verwekte kinders tereg om hulle Sy Weg te leer. Paulus
het geskryf: “5En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat
tot julle as seuns spreek: My seun, ag die
tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf
word nie;
6want
die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty
elke seun wat Hy aanneem.
7As
julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is
daar wat die vader nie tugtig nie?
8Maar
as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle
onegte kinders en nie seuns nie.
9Verder,
ons het ons vaders na die vlees as kastyders
gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die
Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
10Want
húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste
wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid
kan deelagtig word.
11Nou
lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie,
maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van
geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
12Daarom,
rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
13en
maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is,
nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
14Jaag
die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die
Here sal sien nie;” (Heb. 12:5-14).
Teregwysing is `n
belangrike deel van `n Christen se groei en oorkoming. Teregwysing dui God
se liefde aan.Om toe te gee aan God se teregwysing dra vrugte van
geregtigheid wat heilige regverdige karakter skep en ons in staat stel om
God nog meer lief te hê en in genade
en kennis toe te neem. Dit is deel van hoe God Sy geestelike familie loskoop
– deur elkeen van Sy verwekte kinders in `n nuwe skepsel te omskep.
Beproewinge
Terwyl die Wêreld Oorkom Word:
Christene lewe in die wêreld maar is nie deel van die wêreld nie.
Hulle word gevolglik gekonfronteer met beproewinge en toetsings van hulle
geloof. Petrus het geskryf: “12Geliefdes, verbaas julle nie oor
die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof
iets vreemds oor julle kom nie;
13maar
namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle
bly wees, sodat julle ook by die openbaring van
sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
14As
julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die
Gees van die heerlikheid en van God op julle rus.
Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle
betref, word Hy verheerlik.
15Want
niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat
hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
16Maar
wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God
verheerlik in hierdie opsig.”
(I Pet. 4:12-16).
Die doel van
beproewinge is om `n Christen se geloof te
versterk en te vervolmaak: “6Daarin verheug julle jul, al
word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande
beproewinge,
7sodat
die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat
vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en
heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
8vir
wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al
sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en
heerlike blydskap,
9en
die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.” (I
Pet. 1:6-9).
Al
die beproewinge waardeur `n Christen gaan en verduur is ter
vervolmaking van hulle geloof. Gedurende beproewinge moet Christene tot God
bid en Hom soek, Sy beloftes van uitlewering aangryp, en Hom
om hulp en ingryping smeek. Ten spyte daarvan dat
ons beproewinge in die gesig staar gee God elke Christen die versekering van
verlossing, ongeag hoe moeilik `n beproewing ookal mag wees: “13Geen
versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou,
wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek [beproef] word nie;
maar Hy sal saam met die versoeking [beproewing] ook die uitkoms gee, sodat
julle dit sal kan verdra.” (I Kor. 10:13). Jesus Christus het beloof dat Hy
altyd by Sy eie sal wees (Matt. 28:20), en hulle nooit sal verlaat nie.
“…want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
6Daarom
kan
ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie
vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?” (Heb, 13:5-6).
Die Vervolging en
Lyding van William Tyndale
William Tyndale was die
eerste mens wat die Nuwe Testament uit Grieks na
Engels vertaal het en het hy dit in 1526 gepubliseer. Hy het verskriklike
vervolging van die godsdienstige en burgerlike
gesagshebbers ervaar. Uiteindelik is hy in 1536 op die brandstapel vermoor
omdat hy die Woord van God vertaal en gepubliseer het.As uitvloeisel van sy
lyding en vervolging het hy oor die doel van `n Christen se beproewinge en
verdrukkings geskryf: “This is written [the things in the Old Testa
ment] for our learning: for verily he is a true God; and is our God as well
as theirs; and his promises are with us, as well as with them; and he [is]
present with us, as well as he was with them. If we ask, we shall
obtain; if we knock, he will open; if we seek, we shall find; if we thirst,
his truth shall fulfill our lust [desire], Christ
is with us until the world’s end. Let his little flock be bold
therefore. If God be on our side, what matter maketh it who be against
us,be they bishops, cardinals, popes, or
whatsoever names they will? “Mark this also, if God send thee to the
sea, and promise to go with thee, and to bring
thee safe to land, he will
raise up a tempest against thee, to prove whether thou wilt abide by his
word, and that thou mayest feel thy faith, and perceive his goodness.
For if it were always fair weather, and thou never brought into such
jeopardy, whence his mercy only delivered thee, thy faith should be but a
presumption, and thou shouldest be ever unthankful to God and merciless unto
thy neighbour.
“If God promise riches,
the way thereto is poverty. Whom he loveth, him he chasteneth:
whom he exalteth, he casteth down: whom he saveth, he damneth first … If he
promise life, he slayeth first: when he buildeth, he casteth all down first.
He is no patcher; he cannot build on another man’s foundation.
He will not work until all be past remedy, and be brought unto such a case,
that men may see, how that his hand, his power, his mercy, his goodness and
truth, hath wrought altogether. He will let no man be partaker with
him of his praise and glory. His works are wonderful, and contrary
unto man’s works. Who ever, saving he, delivered his own Son, his only
Son, his dear Son, unto the death, and that for his enemies’ sake, to win
his enemy, to overcome him with love, that he might see love, and love
again, and of love to do
likewise to other men, and to overcome them with
well do- ing?” (Parker Society, Obedience of
a Christian Man, pp. 135-136).
Die apostel Paulus het
die broeders in Rome bemoedig om, ten spyte van probleme of lyding altyd die
belofte van God se gawe van kindskap in gedagte te hou: “14Want
almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15Want
julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om
weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot
kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
16Die
Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
17en
as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename
van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom
verheerlik kan word.
18Want
ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die
heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.”
(Rom. 8:14-18).
Al die gevegte teen
sonde, God se teregwysing, beproewinge en verdrukkings die lyding en
vreugde, die groei en oorkoming, alles is `n noodsaaklike deel van
Christelike groei tot volmaaktheid in Christus: “
12Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat
julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
13En
moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van
ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat
uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid
in die diens van God.
14Want
die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie,
maar onder die genade.
15Wat
dan? Sal ons sonde doen, omdat
ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee,
stellig nie [MAG
DIT NOOIT WEES NIE!]
16Weet
julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel
om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is
van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf
van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
17Maar
ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van [uit]
harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van
die leer wat aan julle oorgelewer is,
18en,
vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar [dienaars] geword aan [van]
die geregtigheid.
19Ek
spreek menslikerwys ter wille van die swakheid
van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die
onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul
lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.” (Rom.
6:12-19).
Net soos wat `n
ongebore baba tot die volle termyn van swangerskap moet groei ten einde
gebore te kan word, moet verwekte Christene tot
die volle termyn groei en ontwikkel – vervolmaak vir die eerste opstanding.
Met hierdie doel voor oë het God die krag van Sy Heilige Gees, Sy God-geïnspireerde
Woord en Sy onderwysers gegee. Die hele vergadering van broeders [geliefdes]
en ouderlinge word die “liggaam van Christus “ genoem,
wat die Kerk van God is. God die Vader en Jesus Christus gebruik en
inspireer die bediening om die heiliges tot die volheid van Jesus Christus
te vervolmaak: “11En Hy het gegee sommige as apostels, ander as
profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
12om
die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot
opbouing van die liggaam van Christus,
13totdat
ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun
van God, tot ‘n volwasse [volmaakte] man, tot die mate van die volle
grootte van Christus;
14sodat
ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer
gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense,
deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
15maar,
terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat
die Hoof is, naamlik Christus,
16uit
wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning
wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy
mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.” (Efe.
4:11-16).
Die apostel Johannes
het geskryf dat ons noual die kinders van God is – alhoewel nog ongebore.
Ons is soos babas in die baarmoeder en dit blyk nie nou wat ons sal wees nie
want die werklike geestelike geboorte sal eers plaasvind wanneer Jesus
terugkeer – dan sal ons soos Hy wees: “Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan
ons bewys het, dat ons kinders van God genoem
kan
word! Om hierdie rede ken die wêreld
ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
2Geliefdes,
nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees
nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees,
omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
3En
elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.” (I Joh.
3:1-3).
Hierdie is die rede en
hoop wat Christene, wat weer verwek is, die krag en die inspirasie, liefde
en vasberadenheid gee om God se doel in hulle
lewe te vervul.