Wat
beteken dit om “wedergebore” te wees?
Vertaal deur Helmut
Burger
Voorwoord
Hierdie boekie is
oorspronklik in Engels geskryf deur Fred R. Coulter, leraar van die
Christian Biblical Church of God, Hollister, Kalifornië, VSA.
Wat hier onder volg is
nie `n letterlike vertaling nie maar eerder `n verwerking. Die rede hiervoor
is eenvoudig omdat die oorspronklike artikel deur die outeur geskryf is vir
die Engelssprekende leser wat met die King James Weergawe van die Bybel
vertroud is asook met die geskiedenis van die vertaling van die Bybel na
Engels.
Om sekere gedeeltes van die artikel
relevant en meer toepaslik vir die Afrikaanse leser te maak, hoofsaaklik
waar hierdie aspekte ter sprake kom, is die artikel hier en daar aangepas en
is enkele toevoegings gemaak, byvoorbeeld, die gedeelte onder die hoof “`n
Vergelyking van ander vroeë Engelse, Nederlandse en Duitse vertalings
van Johannes 3:3, 5”, op bladsy 10 en 11 verskyn nie in die
oorspronklike artikel nie maar is bygevoeg ten einde die vergelyking van die
vroeë vertalings van die Bybel, soos wat die outeur onmiddelik
voorafgaande met die verskillende Engelse vertalings doen, ook deur te trek
na tale wat nader verwant aan Afrikaans is.
Wat die kernonderwerp van die
oorspronklike artikel egter aanbetref, naamlik die Skriftuurlike betekenis
van die begrip “wedergeboorte”, is daar egter so na as moontlik aan `n
letterlike vertaling gebly.
Laastens – alle Skrifaanhalings is uit die
1953(Hersiene) Uitgawe van die Bybel In Afrikaans.
Inleiding
Dit is duidelik dat
die vroeë Latynse kerkvaders die teks van Johannes 3:5 opsetlik gewysig het,
`n wysiging wat, tot vandag toe, die ware betekenis van die uitdrukking, “wedergebore”,
verduister het. Hierdie wysiging het deel gebly van die Latynse Vulgaat en
is die basis van die Katolieke lering van die “sakrament van die doop”.
Gedurende die Hervorming het Protestante die Katolieke sakrament verwerp en
`n effens verskillende lering aangaande “wedergeboorte” ontwikkel.
Die leringe van wat
dit beteken om “wedergebore” te wees en om “van God gebore” te wees, is
straks van die mees misverstaande leringe van die Nuwe Testament. Dit het,
tragies, miljoene vals bekerings tot gevolg.
Die Katolieke
sakrament het tot `n godsdienstige “werk” ontwikkel terwyl verskeie
Protestantse weergawes gelei het tot `n verdraaide, wettelose genade wat
Jesus se leringe, (dat van `n Christen vereis word om die gebooie van God te
hou), verwerp. Wat hierdie dwaalleringe vererger is die onskriftuurlike
geloof in die onsterflikheid van die siel en die praktyk van kinderdoop.
Daar is geen voorbeeld
in die Skrif van babas of kinders wat gedoop word nie. Jesus is nie as kind
gedoop nie, trouens, Hy is nie gedoop voordat Hy dertig jaar oud was nie.
Die Nuwe Testament vermeld ook nie dat Johannes die Doper babas of kinders
sou gedoop het nie. Die Nuwe Testament leer dat, wanneer iemand sy of haar
sondes teenoor God bely, (hom of haar bekeer), en deur geloof die offerande
en bloed van Jesus Christus ter vergifnis van sonde aanvaar, dan moet
daardie persoon gedoop word deur onderdompeling in water (Hand. 2:38; 3:19;
8:35-36; Rom. 3:23-25; 4:7-8, 24-25; 5:9-10; 6:1-6). Bekering en doop is
besluite en toewydings wat slegs `n volwassene kan maak. Die ware Nuwe
Testamentiese leringe van wat dit beteken om “wedergebore” en “van God
gebore” te wees, verskil heeltemal van Katolieke of Protestantse opvattinge.
Die Heidense, Babiloniese Oorsprong van `nVvervalste
“Wedergeboorte”- Lering.
In sy monumentale werk, The Two Babylons, lewer Alexander Hislop afdoende bewys dat die
heidense godsdienste, (waarvan die oorsprong in antieke Babilon te vinde
is), `n nagemaakte, (vervalste, met ander woorde), geloof in, en praktyk
van, “wedergeboorte” of “tweemaal gebore”, gehad het. Hy het geskryf: “The
Brahmins make
it their
distinguishing
boast that
they
are
‘twice-born’
men,
and that,
as such, they are
sure of
eternal
happiness.
Now,
the same
was the
case in
[ancient]
Babylon, and
there the
new
birth
was
conferred
by baptism.
In
the Chaldean
mysteries,
before any instruction
could
be
received,
it was
required
first
of all,
that the
person
to
be
initiated [into
the
mysteries] submit
to
baptism
in
token
of
blind
and
implicit
obedience”
(Hislop, The Two Babylons, p. 132, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Toe God die mens van
die toring van Babel af verstrooi het en hulle regoor die wêreld versprei
het, het hulle hul afgodiese, heidense godsdiens met hulle saamgeneem. In
stede daarvan om die ware God te aanbid het hulle voortgegaan om Nimrod,
Semiramis en hulle twee se seun, Tammuz, te aanbid. Omdat God egter die mens
se taal verwar het tot baie tale, het hierdie vals gode baie name gekry.
Maar, ongeag hulle baie verskillende name in antieke en selfs moderne tale,
is hulle die volgende drie heidense gode: Nimrod – die vadergod, Semiramis –
die moedergodin en Tammuz – die seun en vals verlosser. Die geestelike
dryfveer agter hierdie mensgode is niemand anders as Satan die duiwel, wie
die hele wêreld mislei, nie.(Op. 12:9).
In die antieke Chaldeeuse misterie
godsdiens was daar `n verdraaide mite aangaande “tweemaal gebore” te
word, welke mite verbind word met die vloed van Noag. Die heidenpriesters
het die waarheid verdraai om by hulle godsdienstige opvattinge te pas, soos
Hislop opmerk: “Whatever
primitive
truth
the Chaldean
priests
held, they
ut- terly perverted
and corrupted
it. They
willingly
overlooked
the
fact
that
it
was
‘the righteousness
of the
faith’
which Noah
‘had before’
the flood
that
carried
him
safely through
the avenging
waters
of that
dread
catastrophe
and ushered
him, as
it
were,
from
the
womb of
the ark,
by a
new
birth,
into
a new
world, when
on the
ark resting
on Mount
Ararat,
he
was
released
from
his long
confinement.
They
led
their
votaries
to believe
that,
if they
only
passed
through the baptismal
waters,
and the
penances
therewith
connected,
that
of itself
would make them
like the
second father of mankind,
‘Diphueis,’‘twice-born,’
or ‘regenerate,’
[and]
would
entitle
them
to
all
the
privileges
of ‘righteous’
Noah, and give
them
that
‘new
birth’…which
their
consciences
told
them
they
so
much
needed.
The
Papacy
acts on
precisely
the same
principle;
and from
this very
source
has
its
doctrine
of
baptismal
regeneration
been derived,
about which so much
has been written
and so many controversies
been waged.
Let
men contend
as they may, this,
and
this
only,
will
be
found
to
be the
real
origin
of the
anti-Scriptural
dogma” (Hislop, The Two Babylons, p. 137, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Babadoop: Soos reeds opgemerk het die
Babiloniese godsdiens, saam met die verstrooiing van die mens vanaf
Babel,
regoor die wêreld versprei. Dit is gevolglik nie verbasend dat babadoop
reeds duisende jare voor die Spaanse verowering van Meksiko, daar beoefen is
nie. Toe die Spanjaarde Meksiko binneval was hulle verstom om `n babadoop,
wat `n spieëlbeeld van die Katolieke ritueel was, waar te neem. Hislop
verduidelik: “The same doctrine of baptismal regeneration [as the Babylonian
Mysteries and Catholic practice] was found in full vigour among the natives,
when Cortez and his warriors landed on their shores. The
ceremony of Mexican baptism, which was beheld with astonishment by the
Spanish Roman Catholic missionaries, is thus strikingly described in
Prescott’s Conquest of Mexico: ‘When everything necessary for the baptism
had been made ready, all the relations of the child were assembled, and the
midwife, who was the person that performed the rite of baptism, was
summoned. At early dawn [showing sun worship derived from
ancient Babylon and Egypt], they met
together in the courtyard of the house.
When the sun had risen, the midwife, taking the child in her arms, called
for a little earthen vessel of water, while those about her
placed the ornaments, which had been prepared for
baptism, in the midst of the court. To perform the rite of baptism,
she placed herself with her face toward the
west [the infant facing east], and
immediately began to go through certain ceremonies … After
this she sprinkled water on the head of the infant, saying, “O my child,
take and receive the water of the Lord of the world [who is Satan the devil
[II Cor. 4:4], which is our life, which is given for the increasing and
renewing of our body. It is to wash and to purify. I
pray that these heavenly drops may enter into your body,
and dwell there; that they may destroy and remove from you all the evil and
sin which was given you before the beginning of
the world, since all of us are
under its power” ...She then washed the body of the
child with water, and spoke in this manner: “Whencesoever thou co- mest,
thou [the evil spirit] that art hurtful to this child, leave him and depart
from him, for he now liveth anew, and is BORN ANEW; now he is purified and
cleansed afresh, and our mother Chalchivitlycue [the
goddess of water] bringeth him into the world.” Having thus
prayed, the midwife took the child in both hands, and, lifting him towards
heaven [with the infant facing the rising sun] said, “O Lord, thou seest
here thy creature, whom thou hast sent into the world, this place of sorrow,
suffering, and penitence. Grant him, O Lord, thy gifts and
inspiration, for thou art the Great God, and with thee is the great
goddess.” ’ Here is the opus operatum without mistake.
Here is baptismal regeneration and exorcism too, as thorough and complete as
any Romish priest or lover of Tractarianism could desire” (Hislop, The
Two Babylons, p. 133, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
In antieke Griekeland
het die heidense Atheners hulle doopwater “geheilig” deur `n vlammende
fakkel wat die songod versimboliseer, in die water te dompel. Verwysend na
Katolieke regverdigings van sulke praktyke, het Hislop geskryf: “Of
what avail is it for Bishop Hay to
say, with the view of sanctifying
superstition and ‘making apostasy plausible,’ that this is done ‘to
represent the fire of Divine love, which is
communicated to the
soul by baptism and the light of good example, which all who are baptised
ought to give.’ This is the fair face put on the matter; but the fact
still remains [sic] that while the Romish doctrines
in regard to baptism is purely Pagan,
in the ceremonies connected with the
Papal baptism one of the essential rites of
the ancient fire-worship is still practiced at this day, just as
it was practised by the worshippers of Bacchus, the Babylonian Messiah.
As Rome keeps up the remembrance of
the fire-god passing through the waters and giving virtue to them, so when
it speaks of the ‘Holy Ghost suffering for us in baptism,’ it in like
manner commemorates the part which Paganism assigned to the Babylonian
goddess when she plunged into the waters. The sorrows of Nimrod,
or Bacchus, when in the waters were meritorious sorrows. The sorrows
of his wife, in whom the Holy Ghost miraculously dwelt, were the same.
The sorrows of the Madonna, then when in these waters, fleeing from
Typhon’s rage, were the birth-throes by which
children were born to God [born again by
water]. And thus, even in the Far West, Chalchivitlycue, the Mexican ‘goddess
of the waters,’ and ‘mother’ of all the
regenerate, was represented as purging the
newborn infant from original sin, and
‘bringing it anew into the world.’
Now, the Holy Ghost was idolatrously worshipped in
Babylon under the form of a ‘Dove.’
Under the same form, and with equal idolatry, the Holy Ghost is worshipped
in Rome. When, therefore, we read, in opposition to every Scripture
principle, that ‘the Holy Ghost suffered for us in baptism,’ surely
it must now be manifest who is that Holy Ghost that is really intended.
It is no other than Semiramis, the very incarnation of lust and all
uncleanness”.
“The reader has seen
already how faithfully Rome has copied the Pagan exorcism [of evil
spirits] in connection with baptism. All
the other peculiarities attending the Romish
baptism, such as the use of salt, spittle, chrism, or anointing with oil,
and marking the fore- head with the sign of
the cross, are equally Pagan. Some of
the continental advocates of Rome have admitted that some of
these at least have not been derived from Scripture” (Hislop, The Two
Babylons, p. 137 - 138, 143 - 144,
beklemtoning in
vetdruk bygevoeg). Derhalwe het die lering en beoefening van babadoop sy
oorsprong in antieke Babilon en is die geloof dat mens weer gebore word van
water wanneer mens gedoop word, van heidense afkoms.
Hoe het hierdie
teenskriftuurlike, heidense praktyke deel geword van die Christendom?
Die Gnostiese Konneksie, die Groot
Afvalligheid en die Vroeë Latynse Kerkvaders.
Jesus Christus het die
apostels en gelowiges herhaaldelik gewaarsku teen vals christusse, vals
apostels en leraars wat sou kom om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes
te mislei (Matt. 24:5, 11, 15, 24; sien ook die parallelle weergawes in
Markus en Lukas). Net so het die apostels ook die gelowiges gemaan om bedag
te wees op vals apostels en leraars (II Kor. 4; 11; I en II Tim.; Tit. 1; II
Pet. 2; I, II en III Joh.; Jud.; Op. 2; 3; 13 en 17). Die Nuwe Testament is
deurtrek met waarskuwings teen vals apostels en leraars wat in “skaapklere”
sou kom maar in die binnekant “roofsugtige wolwe” is en wat ten doel het om
die waarheid te verdraai en te vernietig.
Paulus het die
Tessalonisense in 51 nC gewaarsku dat hierdie afvallige stelsel, wat hy die
“verborgenheid van ongeregtigheid” wat “al aan die werk” is, noem, toe
alreeds besig was om die kerk binne te kom. Hy het gewaarsku dat daar
sommiges was wat selfs besig was om vervalste briewe in sy naam te
skryf. Hy het verder geprofeteer dat hierdie afvallige stelsel sou groei
en voortgaan totdat die finale Antichris sal opstaan vir wie Jesus dan
sal vernietig met Sy tweede koms. “Maar ons vra julle, broeders, met die oog
op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur
gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag
van Christus al daar is.
3Laat
niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
4die
teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van
aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat
hy God is.
5Onthou
julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
6En
nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
7Want
die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk,
net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
8en
dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy
mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
9hy
wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige
dade en tekens en wonders van die leuen
10en
met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat
hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11En
daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
12sodat
almal geoordeel kan
word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die
ongeregtigheid.” (II Tess. 2:1-12), (beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Op hierdie manier het
Satan, die duiwel, sy leraars van ongeregtigheid, (wetteloosheid),
geïnspireer om `n groot afvallige “Christendom”, (wat Jesus ook dan
geïdentifiseer het as: “…VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER
VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE ” (Op. 7:5)), te ontwikkel.
Hulle het `n vals Christus verkondig, vals leringe gepropageer, briewe
vervals, en, helaas, selfs die heilige Woord van God vervals en gewysig, (II
Pet. 3:16), met die doel om hulle eie, heidense, Babiloniese leringe te
versprei. Die vroeë leiers van hierdie neo-gnostiese, “verkerstende”,
afvallige kerk, het verskeie vals dwaalleringe, waaronder die doktrine van
wedergeboorte, ingestel, welke lering die onderwerp van hierdie dokument is.
Die Latynse
Vulgaat: As mens Joh. 3:3-5 in die Latynse Vulgaat
bestudeer – oorspronklik deur Hieronimus in 383 nC vertaal – ontdek mens `n
opsetlike invoeging van die woord, “weer”, in vers 5, wat dit dan as, “weer uit water gebore”, laat lees. Geen Griekse manuskrip bevat die woord
“weer” in vers 5, dit is, om te lees, “weer uit water
gebore”, nie. Wat volg is `n aanhaling van Joh. 3:3-5 uit die Latynse
Vulgaat en `n Afrikaanse vertaling daarvan. (Let daarop dat die Latynse
woordvolgorde van die Afrikaanse verskil, en dat leestekens bygevoeg is).
3. Respondit
Iesus et dixit ei amen amen dico tibi nisi
quis natus fuerit denuo non potest videre
regnum Dei
3. Jesus het
geantwoord en vir hom gesê, “Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand opnuut gebore word, kan hy die
koninkryk van God nie sien nie.”
4. Dicit ad eum
Nicodemus quomodo potest homo nasci cum senex sit numquid potest in
ven- trem matris suae iterato introire et nasci
4. Nicodemus sê vir
Hom, “Hoe kan `n mens gebore word as hy reeds oud is?
Kan
hy weer in sy moeder se skoot ingaan en gebore word?”
5. Respondit Iesus
amen amen dico tibi nisi quis renatus fuerit ex aqua et
Spiritu non potest introire in regnum Dei
5. Jesus het
geantwoord, “Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand hergebore [weer gebore] word uit water en Gees, kan hy nie die koninkryk van
God binnegaan nie.”
In vers drie beteken die Latynse natus,
“gebore”, en denuo beteken, “opnuut”, of, “weer”. Maar, denuo,(“weer”),
kom nie in vers vyf voor nie, en lees anders. Die voorvoegsel, re, is
egter voor natus ingevoeg om dit dan renatus te
maak, wat dan “hergebore” of “weer gebore” maak. Gevolglik lees die sinsdeel
dan, “ weer uit water en Gees gebore”, laat lees. Hierdie sinsdeel,
soos dit in die Latynse Vulgaat voorkom, word nie in een van die Griekse
manuskripte aangetref nie, wat almal lees:
gennhqh
ex
udotoV
kai
pneumatoV,
korrek vertaal,
“gebore uit water en en uit Gees.”
Let ook daarop dat die Griekse
woord,
anwqen anothen,
“weer” of “opnuut”, wat in die Griekse teks in vers 3 voorkom, nie in vers 5
van die Griekse teks voorkom nie.
Hierdie wysigings is waarskynlik aangebring
om die wanopvatting dat, wanneer `n mens gedoop word, hy of sy “uit water hergebore of weer uit water gebore word”, te substansieer. Dit is
uit hierdie wanopvatting wat die lering van die kinderdoop ontwikkel het.
Coverdale se Latynse en Engelse Nuwe
Testament: In 1538 het Miles Coverdale `n weergawe van
die Nuwe Testament gepubliseer waarin die Latynse Vulgaat en die Engels
langs mekaar gedruk is. Die Latynse Vulgaat van sy dag verskil van die
Latynse Vulgaat van vandag. Hier is Johannes 3:3-5 uit Coverdale se Bybel:
3. Respondit IESVS, et dixit ei: amen
amen dico tibi nisi quis renatus fuerit denuo non potest
uidere regnum Dei
3. Jesus answered, and said unto him:
“Verily, verily I say unto you, without [unless] a man be born anew, he
cannot see the kingdom
of God.”
4. Dicit ad eum
Nicodemus: quomodo potest homo renasci cusit senex nunquid potest in uetrem matris suae
iterato introire & renasci
4. Nicodemus says to him, “How can a man be reborn already being old? Can he enter into his own
mother's belly again and be reborn?”
5. Respondit IESVS:
amen amen dico tibi nisi quis renatus fuerit ex aqua et Spiritu non
potest introire in regnum Dei
5. Jesus answered: “Verily, verily I say
unto you, without [unless] a man be born again of water and the holy ghost, he cannot enter into the kingdom of God.”
Uit Coverdale se uitgawe is dit duidelik
dat die Latynse Vulgaat van sy tyd renatus en renasci bevat het, wat dit dan as “hergebore” en “weer gebore” laat lees in al
drie verse.
Hierteenoor bevat die hedendaagse Latynse
Vulgaat renatus net in vers 5.
Gevolglik dui al die getuienis daarop dat
Johannes 3:3-5 doelbewus gewysig is om die vals lering, naamlik dat mens
weer gebore word wanneer jy gedoop word, te ondersteun.
Erasmus se Grieks-Latynse weergawe van 1535: Met sy finale weergawe van die
Griekse teks het Erasmo Roterdamo, (Erasmus van Rotterdam), die Bisantynse
Grieks in Latyn vertaal. Sy doel was om `n nuwe, onvervalste Latynse
weergawe van die Nuwe Testament beskikbaar te stel.Hy het gevolglik nie die
wanvertalings en opsetlike foute van die Latynse Vulgaat in sy vertaling
opgeneem nie. Hier volg Erasmus se Latynse vertaling uit die Grieks:
3. Respondit Iesus, et dixit ei amen
amen dico tibi nisi quis natus fuerit esupernis non potest
videre regnum Dei
3. Jesus het geantwoord en vir hom gesê,
“Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand weer gebore word, kan hy die
koninkryk van God nie sien nie.”
4. Dicit ad eum Nicodemus: Quomodo
potest homo nasci cum sit senex? Num potest in uentrem
matris suae iterato introire, ac nasci?
4. Nicodemus sê vir Hom, “Hoe kan `n mens gebore word as hy alreeds oud is? Kan
hy weer in sy moeder se skoot ingaan en gebore word?”
5. Respondit Iesus amen amen dico tibi
nisi quis natus fuerit ex aqua et Spiritu non potest introire
in regnum Dei
5. Jesus het geantwoord, “Amen, amen, ek sê
vir jou tensy iemand uit water en Gees gebore is, kan hy die
koninkryk van God nie binnegaan nie.”
Erasmus se Latynse vertaling uit die Grieks
is korrek. In vers 5 het hy die Griekse woord,
gennhqh, gennethe as natus, “gebore” uit water,
vertaal en nie soos in die Vulgaat as, renatus, “hergebore”,
nie. Erasmus se vertaling lê die opsetlike verknoeiing van die Latynse
Vulgaat bloot.
Hoe het dit alles begin?
Hoe het die vals uitleg en lering van
Johannes 3:5 ontwikkel tot `n doelbewuste wanvertaling soos dit in die
Latynse Vulgaat aangetref word?
Die saad van hierdie lering is gewortel in
een van die ketterye wat die apostel Paulus moes aanspreek toe hy aan die
Korinthiërs in 56 nC geskryf het. Sommiges in die gemeentes van Korinthe het
beweer dat daar geen opstanding uit die dood is nie, welke bewering spruit
uit die heidense opvatting van die onsterflikheid van die siel. Ten einde
hierdie verregaande bewering te weerlê het Paulus geskryf, “12As
dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige
onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
13As
daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek
nie.
14En
as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs
ook julle geloof;
15en
dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat
Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode
nie opgewek word nie.
16Want
as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
17en
as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle
nog in julle sondes;
18dan
is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
19As
ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van
alle mense.
20Maar
nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die
wat ontslaap het.” (I Kor. 15:12-20).
Die apostels was getuies van die opstanding
van Jesus Christus, wat die hele grondslag van die Evangelie van Jesus
Christus is. Verdermeer leer beide die Ou en Nuwe Testament aangaande die
opstanding uit die dood wat sal plaasvind wanneer Jesus Christus terugkeer
en die koninkryk van God op aarde vestig. Op daardie tydstip sal die
opgestane heiliges saam met Hom as konings en priesters regeer (Dan. 12:2-3;
Op. 5:9-10; 20:6).
Terwyl hulle enersyds die opstanding uit
die dood verwerp het, het hulle andersyds die teenskriftuurlike, Babiloniese
doktrine van die onsterflikheid van die siel, aanvaar. En, tot vandag toe,
word baie, (indien nie die oorgrote meerderheid nie), binne die Christendom
geleer dat die siel, wanneer mens sterf, of hemel toe gaan, as hy of sy goed
gedoen het, of, afhangende hoe sleg die persoon was, of na die vagevuur, (katolieke
lering), of na die hel toe gaan.
Die Bybel leer nie dat die
siel onsterflik is nie, trouens, dit openbaar dat, “ die siel wat sondig,
dié moet sterwe.” (Eseg. 18:4, 20).
Die Bybel leer verder ook nie dat,
met dood, die siel na die hemel of die hel gaan nie. Die Bybel leer wel,
baie duidelik, dat, met dood, hy of sy opstanding afwag – beide van die
regverdiges sowel as die boses (Dan. 12:2; Joh. 5:25-29; I Kor. 15; Op.
20:14-15; 21:8).
Die opvatting van die onsterflikheid van
die siel het die lering van die kinderdoop aangevuur want, so word
geredeneer, sou `n baba of klein kindjie sterf, wat sou dan van sy of haar
siel word? So geredeneer, het dit doop genoodsaak ten einde die “vlek van
die oorspronklike sonde” te verwyder, sodat, sou `n kind sterf, sy of hy
hemel toe kan gaan; en sou die kind tot volwassenheid lewe, is verlossing en
die hemel verseker.
Mens lees in The Oxford Dictionary of
the Christian Church, kinderdoop: “Although from the first, baptism was
the universal means of entry into the Christian community, the NT contains
no specific authority for its administration to infants. But by a
tradition at least as old as the 3rd cent., and virtually universal until
the Reformation, children born to Christian parents
have been baptized in infancy. In the
16th cent. this practice (pseudobaptism) was rejected by
the Anabaptists and since the early 17th cent. also by the Baptists and
later by the Disciples of Christ.
Ireneaus (Haer., ii.
33) speaks of Christ as ‘giving
salvation to those of every age’… who are
‘regenerated’ … through Him, and expressly includes ‘infants and little
children’ … among these. Explicit statements concerning infant
baptism are made by Origen, who refers to it as an established custom, which
the Church has received from the Apostles (Hom. In Lev., viii. 4, Comm. in Rom., v. 9). In both passages he finds the
practice justified by the need which infants, no less than adults, have for
liberation from original sin. Opposition to infant baptism (implying
the prior existence of the practice) is voiced by Tertullian, who urges (De
Bapt., 18) that the baptism of children be deferred (despite Mt. 19. 14)
until they can ‘know Christ’. This advocacy of delaying baptism for
infants, as well as spiritually immature adults, appears to spring from
Tertullian’s ideas of the impossibility or great difficulty of the remission
of post-baptismal sin. Such considerations led to a widespread
deferment of baptism in the 4th cent., e.g. in the cases of Constantine and
of St. Augustine…. On the other hand, by the middle of the 3rd cent. infant
baptism was regularly performed, as is attested by Cyprian (Ep. 64),
where it is stated to convey remission not only of actual sins but also of
original sin. From then onwards evidence for the practice is ample” (The
Oxford Dictionary of the Christian Church, p. 701).
“In defending the propriety of Infant
Baptism against the Pelagians, he [Augustine] also maintained that one of
the chief effects of the Sacrament was the removal of the stain of Original
Sin on the soul which bars even the new-born child from the Kingdom of
Heaven [i.e., its immortal soul going to heaven], thereby developing earlier
teaching from NT times, acc. to which the remission of Actual Sins, the
infusion of grace, and the incorporation into the Church had been generally
recognized as results of Baptism” (Ibid., p. 127).
Aanhalings van die Vroeë Latynse Kerkvaders
Deur enersyds die gelyktydigheid van die
opstanding uit die dood en wedergeboorte te verwerp en andersyds die geloof
in die onsterflikheid van die siel te aanvaar, het die vroeë Latynse
kerkvaders die betekenis van die wedergeboorte verander om toepassing te
vind op die doop. Die volgende stellings van hierdie sogenaamde “kerkvaders”
toon dat hierdie vals lering reeds geformuleer was binne vyftig jaar nadat
die apostoliese era tot `n einde gekom het, (m.a.w. na Johannes se dood in
ongeveer 98- 100 nC).
St. Justin Martyr (inter 148-155 AD): “Whoever is convinced
and believes that what they are taught and told by us is the truth, and
professes to be able to live accordingly, is instructed to pray and to
beseech God in fasting for the remission of their former sins, while we pray
and fast with them. Then they are led by us to a place where there is water;
and there they are reborn in the same kind of rebirth in which we ourselves
were reborn: In the name of God, the Lord and Father of all, and of our
Savior Jesus Christ, and of the Holy Spirit, they receive the washing with
water. For Christ said, ‘Unless you be reborn, you shall not enter
into the kingdom of heaven.’ ... The reason for doing this, we have learned
from the Apostles” (The First Apology 61).
Aangesien die apostels van Jesus Christus nooit geleer het dat kinders
gedoop moet word nie, het hulle dit nie van laasgenoemde apostels geleer nie.
Hulle het dit waarskynliok van verskeie vals apostels geleer wat aktief was
selfs so vroeg as Paulus se bediening (II Kor. 11:13-15).
St. Irenaeus (c. 190 AD): “And [Naaman]
dipped himself ... seven times in the
Jordan” [2 Kings 5:14]. It was not
for nothing that Naaman of old, when
suffering from leprosy, was purified upon his being baptized, but
[this served] as an indication to us. For as we are lepers in sin, we are
made clean, by means of the sacred water and the invocation of the
Lord, from our old transgressions, being spiritually regenerated as new-born
babes, even as the Lord has declared: ‘Except a man be born again [renatus] through water and the Spirit, he shall not
enter into the kingdom of heaven” (Fragment 34).
Recognitions of Clement (c. 221 AD): “But you will perhaps
say, ‘What does the baptism of water contribute
toward the worship of God?’ In the
first place, because that which has pleased God is
fulfilled. In the second place, because when you are regenerated and
born again of water and of God,
the frailty of your former birth, which
you have through men, is cut off, and so ... you shall be able to
attain salvation; but otherwise it is impossible. For thus has the true
Prophet [Jesus] testified to us with an oath: “Verily, I say to you,
that unless a man is born again [renatus] of water ... he
shall not enter into the kingdom of heaven” ’ ” (Recognitions 6:9).
St. Cyprian of
Carthage (c. 200-258 AD): “But
afterwards, when the stain of my past life had been washed away by means of the water
of re-birth, a light from above poured itself upon my chastened
and now pure heart; afterwards through the Spirit which is breathed
from heaven, a second birth made of
me a new man.…Thus it had to
be acknowledged that what was of the earth and was born of the flesh and had
lived submissive to sins, had now begun to
be of God, inasmuch as the Holy
Spirit was animating it. (To Donatus 4).
“[When] they receive also the Baptism of
the Church ... then finally can they be fully sanctified and be
the sons of God ... since it is
written, ‘Except a man be born again [renatus] of water and of the Spirit, he cannot enter into
the kingdom of God’ ” (Letters 71 [72]:1).
Seventh Council of Carthage (c. 256 AD): “And in the gospel our Lord
Jesus Christ spoke with his divine voice, saying, ‘Except a man be born
again [renatus] of water and the Spirit, he cannot enter
the kingdom of God.’ ...Unless therefore they receive saving Baptism in the
Catholic Church, which is one, they cannot be saved, but will be condemned
with the carnal in the judgment of the Lord Christ.”
St. Ambrose of
Milan (c. 333-397 AD): “The Church was redeemed
at the price of Christ's blood. Jew or Greek,
it makes no difference; but if he
has believed, he must circumcise himself from his sins [in
Baptism—Col. 2:11-13] so that he can be saved ... for no one
ascends into the kingdom of heaven
except through the sacrament of Baptism....
‘Unless a man be born again [renatus] of
water and the Holy Spirit, he cannot enter the kingdom of God.’ (On
Abraham 2:11:79, 84)” (This Rock, tydskrif, uittreksels
van Augustus 1992 en Oktober 1994).
Uit hierdie aanhalings is dit duidelik dat
die vroeë Latynse kerkvaders `n verknoeide Latynse vertaling van die Bybel,
waarvan die teks van Johannes 3:5 gewysig was om renatus in stede van natus te lees, gehad het. Later het Hieronimus, wat sy
vertaling van die Skrif na Latyn in 383 nC gedoen het, hierdie gewysigde
weergawe van renatus en renasci in verse 3,4 en 5 behou. Dit
blyk uit die Latynse Vulgaat in gebruik in die dae van Coverdale – 1538 nC.
(Sien die vergelyking op p. 6 hierbo).
`n Vergelyking van Ander Vroeë Engelse, Nederlandse en Duitse Vertalings van Johannes 3:3, 5
William Tyndale, `n Bybelgeleerde en die
eerste mens wat die Nuwe Testament uit Grieks na Engels vertaal het, het
Johannes 3:3, 5 korrek vertaal. Hy het egter, verkeerdelik, in van sy ander
geskrifte geleer dat wanneer mens tot bekering kom en die Heilige Gees
ontvang, mens weer gebore is.Moontlik het hy ook hierdie misvatting vaaf die
Latynse Vulgaat in sy teologie ingebring alhoewel hy die korrekte vertaling
van “weer gebore “ en “ opnuut gebore” in Johannes 3 weergegee het.
Tyndale het die Griekse woorde
gennaw
anwqen gennao
anothen in
Johannes
3:3 as “born from
above”
en “born anew”, vertaal.
Die Griekse woord
gennaw gennao beteken: [Of a man,
“to
beget, to
become
a father”;
of a
woman,
“to
conceive,
to bear.”
In
some
cases,
according
to
the
context, gennao does
mean “born.”
However, gennao predominantly
means
“begotten”
rather
than “born.”
Die Griekse woord
anwqen anothen,
beteken: “from above,
again,
anew”
(Arndt
& Gingrich, A
Greek-English
Lexicon
of
the
New
Testament).]
Uit die ‘ The English Hexapla (1841) ’ kan
ons Tyndale se vertaling vergelyk met ander vroeë Engelse vertalings. Dit is
duidelik dat ander vertalers ook probleme gehad het met die uitleg van gennao
en gennao anothen. Die volgende vier weergawes is
uit die Grieks na Engels vertaal:
1) Tyndale
1534: “born anew,” vers 3; “born again,” verse 4, 7; “born,” verse 4, 5, en
6.
2) Great
Bible, Cramner 1539: “born from above,” verse 3, 7; “born again,” vers 4;
“born,” verse 4, 5, en 6.
3) Geneva
1557: “begotten again,” verse 3, 7; “begotten,” verse 4, 5 en 6.( Alhoewel
“begotten”, (“verwek”, in Afrikaans), in baie gevalle die korrekte vertaling
van gennao is, is dit nie die korrekte vertaling in Johannes 3 nie.
Die vertalers van die latere 1599 Geneefse Bybel het hierdie fout reggestel
deur dit as “born” in stede van “begotten” weer te gee.)
4) KJV 1611: “born again,”
verse 3, 7; “born,” verse 4, 5 en 6.
Die volgende twee weergawes is
uit die Latynse Vulgaat na Engels vertaal:
1) Wycliffe 1380:
“born again,” verse 3, 7; “born” verse, 4, 6, en 7; “born again of water,”
vers 5.
2) Rheims 1582: “born
again,” verse 3, 7; “born,” verse, 4, 6, en 7; “born again of water,” vers
5.
Dit word beweer dat
dit Wycliffe was by wie die frase “born again”, (in vers vyf), begin het,
maar beide hy en die vertalers van die Rheims weergawe het die Latynse
Vulgaat gebruik vir hulle Engelse weergawes.
Die volgende ou Duitse
vertalings gee gennao en gennao anothen aldus weer:
1) Unrevidierte
Luther 1545: “von neuem geboren”, verse 3 en 7; “geboren”, verse 4, 5 en 6.
2) Unrevidierte
Elberfelder 1871: “von neuem geboren”, verse 3 en 7; “geboren”, verse 4, 5
en 6.
Die Nederlandse
Statenvertaling gee gennao en gennao anothen aldus weer:
“wederom geboren”, verse 3 en 7; “geboren” in verse 4,5 en 6.
Die Ware Skriftuurlike Betekenis van
“Wedergeboorte”
Ten einde die ware Skriftuurlike betekenis
van wanneer mens wedergebore word te verstaan, moet mens Jesus se leringe in
Johannes 3:1-12 bestudeer. Die teksverband van hierdie verse toon dat
wedergeboorte nie `n bekering of `n doopervaring beteken nie. Veeleer
beteken dit `n letterlike transformasie vanaf vlees na gees: “En daar was ‘n
man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.
2Hy
het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n
leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U
doen as God nie met hom is nie.
3Jesus
antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer
gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4Nikodémus
sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n
tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5Jesus
antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit
water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6Wat
uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7Moenie
jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
8Die
wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom
en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9Nikodémus
antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10Jesus
antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge
nie?
11Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons
gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12As
Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo
as Ek julle van die hemelse vertel?” (Joh 3:1-12).
Dit is tog duidelik
dat Jesus, tydens hierdie dialoog, nie besig was om van `n bekering of `n
doopervaring te praat nie. Hy was eerder besig om `n mens se fisiese
geboorte - `n vleeslike bestaan – met die van wedergeboorte - `n werklike,
geestelike bestaan – te vergelyk. Jesus beskryf twee geboortes hier: een uit
water en een uit gees, “as iemand nie gebore word uit water en uit Gees nie”. Vervolgens wys Jesus `n vergelyking tussen `n geboorte
van vlees en `n geboorte van gees: “Wat uit die vlees gebore is, is vlees;
en wat uit die Gees gebore is, is gees”.
Fisiese geboorte:
Wanner `n mens gebore word, word hy of sy van vlees gebore - `n fisiese wese.
Verder word elke mens “uit water gebore”, van die baarmoeder. Die een wat
uit water gebore is, is uit die vlees gebore en is vlees.
Geestelike
geboorte: Nikodemus het die
punt gemis toe Jesus na `n tweede, of nuwe geboorte – uit die Gees – verwys
het: “as iemand nie gebore word…uit Gees”. Watter soort bestaan
voer iemand wat uit Gees gebore is? Jesus het daardie vraag geantwoord
toe Hy gesê het: “ wat uit die Gees gebore is, is gees”. Jesus het
duidelik bedoel dat enigeen wat uit die Gees gebore is, gees is, `n
geestelike wese. Die nuwe geestelike geboorte beteken dat die een wat weer
gebore is `n geestelike wese is wat nie langer meer uit menslike vlees
samgestel is nie. As iemand wat “uit vlees gebore is, vlees is”, dan
volg dit logies, soos Jesus gesê het, dat wat “uit die Gees gebore is,
gees is.”
Elke mens word deur
vleeslike bestaan en fisiese omgewing aan bande gelê. As `n geestelike wese
is mens egter nie beperk deur die vleeslike bestaan en fisiese omgewing nie.
Jesus het gesê dat iemand wat “uit die Gees gebore is” nie noodwendig gesien
kan word nie, net soos die wind nie gesien kan word nie: “Die wind waai waar
hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy
gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Vers 8). Daarom moet
iemand wat “wedergebore” is, “gebore uit die Gees”, onsigbaar wees vir die
mense-oog, en die vermoë hê om soos die wind te kan kom en gaan. Dit is
nouliks die geval met iemand wat gedoop is of bekeer is; hy of sy is steeds
in die vlees en beperk deur die vlees – onderworpe aan die dood. Jesus het
gesê dat `n vleeslike mens nie die koninkryk van God kan sien of binnegaan
nie (Joh. 3;3, 5). Paulus het hierdie feit herhaal toe hy nadruklik verklaar
het: “ Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van
God nie kan beërwe nie” (I Kor.
15:50).
Wanneer word mens werklik wedergebore? As mens dan nie met doop of
bekering wedergebore word nie, wanneer word mens dan letterlik weer of
opnuut gebore? Dit is deur die geboorte, lewe, dood en opstanding van Jesus
Christus wat die Nuwe Testament openbaar wanneer `n mens weer gebore word.
Mattheus het geskryf dat Jesus die “eersgeborene” van die maagd, Maria, was
(Matt. 1:25). Jesus se geboorte, as vleeslike mens, was uit water. Hy
was vlees (I Joh. 4:1 – 2) net soos enige ander mens, alhoewel Hy ook “God
geopenbaar in die vlees”, was (I Tim 3:16).
Toe Jesus uit die dood opgewek is deur die
heerlikheid van die Vader, het Hy die “eersgeborene uit die dood” geword (Kol.
1:18). Jesus is derhalwe weer gebore – gebore uit die Gees – op die tydstip
toe Hy uit die dood uit opgewek is, presies soos wat Hy vir Nikodemus gesê
het, “wat uit die Gees gebore is,
is gees” (Joh. 3:6).
Die Apostel Paulus het duidelik daarop
gewys dat Jesus weer gebore is toe hy geskryf het: “ want in Hom is alle
dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik
is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom
en tot Hom geskape.
17En
Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
18En
Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin
is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
19Want
dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon”
(Kol.1:16-19). Die apostel Johannes het ook hierdie feit bevestig to hy
geskryf het “die eersgeborene uit die dode” (Op. 1:5).
Na Sy opstanding en
hemelvaart om deur die Vader aanvaar te word as die volmaakte offerande vir
die sondes van die wêreld, het Jesus na die aarde teruggekeer en aan die
apostels, wat agter geslote deure in `n vertrek vergader was, verskyn.
Aangesien `n geestelike wese nie beperk word deur die fisiese omgewing nie,
het die opgestane Jesus deur deure en mure geloop en skielik aan die
apostels en dissipels verskyn:
“ 19En
toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die
dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom
en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
20En
nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was
bly toe hulle die Here sien” (Joh. 20:19-20).
As `n geestelik wese
het Jesus die ook die vermoë om Homself in menslike vorm te openbaar, soos
wat Hy gedoen het toe saam met die twee dissipels na Emmaus geloop het (Luk.
24:13-31). Hy het verder die vermoë gehad om hulle oë te verhinder om Hom te
herken, sodat hulle nie agtergekom het dat dit Hy was nie totdat Hy die
brood gebreek en geseën het. Toe het Hy onmiddelik verdwyn. Hierdie gebeure
wys dat as `n wedergeborene - gebore uit die Gees – was Jesus soos die wind,
soos Hy aan Nikodemus gesê het.
Hy het gegaan waar Hy wil, en niemand kon Hom sien nie,
tensy Hy dit vir hulle moontlik wou maak om Hom te sien deur Homself dan as
`n mens met vlees en been te openbaar.
Nadat Jesus verdwyn
het, het die twee dissipels na Jerusalem teruggekeer:
“33Toe
staan hulle in dieselfde uur op en gaan na
Jerusalem
terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34wat
sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
35Toe
vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het
by die breking van die brood.
36En
terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir
hulle: Vrede vir julle!
37Toe
het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien.
38En
Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle
hart op?
39Kyk
na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n
gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
40En
terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
41En
toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir
hulle: Het julle hier iets om te eet?
42Daarop
gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.
43En
Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet” (Luk 24:33-43).
Synde `n goddelike
geestelike wese, die eersgeborene vanuit die dood, was Jesus in staat om
Homself as `n mens te manifesteer. `n Demoniese gees kan by tye daartoe in
staat wees om as `n afskynsel van mense te manifesteer maar nooit as van
vlees en been nie, Geen wonder die dissipels was bevrees toe Jesus die
eerste keer aan hulle verskyn het nie.
Hoe die Verheerlikte Christus Lyk:
Toe Jesus begin het om aan die apostel
Johannes gesigte vir die boek van Openbaring te gee, het Hy aan Johannes
geopenbaar hoe Hy in Sy volle heerlikheid, as geestelike wese, lyk:
“ 10Ek
was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem
gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:
11Ek
is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste,
en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in
Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en
Sardis
en Filadelfía en Laodicéa.
12Toe
draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my
omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13en
tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n
kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue
gordel.
14Sy
hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,
15en
sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die
stem van baie waters.
16En
in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard
het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy
krag [Matt. 17:2].
17En
toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand
op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
18en
die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. (Op
1:10-18).
Jesus
Christus is die Eersgeborene Onder Baie Broers Wat Opgewek Sal Word met Sy
Koms
Nie net is Jesus Christus die eersgeborene
uit die dood nie maar Hy is ook die “eersgeborene onder baie broers” (Rom
8:29). Die ware liggaam
van gelowiges word “die gemeente van eersgeborenes” genoem, soos Paulus
geskryf het: “2Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad
van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
23by
die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die
hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van
die volmaakte regverdiges” (Heb. 12:22-23).
Dit word die
gemeente van die eersgeborenes genoem want ware gelowiges sal opgewek word,
of weer gebore word - gebore uit die Gees – met die eerste opstanding
wanneer Jesus terugkeer (Op. 20:4-6).
Christus die Eersteling:
Paulus het geskryf dat Jesus Christus ook
die “eersteling” is van diegene wat uit die dood opgewek word. Hy het verder
verduidelik dat die res van die ware Christene opgewek sal word met Jesus se
tweede koms: “ 20Maar
nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling
geword van die wat ontslaap het.
21Want
aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur
‘n mens.
22Want
soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend
gemaak word;
23maar
elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan
Christus behoort by sy koms (I Kor. 15:20-23).
Die apostel Jakobus, die broer van die
Here, het na Christene as “eerstelinge” van God verwys: “16Moenie
dwaal nie, my geliefde broeders.
17Elke
goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die
ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
18Volgens
sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons
as eerstelinge van sy skepsele kan wees (Jak 1:16-18).
Jesus het Sy dissipels geleer dat die oes
van die eerstelinge aan die einde van era sal plaasvind, wanneer Hy
terugkeer, soos Hy verduidelik het in die gelykenis van die goeie en die
slegte saad: “37En
Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun
van die mens,
38en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die
koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
39en
die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding
van die wêreld, en die maaiers is die engele.
40Net
soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit
wees in die voleinding van hierdie wêreld:
41die
Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk
bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
42en
sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die
tande.
43Dan
sal die regverdiges skyn soos die son [verheerlikte geestelike wesens wat weer gebore word uit die Gees met die
eerste opstanding]in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor,
laat hom hoor” (Matt. 13:37-43).
Uit hierdie skrifgedeeltes is dit duidelik
dat mens se siel nie na die hemel, vagevuur of die hel toe gaan wanneer mens
doodgaan nie maar dat maar die opstanding afwag. Niemand het na die hemel
opgevaar behalwe Jesus nie (Joh.
3:13; Hand. 2:22-24),
Wie aan die regterhand van God die Vader sit om in te tree as Hoëpriester
(Heb.
4:14-16; I
Joh.
2:1-2).
Op die vasgestelde tyd sal Jesus Christus na die aarde terugkeer en die
opstanding van die heiliges sal plaasvind met Sy koms.
Omdat sommiges in Korinthe geglo het dat
daar geen opstanding uit die dood is nie, het die apostel Paulus omvangryk
daaroor geskryf. Hy het oorweldigende getuienis van die opstanding voorgehou
en bewys dat die siele van dooie mense nie na die hemel, vagevuur of hel
gaan wanneer hulle sterf nie: “35Maar
iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
36Dwase
mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
37En
wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel,
byvoorbeeld van koring of van iets anders.
38Maar
God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels
sy eie liggaam.
39Alle
vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die
vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
40En
daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die
hemelse is anders as dié van die aardse.
41Anders
is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en
anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in
heerlikheid van die ander ster.
42So
is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar
word opgewek in onverganklikheid;
43daar
word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar
word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
44‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek.
Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
45So
is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die
laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
46Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die
geestelike” (I Kor. 15:35-46).
Hierdie skrifgedeeltes openbaar dat mens,
met die opstanding, weer, uit die Gees, gebore sal word en `n
verheerlikte geestelike liggaam, en wat soos die son sal skyn, ontvang.
Paulus het hierdie verduideliking aangaande die opstanding van die dode in
verse 47-55 voortgesit: “47Die eerste mens was uit die aarde
aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
48Soos
die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens
is, so is ook die hemelse mense.
49En
soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van
die hemelse dra [met die opstanding].
50Maar
dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan
beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
51Kyk,
ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,[weer gebore word uit die Gees]
52in
‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal
weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander
word.
53Want
hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie
sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie
sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat
geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
55Dood,
waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (I Kor. 15:47-55).
Dit is voor-die-hand-liggend dat die
opstanding van die heiliges nog nie plaasgevind het nie. Elkeen wat in die
geloof gesterf het sal as onsterflike geestelike wesens opgewek word. Maar
wanneer sal die opstanding plaasvind?
Wanneer word die heiliges opgewek?
Die profeet Jesaja het
die dag van die opstanding van diegene wat aan Christus behoort, vooruit
vertel. Hy het geprofeteer dat dit die geboorte van `n nasie, uit die aarde
uit, sal wees. Op daardie tydstip sal die heiliges weer gebore word, gebore
uit die Gees: “8Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge
gesien? Word ‘n land op een enkele dag gebore? Of word ‘n nasie met een slag
gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar” (Jes. 66:8).
Die apostel Petrus het Christene `n koninklike priesterdom, `n heilige volk,
genoem: “9Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike
priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry” (I Pet. 2:9).
Wanneer die eerste opstanding plaasvind sal `n heilige volk van konings en
priesters in een dag gebore word en hulle sal saam met Jesus Christus vir `n
duisend jaar lank, heers en regeer, en vir ewig lewe (Op. 20:4-6).
In sy eerste sendbrief
aan die Tessalonisense in 50 nC, het Paulus verduidelik dat die opstanding
van die heiliges nie sal plaasvind voordat Jesus Christus terugkeer na die
aarde toe nie: “ 14Want as ons glo dat Jesus gesterwe en
opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met
Hom bring [want hulle sal in die lug in opvaar om Hom in die wolke te
ontmoet].
15Want
dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe
oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal
vóór wees nie.
16Want
die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n
aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus
gesterf het, sal eerste opstaan [weer gebore uit die Gees].
17Daarna
sal ons wat in die lewe oorbly [sal
verander word], saam met hulle in wolke weggevoer word die Here
tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (I Tess.
4:14-17).
Jesus Christus het ook
geleer dat die opstanding van die heiliges sal plaasvind wanneer Hy
terugkeer na die aarde: “27Want soos die weerlig uit die ooste
uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van
die mens wees.
29En
dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en
die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en
die kragte van die hemele sal geskud word.
30En
dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal
al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op
die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
31En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy
uitverkorenes versamel uit die vier windstreke [van oral oor die wêreld
en hulle opneem in die lug vir die ontmoeting met Christus], van die een
einde van die hemele af tot die ander einde daarvan” (Matt.
24:27,29-31).
Openbaring 15 toon dat
die opgestane heiliges Jesus Christus in die lug, in die wolke, sal ontmoet
en op `n see van glas sal staan: “ En ek het ‘n ander teken in die hemel
gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want
daarmee is die grimmigheid van God voleindig.
2En
ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars
oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het
ek by die see van glas sien staan, met siters van God.
3En
hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God [wat die regverdige profete en konings wat
gered is versimboliseer], en die lied van die Lam [versimboliseer
diegene wat gered is vanaf Christus se eerste koms tot en met die opstanding],
en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en
waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
4Wie
sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is
heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade
openbaar geword het” (Op 15:1-4).
Na die uitstorting van
die laaste sewe plae en God se oordeel teen die Groot Babilon, keer die
verheerlikte heiliges saam met Jesus Christus terug na die aarde: “ 11Toe
het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop
sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in
geregtigheid.
12En
sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam
wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
13En
Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die
Woord van God.
14En
die leërs in die hemel [die opgestane gelowiges wat opgewek is om Christus
in die lug op die see van glas te ontmoet]het Hom gevolg op wit perde,
bekleed met wit en rein fyn linne [die geregtigheid van die heiliges].
15En
uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy
sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van
die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
16En
Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van
die konings en die Here van die here.
17En
ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem
uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom
hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
18dat
julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en
die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en
die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
19En
ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld
gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
20En
die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens
in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk
van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in
die vuurpoel wat met swawel brand.
21En
die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die
perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op 19:11-21).
Met die vernietiging van die Dier en die
vals profeet en hulle leërs, keer Jesus Christus, Koning van konings en Here
van here, terug na die aarde in groot krag en heerlikheid. Op daardie dag
sal Hy weereens Sy voete op die Olyfberg sit, vanwaar Hy opgevaar het na die
hemel terwyl Sy apostels toegekyk het, byna tweeduisend jaar gelede: “9En
nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het
Hom voor hulle oë weggeneem.
10En
toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne
in wit klere by hulle,
11wat
sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus
wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die
hemel sien wegvaar het.
12Daarop
draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat
naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver” (Hand. 1:9-12).
Net soos wat Jesus opgevaar het na die
hemel vanaf die Olyfberg, het die profeet Sagaria vooruit vertel dat Hy sal
neerdaal vanaf die hemel saam met al die heiliges om oorlog te maak teen al
die nasies wat saamgetrek is by Jerusalem: “Kyk, daar kom ‘n dag vir die
HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o
Jerusalem!
2Want
Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad
sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte
van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die
bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
3En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy
stryd, die dag van oorlog.
4En
in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant;
en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot
dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander
helfte na die suide.
5En
julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop
tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in
die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al
die heiliges met U!
6En
in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
7En
dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag
nie; maar teen die aand sal dit lig word.
8En
in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte
daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See;
somer en winter sal dit so wees.
9En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE
een wees, en sy Naam een” (Sag. 14:1-9).
Om op te som. Al die skriftuurlike
getuienis wat aangebied is toon duidelik dat mens nie “weer gebore, gebore
uit die Gees” word, totdat die opstanding met die terugkeer van Jesus
Christus plaasvind nie. Om wedergebore te wees het niks te make met die doop
of bekering nie. Wanneer iemand wedergebore is sal hy of sy `n geestelike
wese wees – saamgestel uit gees. Die opgestane heiliges sal die heerlikheid
van Jesus Christus beërwe, Wie hulle liggame sal verander om soos Sy
verheerlikte liggaam te wees. “ 20Want ons burgerskap is in
die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
21wat
ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan
sy verheerlikte liggaam volgens
die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp” (Fil. 3:20-21).
Dit, is die ware
betekenis van “wedergeboorte”