|
[ Back ] [ Home ] [ Up ]
Hoe Het Jesus Christus die Wet en
die Profete Vervul?
Vertaal deur Helmut Burger
Voorwoord
Hierdie boekie is oorspronklik in Engels geskryf deur Fred R. Coulter, leraar
van die Christian Biblical Church of God, Hollister, Kalifornië, VSA. Die
Engelse titel is: "How Did Jesus Christ Fulfill the Law and the Prophets?", en
kan op die webwerf, www.cbcg.org, gekry word.
Wat hier onder volg is nie `n letterlike vertaling nie maar eerder `n
verwerking. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat die oorspronklike artikel deur
die outeur geskryf is vir die Engelssprekende leser wat met die King James
Weergawe van die Bybel vertroud is. Om sekere gedeeltes van die artikel meer
toepaslik vir die Afrikaanse leser te maak, en ook omdat die Afrikaanse taal
soms in `n ander idioom uitdrukking vind, is die artikel hier en daar aangepas.
Wat die kernonderwerp van die oorspronklike artikel egter aanbetref, naamlik
die Skriftuurlike waarheid van hoe Jesus die Wet en die Profete vervul het, is
daar egter so na as moontlik aan `n letterlike vertaling gebly.
Laastens – alle Skrifaanhalings is uit die 1953(Hersiene) Uitgawe van die
Bybel In Afrikaans.
Inleiding
Jesus Christus het die Bergpredikasie aan die begin van Sy bediening gelewer.
Nadat Hy twaalf van Sy dissipels gekies het om getuies te wees van al die woorde
wat Hy gespreek het, het Jesus hulle die basiese geestelike beginsels wat in
Mattheus 5-7 en Lukas 6 opgeteken is, geleer. Hierdie leerstellings, nou bekend
as die Bergpredikasie, was die beginwoorde van die Nuwe Verbond. Anders as die
Ou Verbond, wat fisiese seëninge van gesondheid en voorspoed ingehou het, het
die Nuwe Verbond die weg na die geestelike seëning van ewige lewe met
ewigdurende krag en heerlikheid, geopen. Daar is regdeur die Bybel `n kontras
tussen die fisiese en die geestelike. Die woorde van die apostel Paulus toon dat
die fisiese eerste kom, daarna die geestelike (I Kor. 15:45- 47). Adam, die
eerste mens op aarde, het van die aarde gekom en was fisies, (aards). Die tweede
Adam, Jesus Christus, het van die hemel gekom en is geestelik, (hemels). Netso
was die Ou Verbond, wat fisies was, ingestel voor die Nuwe Verbond, wat
geestelik is. Op Pinksterdag, (Bybelse Fees van Weke – sien o.a. Lev. 23:15 e.v.),
het God die Ou Verbond met die kinders van Israel ingestel deur die Tien Gebooie
vanaf die spits van die Sinaï-berg af te kondig. Hierdie gebeurtenis was so
skrikwekkend vir die volk dat hulle by Moses gepleit het dat God nie langer met
hulle sou praat nie: "En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die
geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en
gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons,
dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons."
(Ex. 20:18-19, AOV).
Omdat die kinders van Israel bang was om God te hoor praat, het Moses tussen
God en hulle gestaan om al die woorde van God na die volk te bring. Moses het na
die spits van die Sinaï-berg geklim om met God te ontmoet. Tydens hierdie
ontmoeting het God aan Moses die insettinge, verordeninge en ander wette gegee
wat hy aan die kinders van Israel moes oordra. As die tussenganger wat die wet
aan die volk moes voorhou, is Moses as `n wetgewer geag alhoewel nie een van die
wette of bevele hulle oorsprong by hom gehad het nie (Ex. 20 – 23).
Toe Moses terugkeer van sy ontmoeting met God het hy al die woorde van God
aan die volk voorgelees. Die volk het eendragtig ingestem om alles wat God
beveel het, te gehoorsaam. Hierna is die verbond met `n bloedoffer geratifiseer:
"Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge
vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE
gespreek het, sal ons doen. En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe
en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ‘n altaar gebou, en twaalf
gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel. En hy het jongmanne van die
kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle
vir die HERE geslag. En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in
komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi. En hy het
die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En
hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed
van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie
woorde" (Ex. 24:3-8, AOV).
Die verbond wat God by die Sinaï-berg met die kinders van Israel gesluit het,
het seëninge en vloeke bevat. God het beloof om die kinders van Israel te seën
as hulle Sy bevele en wette sou gehoorsaam; maar, as hulle ongehoorsaam sou wees,
sou hulle vloeke maai as teenprestasie vir hulle sondes en oortredings. Op
hierdie wyse het God die Ou Verbond met die twaalf stamme van Israel gesluit: "Kyk,
ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel
en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en
vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om
dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en
jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan
verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie
verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan
neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die
lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die
lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na
sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van
jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak
en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee" (Deut. 30:15-20, AOV).
Moses se amp as bemiddelaar en wetgewer was `n fisiese tipe van die
toekomstige geestelike Wetgewer, Jesus Christus. Toe die kinders van Israel op
die punt gestaan het om die Beloofde Land binne te trek, het God aan Moses
hierdie profesie aangaande die toekomstige Messias gegee: "Toe het die HERE vir
my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek
uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê,
en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my
woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis" (Deut.
18:17-19, AOV).
Jesus Christus die Geestelike Wetgewer
Hierdie profesie oor die toekomstige Messias openbaar ook dat elke persoon
wat die woorde van Jesus Christus verwerp, deur God self aanspreeklik gehou sal
word op die dag van oordeel. Jesus het tydens Sy bediening bevestig dat Hy die
Profeet van Deuteronomium 18:18 is, en, dat Sy woorde die maatstaf is waarteen
almal geoordeel sal word: "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek
oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die
wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom
oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy
het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek" (Joh. 12:47-49).
Die geestelike amp van Jesus Christus oorskadu uiteraard die fisiese amp van
Moses by verre. Jesus Christus was God, geopenbaar in die vlees. Hy was die Here
God van die Ou Testament Wie die Ou Verbond met die kinders van Israel gesluit
het. Hy het na die aarde gekom om hulle van die vloeke wat die verbond hulle
opgelê het vir hulle sondes te verlos en om die hele mensdom vry te koop van van
die doodstraf vir hulle oortreding van God se heilige en regverdige wette (Rom.
7:14; 3:9-19). Sy dood het die Ou Verbond met die toepassing van die doodvonnis
beeïndig en het die Nuwe Verbond ingestel awt die gawe van ewige lewe bied.
Anders as die Ou Verbond, wat gehoorsaamheid in die letter van die wet vereis
het, is die Nuwe Verbond gegrond op gehoorsaamheid uit die hart – vervulling van
die wette van God nie net in die letter nie maar ook in hulle volledige
geestelike bedoeling. Vir hierdie rede het Jesus Christus as die geestelike
Wetgewer gekom om die bevele en wette van God te versterk en te vergroot, soos
geprofeteer deur Jesaja: "Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid
om die onderwysing groot en heerlik te maak" (Jes. 42:21).
As die geestelike Wetgewer het Jesus Christus die volle betekenis van die
wette van God geopenbaar. Hy het `n opdrag van God die Vader ontvang om die
evangelie te verkondig en die geestelike bedoeling van die bevele van God te
verklaar ten einde die kennis van verlossing aan die wêreld te bring. Nadat
Johannes die Doper in die gevangenis gesit is, het Jesus Sy bediening begin. Hy
het die mense beveel om hulle van hulle sondes te bekeer en die evangelie te glo:
"Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God…en gesê: Die
tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die
evangelie" (Mark. 1:1, 15).
Regdeur Sy bediening het Jesus bekering van sonde geleer, wat in die Nuwe
Testament duidelik as die oortreding van God se wette omskryf word (I Joh. 3:4).
God het die optekening van Jesus se woorde in die Evangelies asook die
kanonisering daarvan saam met die ander boeke van die Nuwe Testament, deur die
apostels, geïnspireer. Deur die eeue, vanaf die tyd van Jesus tot vandag toe,
het God hierdie Geskrifte op goddelike wyse vir die wêreld bewaar.
Die vier Evangelies se weergawe van die lewe en bediening van Jesus Christus
openbaar dat God gehoorsaamheid aan Sy bevele, nie net in die letter van die wet
nie maar in die gees van die wet, vereis. En tog, ten spyte van Jesus se leringe
wat die toepassing van die wette en bevele van God verbreed het, ("magnify" in
Engels), is en word die meeste belydende Christene geleer dat Jesus Christus
gekom het om die wette van God af te skaf. Jesus het hierdie opvatting
uitdruklik verwerp in die Bergpredikasie: "Moenie dink dat Ek gekom het om
die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar
om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde
verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat
alles gebeur het nie" (Matt. 5:17-18).
Hoe Het Jesus Christus die Wet Vervul?
Toe Jesus Christus die wet vervul het, het Hy dit nie afgeskaf nie. Jesus se
eie woorde in die Evangelie van Mattheus maak dit baie duidelik. Op watter wyses
het Hy dan die wet vervul?
Ten einde te kan bemerk hoe Hy die wet vervul het, moet mens die betekenis
van die woord "vervul" verstaan. Die Afrikaanse woord "vervul" is vertaal vanaf
die Griekse werkwoord pleeroo,
wat beteken: " ‘vol maak, heeltemal te vul, verwesenlik, bevredig’ ." In Matt.
5:17 beteken pleeroo,
afhangende van hoe mens sou verkies om die konteks uit te lê, of vol maak,
aanvul, maak dat dit oorvloedig aanwesig is, tot die rand vul = tot volle
geestelike uitdrukking te bring, of, in elke opsig volledig maak, volmaak
maak, tot `n einde bring, tot stand bring, volbring, verwesenlik = te
voltooi. (Grieks – Nederlands Lexicon, Online Bible).
As die geestelike Wetgewer het Jesus die wet vervul deur dit tot sy volle
betekenis te bring waardeur die die volle geestelike betekenis en motief
blootgelê is. Hy het "die wet tot die rand gevul, oorvloedig gemaak" deur
gehoorsaamheid in die gees van die wet te leer. Om die Wet van God te vervul
deur die betekenis en toepassing daarvan voller te maak, groter te maak, te
versterk, is die direk teenoorgestelde van die afskaffing daarvan.
As Jesus Christus gekom het om die wette van God af te skaf sou Hy hulle nie
versterk en verbreed het, wat hulle nog meer bindend maak, nie. As die wette van
God vandag nie meer bindend was nie, kon daar nie sonde wees nie, want, "sonde
is wetteloosheid" (I Joh. 3:4 NLV), of soos dit in die 1611 King James
vertaal is, "sin is the transgression of the law". Dit volg derhalwe logies dat,
as daar nie sondaars is nie, daar geen noodsaak vir `n Verlosser is nie. Maar
die hele Skrif, Ou en Nuwe Testament, getuig dat Jesus Christus gekom het om die
mens van sonde te red. In plaas daarvan om die wet af te skaf of daarmee weg te
doen, het Jesus gekom om die loon van ons sondes, die straf vir ons oortedings
van God se wette, op Hom te neem en aan ons die weg na ewige lewe deur
geestelike gehoorsaamheid, uit die hart uit, te wys. Dit is hoe Hy die wette en
bevele van God groter gemaak het en hulle verheerlik het.
Die Geestelike Betekenis van die Bevele Geopenbaar in die Bergpredikasie
As die geestelike Wetgewer het Jesus Christus Sy dissipels die geestelike
betekenis en toepassing van elkeen van God se wette en bevele geleer. Hy het die
Sesde Gebod tydens Sy Bergpredikasie soos volg vergroot, ("magnify" in Engels):
"Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan
nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek
sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording
moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet
verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet
verantwoording doen in die helse vuur [vuur van Gehenna]" (Matt. 5:21-22 AOV).
Jesus het dit duidelik gemaak dat moord sy ontstaan in die hart het en
gewortel is in haat en woede. Dit is tog duidelik uit hierdie woorde van Jesus
dat die geestelike, versterkte betekenis van die Sesde Gebod veel verder strek
as net die letter van die wet wat slegs fisiese dade van geweld veroordeel.
Onder die Nuwe Verbond is gehoorsaamheid nie langer net tot die letter van die
wet en die daadwerklike pleging van die daad, byvoorbeeld moord, beperk nie.
Volgens hierdie nuwe geestelike standaard vir gehoorsaamheid word selfs die
gedagtes, in hierdie geval, moordgedagtes, as moord gereken! Hy gaan nog verder
en brei hierdie geestelike bedoeling en standaard van die wet uit om selfs op
mens se vyand van toepassing te wees: "Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy
moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle [as
die geestelike Wetgewer]: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir
julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle
beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in
die hemele is; want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat
reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle
liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as
julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars
nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak
is" (Matt. 5:43-48 AOV).
Hy het self die geestelike toepassing hiervan geïlustreer toe Hy, besig om
aan die kruis te sterf, vir Sy vyande gebid het. Lukas het Jesus se gebed vir
ons opgeteken: "En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle
doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp" (Luk.23:24
AOV).
Jesus het tydens Sy Bergpredikasie ook die Sewende Gebod, "Jy mag nie
owerspel pleeg nie", se geestelike betekenis en reikwydte uitgelê. Ook die
toepassing van hierdie wet, soos Jesus dit onder die vergrootglas geplaas het,
strek veel verder as die letter van die wet! Hy het geleer: "Julle het gehoor
dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê
vir julle [as die geestelike Wetgewer] dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om
haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" (Matt.
5:27-28 AOV). Van die tydstip af waarop Jesus Christus die geestelike
betekenis van hierdie gebod geleer het, word elke mens verantwoordelik gehou vir
sy of haar gedagtes van owerspel, of die daad fisies verrig is of nie. `n
Bestudering van die daaropvolgende leringe van Jesus in die Bergpredikasie, soos
opgeteken in Mattheus 5 -7, toon dat Jesus die die volle geestelike betekenis
van al God se wette en bevele openbaar.
Die Toepassing van die Gees van die Wet Maak Nie die Letter van Geen en
Nuller Waarde Nie.
Meer as dertig jaar nadat Jesus die Bergpredikasie gelewer het, het die
apostel Jakobus `n sendbrief geskryf waarin hy uitbrei oor die geestelike
betekenis van die bevele van God. In hierdie sendbrief wys Jakobus duidelik uit
dat Jesus se leringe aangaande die gees van die wet nie die noodsaak om die
letter van die wet te gehoorsaam, uitskakel nie. Jakobus verduidelik dat Jesus
se opdrag om "jou naaste lief te hê soos jouself" van ons vereis om in
gehoorsaamheid aan die bevele van God te lewe. Jakobus verwys spesifiek na die
Sesde en die Sewende Gebooie en maak dit baie duidelik dat die verbreking van
enige van God se bevele sonde is: "As julle ewenwel die koninklike wet
volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen
julle goed. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet
as oortreders bestraf. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig
struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie
egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie,
maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en
so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word" (Jak.
2:8-12 AOV).
Daar is geen twyfel dat die apostels die volle, geestelike betekenis van die
wette en bevele van God, presies soos wat Jesus gedoen het, geleer het nie.
Nêrens in die Bybel en op geen tydstip van hulle lewe het hulle geskryf of
geleer dat Jesus Christus gekom het om die wette van God af te skaf nie. Jakobus
het geskryf: "Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het
aan almal skuldig geword." Daar is absoluut niks in die apostel Jakobus se
stelling wat enigsins laat blyk dat die wette van God afgeskaf is toe Jesus
Christus aan die kruis gesterf het nie. Deur hierdie woorde baie jare na die
dood en opstanding van Christus te skrywe, bevestig Jakobus dat Jesus nie "weggedoen"
het met die wette van God nie. Inteendeel, Jakobus maak dit uitdruklik duidelik
dat dit van Christene vereis word om die bevele van God te gehoorsaam.
Die apostel Johannes, wat die ander apostels almal oorleef het, het insgelyks
oor die onderhouding van God se wette geskryf. Johannes het sy weergawe van die
Evangelie en sy drie sendbriewe gedurende die laaste dekade van die eerste eeu
geskrywe. Hy het in sy eerste brief met groot nadruk geskryf dat gehoorsaamheid
aan die bevele van God die maatstaf is wat die ware volgelinge van Jesus
Christus onderskei van diegene wat bloot Sy naam bely: "En hieraan weet ons
dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie
nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen
wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword [besig
om volmaak gemaak te word – verkeerdelik in die voltooide tyd vertaal].
Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self
ook te wandel soos Hy gewandel het" (I Joh. 2:3-6 AOV).
Johannes maak dit baie duidelik dat diegene wat waarlik in Jesus Christus glo,
soos Jesus sal wandel, dit is, lewe. Hulle sal God se gebooie onderhou soos wat
Jesus gedoen het en ander geleer het om dit te doen (Joh. 15:10; Matt.
19:17-19). Volgens die Nuwe Testament is enigiemand wat voorgee om `n Christen
te wees maar nie die gebooie van God onderhou nie, `n leuenaar. Vir `n dienaar
of leraar van God om te verkondig dat die wette en bevele van God afgeskaf is,
is `n blatante ontkenning van die ware leringe van Christus en Sy apostels soos
bewaar in die Nuwe Testament. Ware Christene moet op hulle hoede wees vir sulke
"werkers van ongeregtigheid", wat teen die wette van God predik en
gebodsonderhouding veroordeel.
Soos wat die apostel Johannes duidelik wys, staan diegene wat God se gebooie
onderhou nie veroordeeld nie maar kan God met vrymoedigheid nader, wetende dat
God hulle gebede sal verhoor: "Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie,
dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van
Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom." (I
Joh. 3:21-22 AOV).
Die Nuwe Testament ondersteun nie die wydverkondigde en –aanvaarde lering dat
gebodsonderhouding in stryd met geloof is nie. Johannes se woorde wys veeleerder
dat gebodsonderhouding `n teken van ware geloof is en die liefde wat God verleen
deur die inwoning van die Heilige Gees: "En dit is sy gebod, dat ons in die
Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê [die volbrenging
van die koninklike wet deur God se gebooie te onderhou] soos Hy ons ‘n gebod
gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan
weet ons dat Hy in ons bly; aan die Gees wat Hy ons gegee het"[Dit is die
inwoning van die Heilige Gees in die ware gelowige wat daardie persoon lei tot
gewillige gehoorsaamheid] (I Joh. 3:23-24 AOV).
Hoofstroom Christendom ignoreer net eenvoudig hierdie God-geademde Nuwe
Testament skrifgedeeltes en leer dat liefde vir God en vir mekaar die nodigheid
om God se wette te onderhou, uitsluit. Johannes lê egter hierdie dwaling bloot
deur daarop te wys dat gehoorsaamheid aan God se bevele die einste maatstaf is
waarvolgens liefde vir God en Sy kinders gemeet word: "Hieraan [hierdie
is die maatstaf] weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons
God liefhet en Sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy
gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie." (I Joh. 5:2-3 AOV).
Die skriftuurlike waarheid is dit: As ons Jesus Christus en God die Vader
liefhet, sal ons gemotiveerd wees om die gebooie van God te onderhou. Ons sal
begeer om Sy bevele in die gees van die wet, as `n uitwaartse manifestasie van
ons liefde vir Hom, te gehoorsaam. Diegene wat voorgee dat hulle God liefhet
maar weier om Sy gebooie te onderhou, verstaan nie die liefde van God nie. Hulle
word deur hulle eie menslike emosies gelei en nie deur die liefde wat God aan Sy
kinders deur die inwoning van die Heilige Gees verleen nie. Gevoelens kan
gebodsonderhouding nie vervang nie. Diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle
God liefhet maar wetteloosheid beoefen, mislei hulself.
Jesus Christus het diegene wat Hom liefhet spesifiek van
instruksies voorsien: "As julle My liefhet, bewaar My gebooie…Wie my gebooie
het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader
liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Judas, nie die Iskáriot
nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die
wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my
woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom
woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat
julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het." (Joh.
14:15, 21-24 AOV).
Jesus het geen ruimte vir twyfel of waninterpretasie gelaat
nie. As jy Hom liefhet sal jy Sy gebooie onderhou [En Sy gebooie is die gebooie
van God die Vader – daar is nie twee afsonderlike stelle wette en bevele nie,
die een stel vanaf God die Vader en die ander stel Jesus s`n nie]. As jy Sy
woorde nie onderhou nie, het jy Hom nie lief nie. Tensy jy Sy gebooie onderhou
is die blote belydenis van geloof en liefde vir Jesus Christus van nul en gener
waarde.
Jesus Christus het die volmaakte voorbeeld van ware goddelike
liefde gestel deurdat Hy al die bevele van God in of na die volle gees van die
wet, onderhou het. Voor Sy dood het Hy `n nuwe opdrag aan Sy dissipels gegee –
dat hulle Sy voorbeeld moes volg deur dieselfde liefde te beoefen as wat Hy
geopenbaar het tydens Sy lewe saam met hulle op aarde: "‘n Nuwe gebod gee Ek
julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook
mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde
onder mekaar het…Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad.
Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde
bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in Sy liefde bly. Dit
het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap
volkome kan word. Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek
julle liefgehad het." (Joh. 13:34-35; 15:9-12 AOV).
Jesus Christus het Sy volgelinge geleer om al die bevele van
God uit te voer in of na die volle gees van die wet, net soos Hyself dit gedoen
het. Jesus het die wette van God versterk en vergroot deur die volle geestelike
betekenis en motief daarvan te openbaar. Jesus Christus, as geestelike Wetgewer,
het die wette en bevele van God baie meer bindend gemaak deur `n hoër,
geestelike maatstaf of standaard van gehoorsaamheid vir Christene onder die Nuwe
Verbond daar te stel.
Jesus Het die Fisiese Rituele van die Wet tot Vervulling
gebring
Die tweede betekenis van die Griekse woord
pleeroo, wat as
"om te vervul" in Mattheus 5:17 vertaal is, is "om te volbring, te verwesenlik",
met ander woorde, "te voltooi". Jesus het ook gekom om die diere-offerandes en
ander tempelrituele en -wette wat vir die Aaronietiese priesterskap voorgeskryf
was, tot voltooiing te bring. Deur Sy dood het Hy die Ou Verbond beeïndig wat
die fisiese vereistes van hierdie rituele- en tempelwette ingestel en afgedwing
het. In die plek daarvan het Hy die Nuwe Verbond ingestel wat die ou, fisiese,
vereistes van die wet met `n hoër geestelike toepassing vervang het.
Die wette met betrekking tot die diere-offerandes is voltooi
of volbring deur die superieure offerande van Jesus Christus self. Die offerande
van Homself as die Lam van God, "wat die sonde van die wêreld wegneem", het al
die diere-offerandes en ander fisiese rituele en seremonies wat by die tempel
van God in Jerusalem uitgevoer is, te bowe gegaan en vervang.
Die apostel Paulus bevestig die voltooiing van die
diere-offerandes en tempelrituele deur die een volmaakte offerande van Jesus
Christus: "Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U
nie hê nie, maar U het vir My `n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U
nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My
geskrywe—om u wil te doen, o God. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en
spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat
volgens die wet geoffer word— het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen,
o God. Hy neem die eerste [verbond] weg om die tweede [verbond]
te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van
Jesus Christus, net een maal. En elke [hoë]priester [van die orde
van Aaron] staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels
dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy
het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan
die regterhand van God." (Heb. 10:5-12 AOV).
Die geestelike hoëpriesterskap van Jesus Christus het begin dadelik nadat Hy
na die hemel opgevaar en aan die regterhand van God die Vader gaan sit het.
Alhoewel Sy dood die noodsaaklikheid van diere-offerandes en tempelrituele wat
onder die Ou Verbond vereis was voltooi het, het die Aaronietiese priesterskap
voortgegaan om hierdie funksies te verrig totdat die tempel in Jerusalem in 70
nC vernietig is. Met die vernietiging van die tempel in 70 nC het die
priesterskap van Aaron en die Leviete tot `n einde gekom. Daar was geen
nodigheid vir `n priesterskap op aarde nie want Jesus Christus dien as
Hoëpriester in die hemel waar Hy vir sonde bemiddel voor God die Vader. Die
geestelike priesterskap van Jesus Christus het die priesterskap van Aaron te
bowe gegaan en in die plek daarvan gekom. Die Nuwe Verbond het `n groter
Hoëpriester – die opgestane Jesus Christus – om vir die mense van God te
bemiddel en vir hulle sondes versoening voor God die Vader te bewerkstellig.
Net so het die geestelike tempel in die hemel in die plek gekom van die
fisiese tempel wat op aarde was. Onder die Nuwe Verbond het gelowiges direkte
toegang, deur gebed, tot die troon van God die Vader. Jesus Christus sit aan die
regterhand van God die Vader vanwaar Hy Sy geestelike werk as Hoëpriester verrig:
"want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit
ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in
hulle verstand sal Ek dit inskrywe [definitief teenoorgesteld van afskaffing],
en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Waar
daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde
nie. Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te
gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy
het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die
huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle
geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete
en die liggaam gewas met rein water." (Heb. 10:16-22 AOV).
Ware aanbidders van God het nie `n priesterskap nodig om in `n aardse tempel
namens hulle by God in te tree nie want hulle het direkte toegang tot die troon
van God die Vader in Sy hemelse tempel waar Jesus Christus intree as Hoëpriester.
Soos die apostel Paulus daarop wys, bou God nou `n geestelike tempel binne-in
vleeslike mense deur die inwoning van Sy Gees: "Weet julle nie dat julle ‘n
tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die
tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig,
en dit is julle." (I Kor. 3:16-17 AOV).
Jesaja het oor die geestelike tempel wat God besig is om te bou, geprofeteer:
"Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek
woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van
gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart
van die verbryseldes." (Jes. 57:15 AOV).
Verdermeer word elkeen wat die Heilige Gees in sy of haar verstand as `n
verwekking vanaf God die Vader ontvang, `n deel van die tempel van God.Hierdie
geestelike tempel is saamgestel uit alle ware gelowiges, beide Jode en Heidene:
"want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is
julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die
heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en
profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou,
goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam
opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees." (Efs. 2:18-22 AOV).
Die nodigheid vir die aardse tempel in Jerusalem is vervul en tot voltooiing
gebring deur die offerande van Jesus Christus wat die Ou Verbond en die noodsaak
van `n fisiese priesterskap beeïndig. Onder die Nuwe Verbond het die geestelike
tempel van God in die hemel en waar Jesus Christus die Hoëpriester is, die
fisiese tempel van God op aarde, vervang. Deur die bemiddeling van Jesus
Christus word elke ware gelowige `n tempel vir God se Heilige Gees en die
gesamentlike liggaam van gelowiges word opgebou as `n heilige tempel in die
Here.
Jesus Het die Besnydenis van die Vlees Vervul
Toe Jesus die Ou Verbond tot `n einde gebring het, is die vereiste vir
besnyding van die vlees vervang deur geestelike besnyding van die hart. Die
apostel Paulus maak dit baie duidelik: "Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die
openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees
is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié
van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie,
maar uit God." (Rom. 2:28-29 AOV).
God vereis nie onder die Nuwe Verbond fisiese besnyding nie. Die geestelike
besnyding van die hart het trouens die besnyding van die vlees vervang.
Geestelike besnyding het bekering van die verstand en die hart tot gevolg, iets
wat die fisiese besnyding van die vlees nooit kon of kan bewerkstellig nie. Om
aan die hart besny te word moet `n mens hom of haar van sy of haar sondes bekeer
en gedoop word deur volle onderdompeling in water. Die handeling van die doop is
`n tipe besnyding aangesien die sondes van die vlees daardeur verwyder word.
Hierna, deur die oplegging van hande, ontvang die gelowige die Heilige Gees wat
die hart en verstand van daardie persoon bekeer. Die apostel Paulus beskryf
hierdie geestelike besnyding wat plaasvind met doop, soos volg: "Want in Hom
woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom
wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n
besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige
vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe
is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die
werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. En julle, wat dood was deur
die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend
gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het," (Kol. 2:9-13 AOV).
Paulus het baie duidelik verstaan dat dit nie vir die Heidense gelowiges nodig
was om aan die vlees besny te word nie aangesien hulle die geestelike besnyding
deur geloof in Jesus Christus ontvang het.
Die geestelike besnyding van
die hart het die fisiese besnyding van die vlees vervang.
Op soortgelyke wyse is al die
diere-offerandes wat vereis was vir sonde, vir eens en vir altyd deur Jesus
Christus se offerande vervang.
Die fisiese priesterskap van
Aaron is vervang deur die geestelike Hoëpriesterskap van
Jesus Christus.
Die hemelse tempel van God
het in die plek gekom van die aardse tempel wat net `n afbeelding was van
die hemelse.
Toe Jesus die fisiese rituele van die Ou Verbond tot `n einde gebring het,
het Hy nie die wet tot `n einde gebring nie, trouens, die fisiese vooraf-tipes
van die Ou Verbond is vervang deur die geestelike vervulling wat kom uit en saam
met die Nuwe Verbond.
Ander Wette Wat na die Nuwe Verbond Oorgedra is.
Onder die Ou Verbond het God aan die priesters en Leviete wat by die altaar
gedien het, gesag verleen om van die kinders van Israel tiendes en offergawes te
ontvang. Onder die Nuwe Verbond is daar geen priesterskap deur mense nie maar
slegs een Hoëpriester, Jesus Christus, Wie "priester vir ewig
volgens die orde van Melgisedek" is. Die apostel Paulus verduidelik dat
Melgisedek, in die tyd van Abraham, Priester van God te Jerusalem was, lank voor
die instel van die Ou Verbond met Israel. Beskrywende hoe Abraham tiendes aan
Melgisedek betaal het, openbaar Paulus dat Melgisedek die Een was Wie later
aarde toe sou kom as Jesus Christus: "Nou het hulle wat uit die seuns van Levi
die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes
te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham
voortgekom het; maar Hy [Jesus Christus, Wie Melgisedek van die Ou Testament
was] wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes
geneem en die besitter van die beloftes geseën. Nou word sonder enige teëspraak
die mindere deur die meerdere geseën. En hier neem wel sterflike mense tiendes,
maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe. En, om so te sê, het ook Levi wat
tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; want hy was nog in die lendene van
sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het. As daar dan volkomenheid deur
die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet
ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die
orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering
van wet; omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam
behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie." (Heb. 7:5-13
AOV).
Soos Paulus uitwys, is die hele Levitiese priesterskap deur die een
onsterflike Hoëpriester, Jesus Christus, vervang, Wie
volgens die orde van Melgisedek is. Daar is nie langer meer `n priesterskap wat
by die altaar in die tempel van God te Jerusalem, hier op die aarde, diens doen
nie. Nogtans is daar steeds `n noodsaak om die ware aanbidding van God te leer
en om die Woord van God te verkondig en te publiseer as `n getuienis vir die
wêreld. Diegene wat hulle bekeer en die Evangelie glo, moet die weg van die
ewige lewe, wat Jesus Christus aan Sy dissipels toevertrou het, geleer word. Dit
is hiervoor dat Jesus hulle as apostels vir die wêreld uitgestuur het, vir
hierdie rede dat Hy Sy Kerk opgerig het. Binne Sy Kerk het Hy die bediening
voorsien wat die Woord van God aan ander kan leer en om die Evangelie aan die
wêreld kan verkondig. Hy het verder `n manier voorsien om die werk van die
verkondiging van die Evangelie en die onderrig van die broeders van Jesus
Christus, te ondersteun. In plaas daarvan dat die priesters en die Leviete by
die tempel die tiendes en offergawes ontvang, is die magtiging om tiendes en
offergawes te ontvang oorgedra na die bediening van Jesus Christus op bevel van
die Here. Die apostel Paulus maak dit baie duidelik: "Weet julle nie dat die wat
met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die
altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die
evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe." (I Kor.
9:13-14 AOV).
Die bevel wat God onder die Ou Verbond aan die kinders van Israel gegee het
met betrekking tot die gee van tiendes en offergawes aan die priesters en
Leviete, is deur Jesus Christus tot voltooiing gebring. In plaas daarvan om die
wette aangaande tiendes en offergawes af te skaf, het Jesus Christus die
magtiging om tiendes en offergawes te ontvang, oorgedra aan die bedienaars van
die Evangelie, wie onder Sy gesag as die Hoëpriester en
Middelaar van die Nuwe Verbond staan.
Hoe Het Jesus Christus die Profete Vervul?
Jesus het ook gesê dat Hy gekom het om die profete te vervul. Hoe het Jesus
die profete vervul? Tydens Sy lewe in die vlees is al die Ou Testament profesieë
wat betrekking het op Sy eerste koms, vervul. Hierdie profesieë het Sy
wonderbaarlike verwekking in en geboorte uit die maagd, Maria, die vlugtog na
Egipte om van Herodus af weg te kom, die terugkeer na Galilea en verblyf te
Nasaret, die aankondiging deur Johannes die Doper van Sy bediening, die
genesings en kragtige werke gedurende Sy bediening, die verkondiging van die
Evangelie regdeur die land, Sy vervolging en daaropvolgende lyding, Sy dood deur
kruisiging, die plek van Sy graf, en die tydstip van Sy opstanding, ingesluit.
Die meeste van die profesieë wat vervul is het betrekking op Sy lyding en dood
op die Pasga-dag. (Sien die boek deur Fred R. Coulter, A Harmony of
the Gospels in Modern English: The Life of Jesus Christ, lees die afdeling
getiteld "Twenty-eight Prophecies Fulfilled on the Crucifixion Day").
Alhoewel byna tweeduisend jaar reeds sedert hierdie profesieë
vervul is, moetal die profesieë wat op Sy tweede koms betrekking het, nog vervul
word. Daar is `n baie groot aantal profesieë in beide die Ou en Nuwe Testament,
wat vervulling afwag. Elke profesie in die Woord van God sal op sy vasgestelde
tyd, soos bepaal deur God die Vader, vervul word (Hnd. 1:7). Jesus Christus het
nie `n enkele profesie of enkele woord uit die Ou Testament afgeskaf of tersyde
gestel nie. Jesus het wat die Skrif betref gesê: "Want voorwaar Ek sê vir julle,
voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie
van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie" (Matt. 5:18 AOV).
Jesus het `n absolute waarborg verskaf dat al die profesieë van die Skrif op
hulle tyd vervul sal word: "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer
sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet
julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge [die dinge wat geprofeteer is om in
die eindtyd te gebeur] sien, dat dit [die wederkoms] naby is, voor die deur.
Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie [eindtyd] geslag sal sekerlik nie verbygaan
voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan,
maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Maar van dié dag en dié uur weet
niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen" (Matt
24:32-36 AOV).
Volgens die woorde van Jesus Christus sal al die profesieë wat in die Skrif
opgeteken is, vervul word op die tydstip waarop God dit verordineer het. Jesus
het nie gekom om die woorde van die profete af te skaf nie maar om hulle vol te
maak. Soos wat Hy in die vlees gekom het om die profesieë aangaande `n Verlosser
te vervul, sal Hy in heerlikheid terugkeer om die profesieë aangaande die
komende Koning Wie die heerskappy van God na die aarde bring, te vervul.
Die Bevele van God Moet Onder die Nuwe Verbond Geleer en Uitgevoer Word
Jesus het in die Bergpredikasie dit baie duidelik gemaak dat die gebooie van
God van krag is onder die Nuwe Verbond: "Elkeen dus wat een van die minste
van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in
die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot
genoem word in die koninkryk van die hemele" (Matt. 5:19 AOV).
Watter gebooie van God word vandag deur hoofstroom Christendom verwerp en as
die minste geag? Die twee gebooie wat as die minste geag word is die Vierde en
die Tweede Gebod. Hoe eienaardig dit ookal mag klink, sal baie van diegene wat
hierdie gebooie verwerp nogtans voorgee dat hulle die ander gebooie onderhou en
ook daarop aanspraak maak dat hulle die wil van God doen. Maar soos wat die
apostel Jakobus daarop wys, is die verbreking van een van hierdie gebooie sonde
en behels dieselfde oordeel as die verbreking van almal.
Laat ons die twee gebooie wat deur hoofstroom Christendom as die minste geag
word, bestudeer, beginnende met die Vierde Gebod: "Gedenk die sabbatdag, dat
jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende
dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou
seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou
vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel
en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het
Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig" (Eks.
20:8-11 AOV).
Mens vind nêrens in die Bybel `n enkele skrifgedeelte wat sê dat die dag van
rus en aanbidding van die sewende dag van die week na Sondag, die eerste dag van
die week, verander is nie. En tog is daar verskeie skrifgedeeltes wat gereeld
deur Sondagonderhouers gebruik word om hulle siening dat Christene op die eerste
dag van die week moet aanbid, te ondersteun. As hierdie skrifgedeeltes egter op
`n eerlike en objektiewe, (dit wil sê, korrekte), manier uitgelê en verstaan
word, is dit baie duidelik dat Jesus Christus nie die Sabbat van die sewende dag
van die week na die eerste dag van die week verander het nie.
Jesus het gesê, "Die Sabbat is gemaak vir die mens…" (Mark. 2:27
AOV). In stryd met die leringe van hoofstroom teoloë, het God nie
Sabbatsonderhouding vir die Jode alleen, beveel nie. Toe God die Sabbatdag in
die begin gemaak het, die sewende dag as die weeklikse dag van aanbidding
geheilig het, was daar nie `n enkele Jood op aarde nie. Op daardie tydstip was
die enigste mense Adam en Eva, uit wie die ganse mensdom afstam. Dit was vir die
hele mensdom dat God die sewende dag geseën en afgesonder het, dit daardeur
geheilig het: "So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die
sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag
geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape
het deur dit te maak." (Gen. 2:1-3 AOV).
Die sewende dag is met die skepping van die wêreld afgesonder, geheilig. God
het hierdie dag van die begin af as `n dag van rus en aanbidding ingestel. Hy
het dit afgesonder, geseën, en daarop gerus en die voorbeeld vir die mensdom
gestel. Regdeur die eeue is die rekord van hierdie handeling van God in Genesis,
een van die boeke van die Wet, vir die mensdom bewaar. Onthou wat Jesus
aangaande die Wet gesê het: "Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel
en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit
verbygaan totdat alles gebeur het nie." (Matt. 5:18 AOV).
Aangesien God tyd geskep het en tyd gemeet word na aanleiding van die
omwenteling van die aarde in verhouding tot die hemele, sal tyd bestaan solank
as wat die hemele en die aarde bestaan. Solank as wat die hemele en die aarde
bestaan, sal die sewende dag Sabbat nie verbygaan nie. Gevolglik is die Vierde
Gebod steeds van krag en bly dit bindend op die ganse mensdom.
In stryd met wat hoofstroom Christendom mag leer of wat mense mag beoefen,
was Sondag nog nooit die "dag van die Here" nie en sal dit nooit wees nie. Die
sewende dag van die week, vandag Saterdag genoem, is die Here se Sabbatdag.
Jesus Christus het nadruklik verklaar dat Hy die Here van die Sabbatdag is: "En
Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat
nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat." (Mark. 2:27-28
AOV). Jesus self het verklaar dat Hy die Here van die Sabbat is – die
sewende dag van die week. Hierdie is die dag, die Sabbatdag, wat Hy afgesonder
en geheilig het – nie Sondag nie. [Hoofstroom Christendom het die
uitdrukking "dag van die Here" uitgedink en gebruik dit om na Sondag te verwys
en op hierdie manier waardigheid of heiligheid aan Sondag te laat toekom. Dit is
niks anders as menslike en daarom sondige selfregverdiging vir die verwerping
van die Sabbatdag nie. Daar is nie een enkele skrifgedeelte in die ganse Bybel
waar die uitdrukking "dag van die Here" gebruik word om na die Sabbatdag te
verwys nie, wat nog te sê na die eerste dag van die week.]
Sommige misvat die verklaring van Jesus dat Hy die Here van die Sabbat is, as
betekenende dat Hy die Sabbat afgeskaf het op grond van Sy gesag. Hierdie uitleg
van Jesus se woorde is heeltemal ongegrond. Onder die geleerdes wat die ware
betekenis van hierdie woorde verstaan, is die skrywers van The Anchor Bible
Dictionary. Let op wat hulle oor hierdie belangrike skrifgedeelte skryf: "
At times Jesus is interpreted to have abrogated or suspended the sab-
bath commandment on the basis of the controversies brought about by sabbath
healings and other acts. Careful analysis of the respective passages does not
seem to give credence to this interpretation. The action of plucking the ears of
grain on the sabbath by the disciples is par- ticularly important in this
matter. Jesus makes a foundational pronouncement at that time in a chiastically
structured statement of antithetic parallelism: ‘The sabbath was made for man
and not man for the sabbath’ (Mark 2:27). The disciples’ act of plucking the
grain infringed against the rabbinic halakhah of minute causistry in
which it was forbidden to reap, thresh, winnow, and grind on the sabbath (Sabb.
7.2). Here again rabbinic sabbath halakhah is rejected, as in other
sabbath conflicts. Jesus reforms the sabbath and restores its rightful place as
designed in creation, where sabbath is made for all mankind and not specifically
for Israel, as claimed by normative Judaism (cf. Jub. 2:19-20, see D.3).
The subsequent logion, ‘The Son of Man is Lord even of the sabbath’ (Mark 2:28;
Matt. 12:8; Luke 6:5), indicates that manmade sabbath halakhah does not
rule the sabbath, but that the Son of Man as Lord determines the true meaning of
the sabbath. The sabbath activities of Jesus are neither hurtful provocations
nor mere protests against rabbinic legal restrictions, but are part of Jesus’
essential proclamation of the inbreaking of the kingdom of God in which man is
taught the original meaning of the sabbath as the recurring weekly proleptic
‘day of the Lord’ in which God manifests his healing and saving rulership over
man" (vol. 5, pp. 854-55).
Soos wat hierdie geleerdes wys, ondersteun die Evangelie nie
die wydverspreide opvatting dat Jesus die Sabbatdag afgeskaf het nie. Hy het
trouens, as die Here van die Sabbat, die ware betekenis van die Sabbatdag geleer
en `n voorbeeld vir die korrekte onderhouding daarvan, gestel.
Sy apostels het voortgegaan om die Sabbat te hou en om die
vroeë gelowiges te leer om dit te hou, soos Paulus in sy brief aan die Hebreërs
duidelik uitwys. Paulus het hierdie brief in ongeveer 61nC, meer as dertig jaar
na die begin van die Nuwe Testament Kerk, geskryf. In hierdie brief maak hy dit
baie duidelik dat die sewende-dag Sabbat nie afgeskaf is nie. Dit is in antwoord
op vals leraars wat in daardie tyd loop en verkondig het dat Sondag, die eerste
dag van die week, die Sabbat vervang het. Ten einde hierdie vals lering teen te
staan het Paulus aan die broeders `n streng waarskuwing gerig dat dit sonde is
om die Sabbat te verwerp en na te laat om te rus en te aanbid, net soos vir die
kinders van Israel in die woestyn: "Want Hy het êrens van die sewende dag so
gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou
hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige
daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur
ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik
vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy
stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou
Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir
die volk van God" (Heb. 4:4-9 AOV). Paulus het nie geskryf, "daar bly
dus `n sabbatsrus oor vir die Jode", nie. Hy sê baie duidelik, "vir die volk van
God." Die volk van God sluit Jode asook nie-Jode, in (I Pet. 2:10 en Ef. 2:11-19
AOV).
Baie wat voorgee om bedienaars van die Woord van God te wees
en baie sogenaamde teoloë, het `n eie betekenis aan Hebreërs 4:9 geheg. Terwyl
daar in die Afrikaanse Ou Vertaling wel staan,"sabbatsrus", het die
vertalers van die Afrikaanse "Nuwe Lewende Vertaling", sommer, in stryd met die
oorspronklike Grieks, geskryf: "`n heel spesiale rus", wat dit ookal mag beteken!
Die vertalers van die Engelse King James het weer, op hulle beurt, die woord "sabbat"
weggelaat en slegs die woord "rus", "rest", gebruik. Hierdie teoloë leer dan ook
dat dit nie meer van Christene vereis word om die Sabbat te hou nie aangesien
Jesus hulle "rus" gegee het deur die "wet vir hulle te vervul" en hulle daardeur
te bevry van gebodsonderhouding.
Hierdie redenasie is heeltemal vals. Jesus het nie die
gebooie van God vervul om ons daarvan vry te stel nie maar om vir ons `n
voorbeeld te stel (I Pet. 2:21-22, I Joh. 3:4).
As ons die Griekse teks verstaan is daar geen twyfel dat die
Nuwe Testament die gesag van die Vierde Gebod, vir Christene vandag, handhaaf
nie. Die Griekse woord wat in Hebreërs 4:9 gebruik word is
sabbatismos,
wat beteken, "Sabbath rest, Sabbath observance" (Arndt and Gingrich, A
Greek-English Lexicon of the New Testament). Hierdie definisie van die
Griekse woord sabbatismos word deur ander geskiedkundige werke bevestig:
"The words ‘sabbath rest’ translate the GK noun sabbatismos, a unique
word in the NT. This term appears also in Plutarch (Superset. 3 [Moralia
166a]) for sabbath observance, and in four post-canonical Christian writings
which are not dependent on Heb. 4:9" (The Anchor Bible Dictionary, vol.
5, p. 856).
Die Griekse woord
sabbatismos is `n naamwoord. Die
werkwoordvorm daarvan is
sabbatizo wat, "om die Sabbat te hou", beteken. (Arndt and Gingrich, A
Greek- English Lexicon of the New Testament). Hierdie betekenis daarvan word
verder deur die gebruik daarvan in die Septuagint, ( `n Griekse vertaling van
die Ou Testament wat uit die derde eeu voor Christus dateer. Dit word die
Septuagint, wat "sewentig" beteken, genoem, want die eerste vyf boeke van Moses
is deur sewentig Griekssprekende Jode van Alexandrië, Egipte, vertaal), bevestig.
Die Septuagint is deur Jode in sinagoges regdeur die Romeinse Ryk gebruik en ook
deur die Griekssprekende Joodse en Nie-Joodse bekeerlinge in die vroeë Nuwe
Testament kerke.
Paulus haal uitgebreid daaruit aan in sy brief aan die Hebreërs. Wanneer
Paulus die woord
sabbatismos in Hebreërs 4:9 gebruik, het hy dus geweet dat die betekenis
van hierdie woord goed bekend was onder die Griekssprekende gelowiges van die
tyd. Die werkwoordvorm
sabbatizo was in die Septuagint gebruik en die gelowiges van die Nuwe
Testamentiese tyd was net so bekend daarmee as wat die Engelssprekende gelowige
vandag met die King James is.
Die Greek English Lexicon of the Septuagint definieer
sabbatizo as
"to keep sabbath, to rest" (Lust, Eynikel, Hauspie). Die gebruik van die
werkwoord sabbatizo in Levitikus 23:32 in die Septuagint, laat geen
ruimte vir twyfel met betrekking tot die betekenis daarvan nie. Hier is die
Engelse vertaling van hierdie vers in die Septuagint: "It [the Day of Atonement]
shall be a holy sabbath [literally, "a Sabbath of Sabbaths"] to you; and ye
shall humble your souls, from the ninth day of the month: from evening to
evening shall ye keep your sabbaths" (The Septuagint With the
Apocrypha, Brenton).
Die frase, "shall ye keep your sabbaths" is vertaal vanaf die Griekse woorde
sabbatieite ta
sabbata wat letterlik "Jy sal die Sabbatte sabbatiseer." Die Griekse
werkwoord
sabbatieite wat "jy sal hou", beteken is in die tweede persoon
meervoudsvorm van die werkwoord
sabbatizo. Aangesien die werkwoord sabbatizo "om die Sabbat te hou",
beteken, vind hierdie werkwoord nie net op die weeklikse Sabbat en jaarlikse
Sabbatte van God toepassing nie maar ook op God se opdrag met betrekking tot die
sewende jaar rus van die grond van landboubedrywighede.
Regdeur die Septuagint word die werkwoord
sabbatizo
slegs in verband met Sabbatsonderhouding en Sabbatsrus gebruik. In
ooreenstemming hiermee het die vertalers van die Ou Afrikaanse Vertaling, (1933
asook die hersiene 1953-vertalings), hierdie frase in Lev. 23:32,
sabbatieite
as "moet julle jul sabbat hou", vertaal. Daar bestaan geen twyfel nie dat
hierdie vorm van die Griekse werkwoord sabbatizo spesifiek na
Sabbatsonderhouding verwys. Hierdie betekenis vind insgelyks toepassing op die
naamwoordvorm
sabbatismos wat ons in Paulus se brief aan die Hebreërs aantref.
Die feit dat Paulus die Septuagint-vertaling van die Ou Testament in hierdie
sendbrief gebruik, bevestig dat die betekenis van die woord
sabbatismos
in Hebreërs 4:9 heeltemal in ooreenstemming met die betekenis van
sabbatieite in Levitikus 23:32 is. Dit is derhalwe duidelik dat Paulus die
onderhouding van die Sabbat, die sewende dag van die week, handhaaf.
Dus, selfs die gebruik van die Griekse woord sabbatismos in Hebreërs
4:9, staan in stryd met die lering dat die Vierde Gebod afgeskaf is. Uit die
konteks van hierdie skrifgedeelte blyk dit dus duidelik dat die onderhouding van
die sewende dag, die Sabbat, as `n dag van rus en aanbidding, vandag netso
bindend vir die volk van God, [ware Christene], is as wat dit vir Israel van
ouds was.
Bykomstig tot die weeklikse Sabbat is die jaarlikse heilige dae wat God
verordineer het (Lev. 23), en ook sabbatte genoem word, ook ingesluit by die
Vierde Gebod. Net soos wat ware gelowiges beveel word om die sewende-dag Sabbat
te onderhou, word hulle ook beveel om die jaarlikse heilige dae van God te
onderhou. Die vroeë Nuwe Testament kerke het die heilige dae van God, soos
bereken ooreenkomstig die Berekende Hebreeuse Kalender, gehou. Die apostel
Paulus het die heilige dae gehou en die bekeerlinge uit die heidene geleer om
hulle te onderhou (I Kor. 5:7-8).
Nie een van die apostels van Jesus Christus of die vroeë bekeerlinge tot
Christendom het die heidense vakansiedae wat nou Kersfees en Paasfees genoem
word, gevier nie. Hierdie vakansiedae, wat hulle oorsprong in sonaanbidding het,
is later in Christendom, deur die invloed van die Roomse kerk, opgeneem. Hulle
het vals plaasvervangers vir die jaarlikse heilige dae wat God beveel het geword,
net soos Sondag `n vals plaasvervanger vir die weeklikse Sabbat geword het. (As
die leser begerig is om meer omtrent die Sabbat en die jaarlikse heilige dae van
God te wete te kom, besoek asseblief die webwerf, www.cbcg.org, en maak veral
seker u lees ook die artikel "Rome’s Challenge to the Protestants").
Soos wat die Roomse kerk daarin geslaag het om die onderhouding van die
Vierde Gebod te ondermyn, het dit daarin geslaag om die nakoming van die Tweede
Gebod, wat die gebruik van beelde en afbeeldings in aanbidding van God verbied,
te ondermyn. Daar is geen dubbelsinnigheid in die bewoording van hierdie gebod
van God nie: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van
wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die
waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie
dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die
vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die
wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en
my gebooie onderhou" (Ex. 20:4-6 AOV).
Omdat hierdie gebod so duidelik in sy veroordeeling van beelde en afbeeldings
is, het die Roomse kerk dit uitgelaat in hulle lys van die Tien Gebooie in hulle
kategismusse. Ten einde voorsiening te maak vir voltalligheid van die "Tien
Gebooie", in ag genome die weggelate gebod, het hulle die Tiende Gebod in twee
gedeel! Alhoewel hulle die Tweede Gebod formeel uit hulle kategismusse weggelaat
het omdat hulle nie hulle onwettige gebruik van beelde en beelde kan regverdig
nie, bly die volle teks van die Tweede Gebod deel van hulle goedgekeurde Bybels
as `n getuie teen hulle afgodediens.
Die Tweede Gebod maak dit absoluut duidelik dat God die gebruik van beelde en
afbeeldings deur Sy volk, van watter aard ookal, verag. Maar nogtans is die
kerke van die meeste van belydende Christendom deurtrek met beelde, beelde en
prente. Geen kerk kan die gebruik van beelde, afbeeldings en prente in hulle
aanbidding van God regverdig terwyl God hierdie praktyk streng verbied nie. God
die Vader en Jesus Christus kan nie deur beelde en afbeeldings aanbid word nie.
Ook sal God nie die gebruik van beelde en afbeeldings om ander persone of wesens
te aanbid of te vereer, duld nie.
Die aanbidding van Maria en die verering van die apostels en ander heiliges
het geen plek in ware Christendom nie. Al sulke aanbidding word streng
verbied deur die Tweede Gebod. Dit is blatante afgodediens om enige persoon of
wese bykomstig tot God of in plaas van God, te vereer. Paulus het die gelowiges
van sy tyd gewaarsku dat diegene wat aan afgodediens deelgeneem het, onder die
oordeel van God sou kom net soos die Israeliete van ouds wat hulle hieraan
skuldig gemaak het: "En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van
hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en
het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle
gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat
ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het
deur die slange omgekom…Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens"
(I Kor. 10:7-9, 14 AOV).
Paulus se waarskuwing aan die Korinthiërs maak dit baie duidelik dat die
Tweede Gebod steeds van krag is. Dit is selfs meer bindend onder die Nuwe
Verbond as wat dit onder die Ou Verbond was aangesien Jesus Christus dit
vergroot en versterk het deur Sy lering en voorbeeld. Die aanbidding van God in
gees en in waarheid vereis om God lief te hê met die hele hart en verstand. Die
ware aanbidding van God die Vader en Jesus Christus laat geen ruimte in die hart
en die verstand om ander te aanbid nie. Soos die Skrif wys, begin afgodediens in
die hart en die verstand. Dit staan in Esegiël geskryf: "Daarop het manne uit
die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. Toe het die woord van
die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in
hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle
aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? Daarom,
spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die
huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy
ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE,
sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; sodat Ek
die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode
hul van My afgewend het. Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die
Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle
aangesig af van al julle gruwels. Want elke man uit die huis van Israel en
uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg
nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy
ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My
vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. Ek sal my
aangesig rig teen dié man en hom tot ‘n teken en ‘n voorwerp van spot maak, en
Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE
is" (Eseg. 14:1-8, AOV).
Net soos Israel van ouds is gelowiges van die Nuwe Testament kerke weggelei
van die ware aanbidding van God en tot afgodediens verlei. Afbeeldings van
heidense gode is die kerke binnegebring en as gelykenisse van Jesus se moeder en
Sy apostels afgesmeer. Meer en meer afbeeldings is bygevoeg, elkeen `n
veronderstelde gelykenis van `n gekose heilige van God. Maar die apostel Paulus
het die ware oorsprong van hierdie afgode openbaar: "Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod
iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit
offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die
duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en
ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die
Here en ook aan die tafel van die duiwels nie" (I Kor. 10:19-21 AOV).
Die apostel Johannes het ook die heidense oorsprong van die afbeeldings wat
in die vroeë kerke ingebring is en baie gelowiges na `n valse aanbidding gelei
het, verstaan. Teen die einde van die eerste eeu het hy drie verskillende briewe
geskryf ten einde die gelowiges tot getrouheid aan die ware aanbidding van God
te vermaan. Aan die einde van die eerste brief het hy beveel, "My kinders,
bewaar julleself van die afgode" (I Joh. 5:21 AOV).
Daar bestaan geen twyfel dat, in beide die Ou en die Nuwe Testament, enige
aanbidding van beelde en afbeeldings veroordeel word nie. Diegene wat die
gebruik van beelde en afbeeldings om God te aanbid, leer en beoefen, is in
direkte stryd met die Tweede Gebod en sal self deur God verwerp word. God die
Vader en Jesus Christus sal nie hulle heerlikheid en eer met `n afgod deel nie.
Enige poging om God deur die gebruik van beelde of enige fisiese voorwerp, van
watter aard ookal, te aanbid, is om tevergeefs te aanbid.
Ware aanbidding vereis om God lief te hê met die hele hart en verstand, in
gees en in waarheid, wat geen plek laat vir verering van of toewyding aan
afbeeldings wat deur die verbeelding en hande van mense geskep is nie.
Die Gees en Bedoeling van die Wet en die Profete
Die doel van die Wet en die Profete en al die geskrifte van die Ou Testament
was om die mense te leer om God, en slegs vir Hom, lief te hê. Jesus Christus
het, toe Hy gevra is watter die grootste gebod is, die gees en bedoeling van die
Wet en die Profete openbaar: "En een van hulle, `n wetgeleerde, het `n vraag
gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet? En
Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met
jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot [grootste]
gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan [soortgelyk is aan]: Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die
profete" (Matt. 22:35-40 AOV).
Onder die Nuwe Verbond word ware aanbidding en liefde vir God moontlik gemaak
deur die inwoning van die Heilige Gees wat die gelowige in staat stel om God te
vereer en Hom vanuit die hart te gehoorsaam. Deur geloof in Jesus Christus en
die inwoning van die Heilige Gees leer die gelowige om elke bevel van God in die
volle gees en bedoeling van die wet te gehoorsaam, soos vergroot deur Jesus
Christus. Hierdie is die wyse waarop elke ware gelowige die wette en bevele van
God sal nakom, dit is, omdat hy of sy God die Vader en Jesus Christus met die
hele hart, verstand, wese en krag liefhet. Hierdie geregtigheid, wat op geloof
en liefde gegrond is, gaan die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs
vêr te bowe. Jesus het gesê, "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid
nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit
in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie" (Matt. 5:20 AOV).
Die geregtigheid wat die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs te
bowe gaan, is die geregtigheid van Jesus Christus, Wie al Sy Vader se bevele in
die volle gees en bedoeling van die wet gehoorsaam het. Deur geloof word Sy
geregtigheid aan die gelowige wat God liefhet en Sy gebooie hou,toegereken.
Hierdie toegerekende geregtigheid is `n gawe wat die gelowige deur die oorvloed
van die Vader se genade ontvang. Dit word "die geregtigheid van geloof" genoem
omdat, slegs deur geloof in Jesus Christus, dit moontlik is om aan
hierdie geregtigheid deel te hê.
Die Geregtigheid van Geloof van die Ware Gelowige
Wanneer `n gelowige deur geloof in die offerande van Jesus geregverdig word
van sondes van die verlede en hy of sy deur volle onderdompeling gedoop word,
ontvang hy of sy die gawe van die Heilige Gees as `n verwekking van God die
Vader. Die Vader reken die geregtigheid van Jesus Christus dan aan daardie
gelowige toe. Hierdie geregtigheid van Jesus Christus wat die gelowige
toegereken word, gaan die geregtigheid wat deur die letter van die wet vereis
word, vêr te bowe. Sy geestelike gehoorsaamheid was so volmaak, suiwer en
heelhartig dat Hy altyd die dinge gedoen het wat Sy Vader behaag het. Hierdie
volmaakte geregtigheid het Hy bereik deur die krag van die Heilige Gees wat
Jesus sonder maat van die Vader ontvang het.
Die Skrif openbaar dat, wanneer die gelowige met die Heilige Gees deur God
die Vader verwek word, hy of sy dan begin om die verstand/denke/sinne, (Engels –
"mind of Christ"), van Jesus Christus te ontvang. Met die verstand van Jesus
Christus word die gelowige versterk om volgens elke woord van God, en in die
volle gees van die wet, te lewe.
Paulus beskryf hierdie geestelike transformasei as "Christus onder [in] julle,
die hoop van die heerlikheid" (Kol. 1:27 AOV). Elke gelowige begin die
wette en bevele van God in sy of haar verstand geskrywe te kry: "maar Hy het,
nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die
regterhand van God en wag nou verder totdat Sy vyande gemaak is ‘n voetbank van
sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En
ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het:
Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder:
Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en
aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie." (Heb.
10:12-17 AOV).
Onder die Nuwe Verbond word die wette en bevele van God in die verstand van
elke gelowige deur die gawe van die Heilige Gees geskrywe wat aan die gelowige
die krag gee om vrugte van geregtigheid tot ewige lewe, te dra.
Om die Bevele van God te Verwerp is Wetteloosheid
Soos reeds gesê, het Jesus in die Bergpredikasie geen twyfel gelaat dat die
bevele van God nie net in die letter van die wet nie maar in die gees van die
wet geleer en beoefen moet word. Toe Hy aan die einde van Sy preek kom het Hy
gewaarsku dat daar valse profete, (leraars), sal wees wat sal verkondig dat
gehoorsaamheid aan die wette en bevele van God nie meer vereis word nie: "Maar
pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne
roofsugtige wolwe is…So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen
wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar
hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag
vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels
uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek
het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid [wetteloosheid]
werk!" (Matt. 7:15, 20-23 AOV).
Derhalwe is hierdie mense, ten spyte daarvan dat hulle Jesus Christus
se naam gebruik, Hom hulle Here noem en selfs kragtige dade in Sy naam doen,
nie van of uit God nie! Hulle kom as dienaars en predikers van die waarheid
voor maar is in werklikheid dienaars van die god van hierdie wêreld, Satan die
duiwel, wie God se bevele van die begin af verwerp het. Elkeen wat
ongehoorsaamheid aan die wette en bevele van God verkondig, volg in die
voetstappe van Satan, die eerste wetsverbreker! Dit is waarom
Jesus aan die Fariseërs gesê het dat hulle die duiwel as vader het.
Terwyl hulle voorgegee het om die wette en bevele van God na te kom en ander te
leer om dit te doen, het hulle in werklikheid hulle eie godsdienstige
wette, reëls en tradisies, (soos onder andere hedendaags vervat in
Code of Jewish Law), in die plek van God se wette en bevele,
beoefen en verkondig.
Gedurende Jesus se bediening op aarde het Hy die godsdienstige leiers van
Judaïsme vir hulle oorleweringe of tradisies, veroordeel aangesien hulle dit van
meer belang geag het as die wette en bevele van God. Hy het dit duidelik gemaak
dat, deur hulle eie tradisies na te volg, hulle die bevele van God verwerp het:
"Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u
dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood
met ongewaste hande? En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle,
geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe
te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat,
hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en
ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. En Hy sê vir hulle:
Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle
oorlewering te onderhou. Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder;
en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: As ‘n
mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban,
dit is ‘n offergawe— dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of
sy moeder te doen nie. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle
oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen
julle baie." (Mark. 7:5-13 AOV).
Die oorgrote meerderheid van die wêreld se belydende Christene het dieselfde
fout as die Fariseërs begaan deur mensgemaakte tradisies as lering te verkondig
en te hou instede van die bevele van God na te kom. Wel, volgens Jesus is hulle
werkers van wetteloosheid, (=ongeregtigheid).
In sy eerste sendbrief gee die apostel Johannes `n baie duidelike omskrywing
van wetteloosheid/ongeregtigheid. "Elkeen wat die sonde doen, doen ook die
wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid." (I Joh. 3:4 AOV ). Die
Engelse King James het dit as, "Whosoever committeth sin transgresseth also the
law, for sin is the transgression of the law".
Om wetteloosheid te beoefen is om in `n staat van sonde te leef, om sonde as
`n lewensgewoonte te pleeg. Met ander woorde, wetteloosheid is die gewoontelike
verbreking van God se wette en bevele. Godsdienstige leiers wat wetteloosheid
verkondig en beoefen, kom voor as regverdiges aangesien hulle die name van God
en Jesus Christus gebruik en gereeld uit die Skrif aanhaal. Hulle is egter nie
ware dienaars van God nie want hulle verwerp Sy wette en bevele.
Die apostel Judas, broer van Jesus Christus, het gesien hoedat, reeds in die
kerke van sy tyd, wetteloosheid posgevat en versprei het. Judas het `n dringende
pleidooi tot die gelowiges gerig om die goddelose leraars van wetteloosheid te
verwerp. Hierdie valse leraars het die genade van God na bandeloosheid verdraai
deur `n vals evangelie van geloof sonder gehoorsaamheid te verkondig en God se
bevele met oorleweringe, wat hulle oorsprong in die antieke heidendom het, te
vervang: "Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons
gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om
julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal
aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank
tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade
van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse
Here Jesus Christus verloën." (Judas 3-4 AOV).
Ook die apostel Petrus het gewaarsku teen vals leraars wat die weg van
gehoorsaamheid aan God se bevele, soos deur Jesus geleer en beoefen, sou verwerp:
"Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle
valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die
Here wat hulle gekoop het, verloën [deur Sy gebooie te verwerp] en ‘n
vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal [as gesaghebbend]
hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil [as gevolg van hulle]
sal die weg van die waarheid gelaster word" (II Pet. 2:1-2 AOV).
Diegene Wat die Gebooie van God Verwerp Oordeel die Wet en die Wetgewer
Diegene wat verkondig dat die gebooie van God afgeskaf is, vel verwaand `n
oordeel oor die wette van God. Die volgende uittreksel verteenwoordig een so `n
lering: "In fact, the whole law of Moses has been rendered inoperative. The New
Testament message is clear for all who have ‘ears to hear.’ The whole of the
law of Moses has been rendered inoperative by the death of the Lord Jesus. The
law, in its entirety, no longer has any immediate and forensic authority or
jurisdiction whatsoever over anyone….Christ is the complete end and
fulfillment of all of the laws’ 613 commandments, ending their jurisdiction over
us completely" (Tardo, Sunday Facts & Sabbath Fiction, p. 26- 27).
Deur die wette van God op hierdie wyse ongeldig te verklaar eien die
godsdienstige leraars van hierdie wêreld hulself die gesag van God as Wetgewer
toe. Die apostel Jakobus veroordeel hierdie goddelose, aanmatigende houding om
die wette wat God vir alle mense ingestel het, te oordeel: "Broeders, moenie van
mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder
oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet
oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. Een is die Wetgewer,
Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander
oordeel?" (Jak. 4:11-12 AOV).
Om die wette en bevele van God te oordeel en Hom as Wetgewer te verwerp, is
die absolute toppunt van wetteloosheid. Hierdie vorm van godsdiens is gewortel
in menslike selfgeregtigheid, nie in die geregtigheid wat Jesus Christus geleer
en beoefen het nie.
Die Bybelboek Job hou `n blywende les in vir almal wat hulle eie geregtigheid
bo die geregtigheid van God stel. Die antieke patriarg, Job, het homself as
regverdig beskou want hy het voortdurend offerandes aan God geoffer. Hy het
homself egter begin verhef deur op sy eie geregtigheid staat te maak, in stede
van om op God te vertrou. Hy het so erg gespog met, en geroem op, sy eie
geregtigheid dat God `n hele reeks ernstige beproewinge oor hom laat kom het.
Nadat hy eers al sy besittings en sy kinders verloor het, is hy met swere aan sy
lyf, van kop tot tone, getref. Toe sy beproewinge te swaar word vir hom het drie
vriende hom besoek maar hulle kon hom nie troos nie. Sy vriende het hom van
kwade dade begin beskuldig en hom aangespoor om hom te bekeer ten einde nie
verdere straf van God te ontvang nie. Hoe meer hulle hom veroordeel het, hoe
meer het Job egter sy eie regverdigheid verdedig. Hy het toe begin om God te
veroordeel en van onregverdigheid en ongeregtigheid in Sy dade, te beskuldig.
Toe hy `n begeerte om sy saak voor God Self te bepleit, het God gereageer deur
Job self te antwoord: "En die HERE het Job uit `n storm geantwoord en gesê:
‘Gord tog jou heupe soos `n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. Wil
jy werklik My reg verbreek, My veroordeel sodat jy gelyk
kan hê?" (Job 40:1-3 AOV).
Soos Job uitgevind het, is God, en God alleen, Verlosser. Hy het kragtig aan
Job verklaar dat sy eie regverdigheid hom nooit kan red nie: "Het jy dan `n
arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy? Versier jou tog met
heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie! Giet jou
toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Kyk na alles
wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ‘n verborge plek
weg. Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gegee
het." (Job 40:4-9 AOV). Nadat hy hierdie woorde van God gehoor het, het
Job homself verag vir sy sonde van selfgeregtigheid en het hy in berou hom voor
God in stof en as verneder (Job 42:6).
Dit is wat hierdie mense wat voorgee dat hulle Christene is maar
wetteloosheid bedrywe, moet doen. Hulle moet hulle selfgeregtige tradisies van
mense, en wat hulle beoefen het, agterlaat en hulle onderwerp aan die
geregtigheid van God die Vader en Jesus Christus.
Die hedendaagse leiers van die Christendom moet let op die woorde van
waarskuwing wat Jesus aan die skrifgeleerdes en Fariseërs van Sy dag gerig het.
Net soos die selfgeregtige leiers van die Jode, het die leiers van die
Christenkerke oorlewerings en leerstellinge wat in konflik met die opdragte
van God is, aangeem.
By nadere ondersoek van die geskiedenis van die Christendom vind mens gou uit
dat die tradisionele leringe en praktyke van die hedendaagse kerke nie die
leringe van Jesus Christus is nie. Ware Christelikheid, soos oorspronklik deur
Jesus Christus en Sy apostels geleer is, is van binne deur vals leraars van
wetteloosheid ondermyn. Die leringe van hierdie "goddelose mense" waaroor Petrus
en Judas geskryf het, is oorgelewer in die geskrifte van die vroeë Kerkvaders en
is deur die Roomse kerk as gesaghebbende oorleweringe aanvaar.
Oor die eeue heen het die Roomse kerk in mag gegroei en haar invloed gebruik
om elke laaste oorblyfsel van die ware leringe van Jesus Christus uit te wis. Na
`n magstryd tussen die biskop van Rome en die biskop van Konstantinopel, het die
dit verdeel in die Rooms Katolieke en die Oos-Ortodokse kerke. Soos die Oos
Ortodokse kerk die Ooste gedomineer het, het die leringe van die Rooms Katolieke
kerk die denke van die ganse Westerse wêreld help vorm. Die gesag van Katolieke
lering is eers vir die eerste keer daadwerklik in die openbaar uitgedaag deur
Martin Luther. Toe Martin Luther die korrupsie en wetteloosheid van die Rooms
Katolieke kerk uitgedaag het, het dit gelyk asof hy na die waarheid van God soek.
Hy het naarstigtelik gewerk om die Skrif in Duits te vertaal sodat die gewone
mense die Woord van God self kon lees en daaruit leer. Maar, helaas, die
godsdiens wat as resultaat van Martin Luther se leringe ontwikkel het, bekend as
Lutherisme, het nie die ware leringe van Jesus Christus herstel nie. Die
hervorming wat Martin Luther begin het is nooit voltooi nie want hy het die
Tweede en die Vierde Gebooie verwerp. As resultaat hiervan het die nuwe
godsdiens wat hy begin het, begin om `n ander vorm van wetteloosheid te bevorder.
Luther het geleer dat, wanneer iemand deur genade gered is, hy of sy daardie
verlossing nie weer kan verloor nie ongeag die intensiteit van sondes wat
gepleeg mag word. Hierdie verdraaide lering blyk duidelik uit `n brief van
Luther: "Be a sinner, and let your sins be strong, but let your faith in Christ
be stronger, and rejoice in Christ who is the victor over sin, death, and the
world. We will commit sins while we are here, for this life is not a place where
righteousness can exist….No sin can separate us from Him, even if we were to
kill or commit adultery a thousand times each day" (Martin Luther,
Saemmtliche Schriften, Letter 99, 1 August 1521, translated by Erika Flores in
The Wittenberg Project, The Wartburg Segment, as published in Grace
and Knowledge, Issue 8, September 2000, Article "Ecclesiasticus: The Wisdom
of Ben-Sirach," p. 27).
Hierdie woorde van Martin Luther lê die diepte van die lering van
wetteloosheid waartoe baie godsdienstige leiers gedaal het, bloot. Hierdie
lering is die toppunt van die verdraaide "genade" wat deur die apostel Judas
veroordeel is, `n lering wat die gebooie van God verwerp en verlof verleen tot
die pleeg van sonde, sonder perke. Luther se lering aangaande moord en owerspel
is lynreg in stryd met Jesus Christus se eie lering daaromtrent, wie die
toepassing en raakveld van die Sesde en Sewende Gebooie in besonderhede vergroot
en versterk het.
Die bevorderaars van wetteloosheid het daarin geslaag om die oorgrote
meerderheid van belydende Christene sover te kry om `n vals genade te aanvaar.
Soos wat die Nuwe Testament wys, lei hierdie verwronge siening van genade nie
tot verlossing nie. Op die Oordeelsdag sal die leraars van wetteloosheid, wat as
godsdienstige leiers geëer is en waarvan sommige moontlik boonop
opspraakwekkende dade in die naam van Jesus Christus gedoen het, verwerp word: "Baie
sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en
in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek
aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die
ongeregtigheid [= wetteloosheid] werk!
Die werkers van wetteloosheid sal in die poel van vuur gewerp word om die
oordeel van ewige dood, vanwaar daar geen opstanding is nie, te ontvang: "Maar
wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars
en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is
in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood" (Op. 21:8
AOV).
Jesus het gedurende Sy bediening verklaar dat diegene wat weier om na Sy
lering te luister, deur die woorde wat Hy gespreek het, veroordeel sal word: "En
Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat
My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n
lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou
bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie;
want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord
wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit
Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee
wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe
is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek" (Joh.
12:44-50 AOV).
Die leringe van Jesus Christus, soos opgeteken tydens die Bergpredikasie, dra
die volle gesag van God die Vader: "En toe Jesus hierdie woorde geëindig het,
was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag
het, en nie soos die skrifgeleerdes nie" (Matt. 7:28-29 AOV). Jesus
het in die Bergpredikasie die volle geestelike bedoeling en toepassing van die
wette en bevele van God geleer, wat die geestelike standaard is vir die Nuwe
Verbond. Hierdie is die maatstaf waarvolgens elke ware gelowige, nou, gedurende
hierdie lewe, geoordeel word, en, waarvolgens die hele mensdom uiteindelik
geoordeel sal word.
[ Back ] [ Home ] [ Up ]
|